ʼn Soektog is tans aan die gang nadat ʼn groep aanvallers Woensdagaand ʼn man en sy vrou op ʼn plaas in die Haenertsburg-omgewing buite Tzaneen so erg aangerand het, dat die man ure later aan sy beserings beswyk het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het op ʼn plaas gebeur en nie op ʼn kleinhoewe soos vroeër berig nie. Volgens Ngoepe het die aanvallers ná 22:00 by die huis op die Cheerio-plaas ingebreek en die egpaar, in hul 60’s, met onbekende voorwerpe aangerand. Die man is ook in sy been geskiet.
Die aanvallers het daarna met vuurwapens op die vlug geslaan.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het by hul aankoms op die toneel die man in die kombuis aangetref terwyl sy vrou in die kamer gelê het. “Die man het ʼn skietwond in sy been gehad asook groot wonde en frakture wat hom in ʼn kritieke toestand gelaat het. Die vrou het geringe beserings opgedoen,” het Meiring gesê.
Hy het gesê die man is op die toneel gestabiliseer voordat die egpaar na die Mediclinic Tzaneen gehaas is. Die man het egter ure ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Ngoepe het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie is steeds op die spoor van die verdagtes. Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan ao. Andrew Ngamuni by 082 414 3031 of 015 276 6140 bel.
Julle bedoel seker “frakture” fakture is n “invoice”..net nog n sinnelose moord op n landsburger..my innige simpatie aan die familie..
Dagsê Richie
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media
Jammer vir die mense!
MM, watter fakture het die man?
Dagsê Robert
Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media
Plaas hulle net die outydse kommando terugbring daar was nie gevalle van op die verdagtes se spoor nie nee die verdagtes is stopgesit voor die aanval of soos hulle nog probeer wegkom maar nee die swape dink mos hulle is slim in ons regering sterkte aan die familie ek bid vir vertroosting vir julle
Wat maak dit tog saak, Richie. ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig.
Op die plaas waar die jaarlikse azalea en kersiebloeiselfees gehou word ?
Dit Is korrek! Sept maand met die mooi azalea bloeisels in blom. Ons doen die langnaweek in September die orgidee uitstalling by die Magoebaskloof Hotel.
Die hoofverdagte se naam is alombekend: Julias. As julle die aanvalle wil stuit, begin by hom.