Polisie prioritiseer dié provinsies tydens verkiesing

Minister Bheki Cele. (Foto: GCIS)

Die polisie het Maandag gesê dat hy Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes- en Oos-Kaap as brandpunte geïdentifiseer het wat veiligheid tydens die verkiesing op 1 November betref.

Bheki Cele, polisieminister, sê hoewel daar ʼn polisieteenwoordigheid by alle stempunte sal wees, is streke in lae-, medium-, en hoërisikogebiede ingedeel.

Hoe hoër die risiko, hoe groter die polisieteenwoordigheid in ʼn gebied.

Cele wou egter nie sê hoeveel polisiebeamptes ontplooi gaan word nie en sê dat die weerhouding van dié syfers deel van die polisie se veiligheidstrategie vorm.

“Ek kan die versekering gee dat daar voldoende polisiëring sal wees. Ons is gereed om toe te sien dat die verkiesing veilig geskied.”

Lede van die nasionale gesamentlike en operasionele intelligensiestruktuur (NATJoints) sal volgens Cele ook op bystand wees om die polisie en Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) by te staan indien dit nodig sou wees.

Thandi Modise, minister van verdediging, het gesê die weermag sal hoofsaaklik ontplooi word om sleutelpunte in die land te beskerm, maar sal ook gereed wees om bystand aan die polisie te bied.

Cele het ook nie spesifieke dorpe uitgesonder nie, maar het gesê dat daar in Gauteng hoofsaaklik op die Tshwane-omgewing gefokus sal word. Dit sluit gebiede soos Atteridgeville, Mamelodi en Mabopane in.

Enkele brandpunte is ook in ander provinsies geïdentifiseer wat nie in die vier hoërisikoprovinsies geleë is nie.

Volgens Cele is meer as 250 gebiede sover op die hoërisikolys.

“Die lys kan egter enige tyd verander.”

Cele sê voorts hy het nie ʼn probleem met vreedsame betogings op die dag nie, solank dit niemand van die reg ontneem om te stem of tot geweld lei nie.

Identiteitsdokumente

Modise sê al 412 kantore van die departement van binnelandse sake sal op 31 Oktober en 1 November tussen 07:00 en 21:00 oop wees om mense met die uitreik van tydelike identiteitsdokumente by te staan.

“Ons moedig burgers wat reeds om nuwe identiteitskaarte aansoek gedoen het, aan om hulle dokumente so gou as moontlik te gaan afhaal.

“Teen 22 Oktober was daar 370 000 identiteitskaarte wat nog nie afgehaal is nie,” sê Modise.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nico ·

Wens julle wil hom sonder ‘n hoed wys met ‘n masker op. Doen bietjie “photoshop” met hom asb.

Vonkprop ·

Kan ons ook asseblief die lys strande kry waar Cele ontplooi gaan word tydens die verkiesing?

Trotse Boervrou ·

Bestaan die polisie nog? Jammer weereens vir die enkele getroue en lojale lede uit die verlede. Ons waardeer julle.

Harley Davidson ·

Wonder of hy weet wat beteken veiligheids strategie ,hy weet nie eers wat die doel van die polisie is of wat hulle primêre taak is nie.

Di ·

ANC soek stemme! Al waarvoor hulle NOU so gretig is om iets te doen

SomeOne ·

al “hoërisikolys” is dit wat op papier is en in jou kantoor in die snippermandjie gegooi is

Pieter9 ·

Die grootste risiko is die ‘provinsie’ onder die hoed.

Chris dupreez ·

Besef die hanswors nie die hele land is n hoë risiko nie agv die anc.

AW ·

My Broer word weer daar in die uiteinde van SA ge pos, hy sê meeste ry per bus Sondag die 31ste na die plekke waar hulle gepos is

Nie Verbaas ·

Cele, jou enigste strategie is om seker te maak jy sit nie jou hoed onderstebo op jou kop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.