Polisie rand man wat afsonderingsregulasies oortree glo aan

Nicholias Beretta (26) is glo ernstig aangerand nadat die polisie hom voorgekeer weens ‘n oortreding van die afsonderingsregulasies.

ʼn Ma van Howick in KwaZulu-Natal eis geregtigheid vir haar seun nadat hy glo so erg in die aanhoudingselle van die Howick-polisiestasie aangerand is, dat sy oordrom gebars het.

Nicholias Beretta (26) was op 12 April, in die middel van die afsonderingstydperk, op pad na ʼn spaza-winkel om te gaan kyk of daar sigarette verkoop word, toe beamptes in ʼn ongemerkte polisievoertuig hom voorgekeer het.

Sy ma, Nicolette, ʼn kunstenaar in Howick, het gesê Nicholias het onlangs van Viëtnam teruggekeer waar hy Engels-klasse aangebied het. Hy was in die proses om ʼn onderneming in Suid-Afrika op die been te bring.

Volgens Nicolette het Nicholias die betrokke oggend omstreeks 09:30 by die huis gery. Hy sou maar enkele minute weg wees en na sowat ʼn uur en ʼn half het sy onraad vermoed en na hom begin soek. “Ek het na die spaza-winkel gery, maar niemand daar het hom gesien nie. Ek is ook deur die hele dorp.”

Nicholias Beretta het glo talle beserings tydens die voorval opgedoen.

Sy het besluit om hom as vermis by die polisie aan te meld, toe sy Nicholias se bakkie voor die polisiestasie sien staan het.

Volgens Nicolette het sy verskeie beamptes gevra of haar seun daar is en ʼn beampte het eindelik bevestig dat Nicholias in hegtenis geneem is omdat hy die afsonderingsregulasies oortree het.

“In die tyd wat ek voor in die polisiestasie vir hom gewag het, was die polisielede agter [in ʼn aanhoudingsel] besig om hom aan te rand,” het Nicolette gesê.

Sy vertel dat sy haar goedgemanierde seun huilend in die hoek van die sel aangetref het. Hy is glo onder meer in die bors en op sy private dele geskop. Hy kon kwalik loop en kon bykans niks hoor nie. Sy oë is glo blou geslaan en die kant van sy kop was bebloed.

Nicolette het gesê volgens haar seun het hy aanvanklik gedink rowers slaan toe toe die ongemerkte polisievoertuig hom probeer voorkeer het. Toe hy besef dit is polisielede in die voertuig, het hy aan hulle erken dat hy op pad was om sigarette te gaan koop.

Die verkoop van drank en sigarette is ingevolge die afsonderingsregulasies onwettig.

Nicholias is glo in die polisie se minibussie geboender waar een van die beamptes hom na bewering met die elmboog op die neus geslaan het. Hy is beveel om op die vloer te sit en is glo ook met die dood gedreig. Een van die beamptes het sy bakkie na die polisiestasie geneem, maar was glo deeglik bewus van die beweerde aanranding.

Nicholias Beretta by sommige van sy studente. Hy het vantevore in Viëtnam klasgegee.

Nicolette het gesê haar seun is ure later vrygelaat.

Hy gebruik tans medikasie teen angs, sukkel steeds om te loop en sy een oordrom het gebars. Hy is ook geweldig getraumatiseer. “Hy is geweldig verneder.”

Nicholias is glo ondervra maar is beveel om stil te bly elke keer as hy probeer antwoord het. “Hoe meer hy probeer verduidelik het, hoe meer is hy geslaan,” het sy gesê.

“As ek nie by die polisiestasie aangekom het nie, weet ek nie wat met hom sou gebeur het nie. Die wonde sal genees, maar die vernedering waaraan hy onderwerp is….”

Volgens Nicolette was verskeie polisiebeamptes in die polisiestasie bewus van die gebeure en het hulle niks daaraan gedoen nie.

