Polisie-opleiding gestaak weens Covid-19

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die opleiding van duisende jongmense wat uiteindelik by polisiestasies landwyd ontplooi sou word, moes noodgedwonge op ys geplaas word. Dít omdat maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te bekamp dit onmoontlik maak om met dié opleiding voort te gaan.

Kol. Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê die opleiding van rekrute wat in Januarie sou begin, is gestaak hangende ’n formele aankondiging deur die polisie se bestuur.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aanvanklik beoog om 7 000 jeugdiges op te lei wat by al 1 154 polisiestasies oor die hele land ingespan sou word in ’n poging om misdaad hok te slaan.

Die werwingsproses was reeds in ’n gevorderde stadium toe dit noodgedwonge weens die koronavirus gestaak is. Die SAPD het in daardie stadium reeds ’n halfmiljoen aansoeke ontvang.

Mathe sê uitdagings, waaronder die handhaaf van sosiale afstand en ’n beperking op byeenkomste, maak dit egter in dié stadium onmoontlik om met opleiding te begin.

“Die basiese opleiding van nuwe rekrute behels fisieke kontak en met die huidige Covid-19-regulasies sal dit nie moontlik wees om nuwe rekrute aan ’n basiese opleidingsplan te onderwerp, sonder om die risiko te loop dat hulle blootgestel word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johan D ·

Nee, dit is tydens gebeds parade hoe die manne hul kepse of pette afhaal en terugsit!

Aai ·

Opleiding help hulle nie veel.Meeste van hulle weet klaar hoe om misdaad te pleeg.

Anel ·

Dit is nou die tweede jaar. Daar verlaat meer polisielede nou die polisie as wat hulle kan oplei. En so kry die misdadigers die oorhand. Ek sal graag wil weet wat doen die honderde lede wat opleidingsbeamptes is by al die opkeidingssentrums terwyl daar geen opleiding is nie. Kry elke maand ‘n masiewe salaris om niks te doen nie. Doen seker heeldag PJ’ s met die staatsvoertuie. Wonder maar net.

Persheks Adri ·

Stem saam met jou en ongelukkig vir ons is dit die goeie ou polisielede wat bedank nou sit ons met die nuwe garde wat nie eers weet watter ammunisie hulle laai nie…

LANA is ELANè ·

Hierdie is in elk geval net nog ‘n “pie in the sky” droom van ‘n regering om mense in posisies te forseer waarvoor hulle nie opgewasse is nie ter wille van stemme.
Korrupsie floreer in ‘n polisiemag wat nie bekend staan vir goeie polisiëring nie, maar wel hoe om ekstra geld op die kantlyn te in deur die wetsgehoorsame burgerlike samelewing te teister.
Ons het nie meer polisielede nodig nie, ons het goed opgeleide mense wat gekwalifiseerd die samelewing ingestuur kan word, kyk maar na Sol Tech se ambag kwalifikasies met werksgeleenthede wat daar gebied word en vat dit as vb.
Hou asb op om jong mense sommer net mag te gee as kamtige assistente vir onderwysers en die polisiemag, LEI HULLE BEHOORLIK OP, voor julle hulle vrylaat in die samelewimg.

JM ·

Intussen kan hulle opgelei word om beskaafd teenoor die publiek op te tree: morele opvoeding.

SomeOne ·

hulle moet opleiding in elk geval meer as een keer deurgaan, deel hulle maar in groepe, + daaikant, – anderkant

Leon ·

Word hulle dan nog opgelei? Te oordeel aan wat ons deesdae in polisiestasies sien het dit vir my gelyk na sypaadjie aanstellings. Daar was n tyd toe die minimum skoolkwalifikasie matriek was met n jaar opleiding in die polisiekollege. Die gevolg was n beleefde hulpvaardige polisieman.

Jakes ·

Miskien is dit nou die tyd om vas te stel hoeveel van hulle kriminele rekords het?

Nie Verbaas ·

Ek sal graag die evaluasie resultate wil sien van die wat in die samelewing vrygelaat word. Ondergaan die studente integriteits toetse?

Tanniepetoors ·

Twak. Die kolleges is groot genoeg sodat kleiner getalle studente behoorlike afstand te alle tye kan handhaaf. Kleiner getalle sal dalk, miskien dalk, hoër standaard opleiding verskaf vir die kleiner groepe.

Blikkies ·

Ja, en hoeveel van hulle is daar vir die regte redes…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.