Polisie patrolleer Vryheidspark voor ministers se besoek

Nathi Mthethwa

Nathi Mthethwa

Polisiebeamptes het Woensdag by ʼn taxistaanplek in Vryheidspark naby Rustenburg in Noordwes byeengekom om die gebied te patrolleer voordat Nathi Mthethwa, die polisieminister, die gebied later vandag besoek.

Polisiebeamptes patrolleer die gebied in Njala-pantservoertuie en ʼn polisievliegtuig is ook na die gebied gestuur.

Mthethwa begelei ʼn afvaardiging van ministers om te bepaal of die Rustenburg-omgewing, wat die afgelope tyd gebuk gaan onder ʼn vlaag van misdaad en armoede, gereed is vir die verkiesing op 7 Mei. Die misdaad hou vermoedelik verband met die voortslepende Amcu-staking.

Die besoek is deel van die regering se poging om te verseker dat daar stabiliteit in die gebied is voor die verkiesing.

Boipelo Marekoa-Kodongo, speaker van die plaaslike munisipaliteit, se huis in Rustenburg is Sondag afgebrand. ʼn Raadslid se huis en ʼn stadsaal is ook afgebrand.

Fikile Mbalula, minister van sport, moes Sondag skielik ʼn verkiesingsveldtog by Vryheidspark kortknip toe Amcu-lede gewelddadig geraak het. Mbalula is met ʼn koeëlbestande voertuig weggeneem toe lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) voertuie met klippe bestook het.

Intussen het nagenoeg 4 000 betogers ʼn winkelsentrum buite die dorp geplunder. Volgens die Noordwes-polisie is vier mense weens openbare geweld in hegtenis geneem.

President Jacob Zuma het Dinsdag ʼn besoek aan Marikana uitgestel weens bekommernis oor geweld. Zuma sou ondersteuners later by Sonop naby Brits toespreek, maar het ook nie by  dié byeenkoms opgedaag nie. – SAPA

Lees ook:
Zuma vermy Marikana weens geweld
4 000 plunder glo Rustenburg-winkelsentrum
Mbalula inderhaas weggeneem

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Mnr Nathi hoekom is jy bang vir jou eie mense eet hulle mense hulle eet skaapvleis hoender en bees as hulle dit kan steel face hulle want die hele polisie mag en weermag beskerm jou wie beskerm die Boere wat dood gemaak word dan se Jy dis nie so erg nie laat lees jou grootkop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.