Polisie, paramedici ná noodlottige ongeluk aangeval

Foto: Honnetsweng EMS

Foto: Honnetsweng EMS

Polisiebeamptes en paramedici is Sondag op ʼn ongelukstoneel in Limpopo deur ontstoke inwoners aangeval.

“ʼn Staatsambulans was in ʼn ongeluk betrokke op die Matlala-pad buite Polokwane in Limpopo,” het Honnetsweng EMS in ʼn verklaring gesê.

Volgens ooggetuies is ʼn persoon dood toe ʼn ander voertuig hom getref het terwyl hy die ambulansspan wou help wat in die ongeluk beseer is.

Honnetsweng EMS en ander dienste het by die toneel opgedaag, waar ontstoke lede van die gemeenskap besig was om die bestuurder van die motor, wat die omstander getref het, aan te rand. “Die situasie het vererger toe die lede van die gemeenskap ook die polisie en paramedici begin aanrand het wat bystand wou lewer.”

Nog polisiebeamptes is na die toneel ontbied om die situasie te laat bedaar.

Alle beseerde persone is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie stel ondersoek in, het Honnetsweng EMS bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peter ·

Ander kere ry hulle met pasiente wat dringende hulp nodig het

Penellope Jones ·

……en wanneer “hulle” die polisie of ambulans benodig, wat dan???
Hulle maak dinge vir hulself ondraaglik en onaanvaarbaar maar die skuld word altyd op iets of iemand anders geplaas.
Speel slagoffer van omstandighede wat hulle self skep en veroorsaak.

Gerhard Jacobs ·

Ek wou kyk of die voetganer nog lewe. Ek wou net my werk doen

Nita ·

In ons land word die twee gesegdes daagliks waar bewys. 1) Die makste hond byt die seerste. 2)Byt die hand wat jou voer of soos in die geval, die hand wat jou probeer help.

Al Capone ·

Dit is bykans onmoontlik om ‘n “mob” skare te stop wat bloed wil vergiet. Die kanse dat die persone wat tussenbeide probeer tree self aangerand en moontlik ‘n buiteband om die nek sal kry, is gewaarborg. Hulle was baie dapper.

Gerhard Jacobs ·

Ek kan net nie verstaan nie ek wou hulle famielie lid net help. En dan gebeur dit. Is dit nog die moette werd om mense te help. Van 1989 tot nou toe is dit die eerste keer wat so iets met my gebeur

Anne ·

Gerhard, jy is ‘n held en ek hoop jy is daar indien so iets ooit met my of my gesin gebeur. Moet asseblief nie ophou probeer nie. Ek is jammer dat die aaklige ding met jou gebeur het – jy het jou bes probeer en daarvoor is baie van ons dankbaar. Omdat dit nie gewerk het nie, is nie jou skuld nie. Sit die gebeure agter jou en gaan aan met jou dienende lewe – baie sien dit raak.

Oom Kalahari ·

@Gerhard Jacobs, ek stem graag saam met Anne se skrywe en ja Gerhard jy het al sedert 1989 heelwat lewens gered. Onthou dit is Kerstyd en daar is al vele lawaai water in hul bloedstrome om nugter te kan dink en dan tree die kulturele optredes vorendag dat iemand die skuld moet dra en vergelding toegepas word. Daar was altyd respek vir jou mediese personeel, ambulans paramedici, polisie , weermag ens, maar vandag is dit weg en hierdie entiteite neem tot deel aan stakings wat ‘n eed van beskerming en dienslewering afgelê het. Gerhard mag jul net Geseënd wees in jul beroep en diens wat jul so onbaatsigtelik uitvoer om lewens te red, maar so is jul lewens en eiendom ook soms in gevaar. Sterkte en ons eer jul met jul werke en dienslewering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.