“My seun is ʼn pragtige siel wie se prioriteite reg is. Hy is uiters eerbiedig en ʼn mens verwag nie dat so iets sal gebeur nie. Ek wil sien dat ʼn behoorlike ondersoek gedoen word. Die polisie mag nie hulle mag so misbruik nie. Ek dink die een vraag wat my seun hulle ook sou wou vra, is ‘hoekom?’”

Nicholias het ʼn klag teen die polisie aanhangig gemaak en het die voorval ook by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld.

Maroela Media het die afgelope ruk berig verskeie klagte is sedert die inwerkingstelling van die staat van algehele afsondering teen die polisie ingedien. Dit sluit agt klagte in wat verband hou met sterftes wat glo weens die polisie se optrede veroorsaak is.

Robbie Raburabu, woordvoerder van Opod, het bevestig dat die saak ondersoek word.

Volgens Raburabu is die ondersoek nog in die beginstadium, veral gegewe die staat van algehele afsondering wat in dié stadium steeds geld.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in die KwaZulu-Natal, het gesê ʼn saak van aanranding word ná die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Genis ·

Hulle is magsbehep en boelies… hoop hulle word gery tot by Danntjie in die kallerhok… Skurke

Nie Verbaas ·

Tipies, ek hoop dat die lafhartige polisie lede oordentlik gestraf word. Die arme ou ANC lamsakke.

RekmyBek ·

Rasiste!!! En hoekom doen hul dit?
Want hul kan en weet daar gaan absoluut niks met hul gebeur nie.

Petrus Johannes ·

SAP het my afgetrek ek ry 1400 bakkie onbeskof het lid my gevra wat soek sy hier.verwys na my vrou en gese sy moet agter op bak sit.Ek het geweier padwet se sy mag nie op oop bak sit.Ek het gevra na regulasie hy ken dit nie Want regulasie 11 c verwys nerens hoe daat gesit moet word nie Net jy mag nie 50 persent oorskry in n bakkie 2 in my kar twee.klaar

Jurg ·

Polisie is magsbehep beslis hoekom staan hul net en toekyk as vragmotors geplunderd word hul is korrup verby

PieterP ·

Raburabu se verskoning hier aan die einde van die berig wys reeds vir my die ding gaan hulle probeer toesmeer. Gee hulle gas, dit was nou mos lekker om die magoa so te slaan, dis mos julle beurt…. Hoop julle kan vir julle gesinne sorg as julle gepos word, of nie. I couldn’t care

AndréS ·

Maar die minister wat ñ baie erger oortreding begaan het kry net R1000 boete?!

Eerlik ·

Hulle gaan die arme seun beskuldig van rassistiese uitlatings, dis hulle enigste “get out of jail free card” wat altyd in hulle guns tel.

Michael 1 ·

Hulle sal nie n voet hê om op te staan nie ,sou hy rasistiese aanmerkings maak is hulle werk om hom te arresteer en aan te kla,sou hy gewelddadig wees moes hulle hom onder beheer bring met die nodige geweld dit kan nie bewys word nie want hy was reeds in die aanhouding selle gewees.

Deon ·

Dis verkeerd wat hulle gedoen het… Punt en klaar…ek dink sy moeder het sy lewe gered, as sy nie daar aan gekom het nie, wanneer sou hulle ophou?

charmaine ·

Net omdat hy WIT is, hier in ons straat in Pretoria Tuine loop hulle in bondels en dan dra party swartmans hulle baba’s op die arm of kkein kindertjies loop saam sonder maskers en die polisie ry verby hulle nou hoekom die kind aanrand. Was dit ooit regte egte poliesie? O ja dalk was dit hulle gedra hulle uiters swak die afgelope 4 weke van lockdown niks om op trots te wees nie skande!!!

Fedup ·

Nope. This is enough. I want to ask maroela media to keep us up to date with this story. This is just wrong on so many levels. Make them pay. Even if they have you work for you for the rest if their lives. Pay. They shall.

