Polisie rand glo gesin, hond aan

Deur:  Nompendulo Ngubane, GroundUp

Polisie in KwaZulu-Natal brand los op betogers. (Argieffoto: Phill Magakoe/AFP)

ʼn Gesin van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal beskuldig lede van die polisie daarvan dat hulle die gesin en dié se hond aangerand het. Die polisie het glo ook onregmatig op die gesin se verwarmer beslag gelê omdat hulle die verwarmer kwansuis tydens onluste sou gebuit het.

Die Magubane-familie beweer die polisie het Maandag by hul huis ingestorm en met rubberkoeëls op twee van die familielede en die hond losgebrand. Die polisie was glo op soek na items wat tydens die onluste in Julie geplunder is. Hulle het toe sommer op die gesin se verwarmer beslag gelê, al hou die gesin voet by stuk dat dit wettig gekoop is.

Gogo Magubane (ʼn vrou in haar 70’s) en haar man (in sy 80’s) het Maandag omtrent 22:30 van ʼn geraas wakker geword. “Ek is na my seun se kamer om ondersoek in te stel en sien toe hoe die polisie my seun aanrand. Hulle het groot gewere by hulle gehad en ek was bang,” het die vrou aan GroundUp gesê.

Die polisie het glo op gewelddadige wyse die deur van die huis afgebreek om toegang daartoe te verkry.

Volgens die gesin is dit die tweede keer dat polisie by hul huis inbars op soek na gesteelde goedere. Die mans was glo in polisieuniform maar sonder naamplaatjies. Maandagaand was daar meer as 30 polisielede op hul erf.

Volgens die gesin het die polisie by hul huis ingebars en twee familielede en die hond geskiet. (Foto: Nompendulo Ngubane)

“Ek het die polisie gevra om net te wag dat ek die hond kan vasmaak, maar hulle het gesê hulle weet daar is gesteelde goed in die hond se hok. Hulle het direk daarheen gegaan en ons hond geskiet,” het ʼn ander familielid gesê.

Twee lede van die gesin – die een 45 en die ander een 39 – is ook met rubberkoeëls in die rug en in die been geskiet. “Ons wil weet hoekom die polisie ons so treiter. Hoekom het hulle my broer geskiet? Ons het niks aan hulle gedoen nie.”

Volgens lede van die gesin is hulle onmiddellik na ʼn polisiestasie om die voorval aan te meld, maar die polisie daar het geweier om hulle te help. Polisielede wat glo deelgeneem het aan die aanval, was ook in die polisiestasie teenwoordig. Die gesin kon wel daarin slaag om die volgende dag ʼn klag te lê. Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, het aan GroundUp bevestig dat ʼn saak van aanranding, kwaadwillige beskadiging van eiendom en dieremishandeling ondersoek word.

Die artikel het oorspronklik op GroundUp verskyn en kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

fransdutoit3 ·

Bheki Cele se gewapende bendes probeer hard om verlore aansien te herwin.. Die hele polisiemag kan net sowel ontbind word..

Friedrich ·

Beslis, en ‘n rubber koël is heelwat groter en wond sou anders gelyk het.

Linx ·

Nee dt lyk soos rubber lyk,d wond lyk nog Al die tyd netsoos daardie een en gun van grooter nie,daardie wond is doodreg vir rubber

Pieter ·

Die land verval meer en meer in chaos. Cry my beloved country.

Skuilnaam ·

Kry vir julle! Dis mos waarvoor julle gestem het. Amandla! Ubuntu! Freedom!

jacques ·

Cat in the Hat sal daar n draai kom gooi as hy terugkom vanaf die strand…

Harley Davidson ·

Met die vlak van onbevoegde polisie wat op ‘n hoogtepunt is kan enigiets moontlik wees maar hierdie klink net nie reg.

Sê maar net ·

Eers doen die polisie te min, te laat. Dan gaan hulle “bonkers” met oorreaksie. Hoe vertrou mens hulle ooit weer? Cry my beloved country :(

Deon ·

Die operasie om n verwarmer te kry kos hoeveel meer as die verwarmer? Julle mag nie n persoon direk met n rubber koeel skiet nie!! Julle weet dat dit die persoon se dood kan beteken as jy verkeerde plek tref!!!

Bushy ·

En dan wonder Cele hoekom die polisie so geteiken en vermoor word. Kwaad stook kwaad en gevolglike vergelding, n nimmereindigende siklus. Respek word verdien maar dit neem net een vrot Appel en almal word onder dieselfde kam geskeur.

Hasie ·

Too little too late ..nou word almal geteiken skuldig of nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.