Alleen Wolf ·

Lam sakke en lafaards as hulle in groepe is en misbruik die bietjie mag wat hulle nou het. ek hoop die familie ry hulle en hulle baas in die siviele hof in hulle privaat hoedanigheid,

Chris ·

Die saak het drie kante. Die polisie se optrede is om die minste te sê laakbaar en ek sal die polisie diens gas gee. Die ander sy is, weet die man nie dat die inperking van krag is nie. Hy het die wet oortree. Hy behoort ook te weet dat ons in ‘n land bly waar chaos aan die orde van die dag is. Ons wittes is in die minderheid. Die derde sy is wat het werklik gebeur? Niemand sal die waarheid weet nie.

Annette ·

Wat `n skreiende skande!!! Van die polisielede is die grootste misdadigers wat daar is. Ek eis as ek dink wat gaan nog verder gebeur wanneer die bykomende 72000 weermaglede ontplooi word.

Eerlik ·

Die polisie honde ken die verskil tussen misdadigers en onskuldiges en teiken nie weerlose mense nie.

Hans ·

O Jislaaik ek sou so lekker eise teen hulle instel as dit ek was…. Barbarisme in heerskappy

Petrus Johannes ·

Ek het al hoeveel keer SAP gevra vir regulasie wat se hoe mens sit.Die regulasie 11c se jy mag nie 50 persent passasiers oorskry nie twee persone in voertuig .Nerens praat hoe jy moet sit .Toe se hul dit was oor tv .Tv is geen regulasie kyk die nuutste Staats koerant Wys duidelik privaat voeruig twee persone Taxies 70 persent van toegelate toraal

Katrina ·

Soos ek dit verstaan, beteken die 50% kapasiteit van ń sedan voertuig of ń bakkie: 2 persone per 4 sitplek motor/dubbelkajuit, die bestuurder plus een passasier wat dan op die agter-sitplek moet sit, en albei moet maskers dra. Dit beteken ń enkel kajuit bakkie of 2-sitplek motor mag geen passasier vervoer nie.

TO ·

Ek is so dankbaar jyt by polisie aangekom. Die ek vertrou dat die aanranding indersiekbsak word en hulle wat skuldig is mee afgereken word. Sterkte

Niklaas ·

Ongelukkig het ons te make met SAP bullebakke wat hul mag misbruik. So, sorg dat jy nie iets doen wat volgens hulle oortreding is nie. Hul doen dit natuurlik nie met hul eie mense nie.

Voldemort ·

Arme seun? Hy het iets gedoen wat hy geweet het is onwettig.

Johan ·

Nee hy het nie. Hy was op pad winkel toe. Dit is wettig. Hy het gese hy gaan sigarette koop, maar hy het nie op daardie punt nie.

Pim ·

Die kind was verkeerd maar om hom so te slaan is belaglik. Ek hoop sy het ‘n baie goeie Doktor besoek om al sy beserings te dokumenteer sodat sy hulle kan dagvaar vir miljoene. Hulle Ministers doen wat hulle wil en dan word hulle liggies oor die vingers getik!

Johan ·

Hy was nie eers verkeerd nie. Hy was op pad winkel toe. Dit is wettig. Op daardie punt het hy nog niks onwettig gedoen nie.

Martie Smartie ·

Bietjie dom om te sê hy wou gaan sigarette koop. Hulle kan jou niks maak as jy sê jy is op pad om kos te koop nie, brood of whatever. Dink bietjie mense

Emily ·

Ek hoop regtig julle maak n helse bohaai hieroor. Van die in uniform dink hulle kan maak en breek soos hulle wil. Uitvaagsels.

ES ·

Ek hoop hulle word krimineel vervolg – en elkeen van hulle moet sommer siviel vervolg word ook. Dagvaar die klere van hul lywe af. Daar moet ‘n voorbeeld van hul gemaak word.

Nico ·

Die weermag en polisie maak staat op hul uniforms wat nie eers behoorlik op gelei was nie. Baie van die SAPD lede is kriminele so die weermag lede wat MK lede was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.