Polisie reageer op video van vrou by polisiestasie

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Facebook)

Die Gautengse polisie stel ondersoek in na die video wat op sosiale media versprei word waarin twee polisiebeamptes ʼn vrou by die Evaton-polisiestasie hardhandig behandel.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die bestuur van die polisie het met kommer kennis geneem van die video wat vandeesweek op verskeie sosialemediaplatforms versprei is.

Volgens Peters het die voorval Saterdag in die kliëntedienssentrum van die stasie plaasgevind.

“Die polisielede in die video is geïdentifiseer en ʼn ondersoek is van stapel gestuur. Die uitslag van die ondersoek sal verdere optrede bepaal ,” sê Peters.

Maroela Media het vroeër berig daar kan in die video gesien word hoe twee polisiebeamptes ʼn vrou oor die vloer van die polisiestasie sleep. Die een polisiebeampte beveel waarskynlik die vrou om op te staan en wanneer sy haar teensit, klap hy haar twee keer deur die gesig.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het in die lig van die video weereens die polisie se benadering van geen verdraagsaamheid  teenoor geslagsgebaseerde geweld nie beklemtoon.

“Die departementele ondersoek moet dus met die nodige sensitiwiteit en dringendheid hanteer word,” sê Mawela.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Siener ·

Dis normale optrede van die arogante polisie teen die publiek.

Kobus ·

Sal graag feite van albei kante wil kry. De manne is geidentifiseer maar is hullle geskors? Geen sodanige hanteringvdeur Polisie kan geduld word nie en bewys weer vrouens moet deur vroulike beamptes hanteer word. Dit sou nie naastenby so opspraakwekkend gewees het indie die beampte vroulik was nie.

ano ·

Ongelukkig kan mens ook nie vroulike polisielede vertrou nie. Hulle was ook betrokke by 2 ander gevalle wat op sosiale media was

Andre ·

Die normale optrede van die arrogante publiek wat hulle net eenvoudig nie meer aan enige gesag onderwerp nie.
Watter alternatief het die Polisie.
Doen hulle NIKS, kla en kerm almal. Doen hulle iets word hulle geignoreer, teëgisit, geweier om saam te werk, terugbaklei, en mede boewe aangeval.
Mens kan geensins goedpraat wat hier gebeur nie maar ek sien GEEN samewerking en onderwerpingg aan gesag deur die “slagoffer” nie.

Wielspore ·

André, jy benodig ‘n wake up call, die polisieman het die vrou geklap, dit is aanranding. Sy gedrag is onaanvaarbaar, as polisieman sal hy weet hoe om op te tree teenoor ‘n moeilike person.

Nettie ·

@Andre – ek dink ek stem saam met jou hier. Hoewel dit onaanvaarbaar is dat die beampte die vrou geklap het en sy oor die vloer gesleep is, na bewering, is sommige lede van die publiek (veral as daar drank of dwelms by betrokke is) nie altyd die engeltjies in die feëverhaal nie. Polisie-beamptes word op gespoeg, geskop, geslaan, gevloek – wat moet hulle dan die hele tyd doen? Net stilstaan en alles verduur? Natuurlik word beamptes opgelei in die hantering van “moeilike” individue, maar daar is net SOVEEL wat ‘n persoon kan vat, en nie meer nie. Laat die WARE storie uitkom – met uiteensetting van die gebeure van BEIDE kante en laat ons dan ons opinies maar deel.

Cherokee ·

Andre, die kritiek wat Wielspore lewer op jou kommintaar, is te sag. Jou kommintaar behoort nie eens geplaas te wees nie.

pieter ·

Siener.So hy moet ha soebat en smeek die heeltyd.Of ha dalk soen tot sy opstaan.Die polisie moet somtyds minimum geweld toepas om n persoon onder bedwang te bring.En as erger geweld nodig is om dit te doen,dan moet hy dit doen om n arrestasie te bewerkstellig.

Fiela ·

Andre, ja die publiek is arrogant MAAR het ons nie al genoeg gesien hoe die SAPD hul magte totaal oorskry en die publiek viktimiseer nie? Dink aan die geval van die vrou wat met haar kinders ry en met die dood gedreig is toe sy by ‘n vulstasie stop ipv op ‘n donker pad. Ongelukkig het die SAPD as die mees korrupte instelling in SA die disrespek teenoor hulle self veroorsaak.

jakes ·

Die oorgrote meerderheid van polisiemanne/vroue hoort nie in die mag nie. Hoeveel van hulle het misdaadrekords, is onbevoeg om n vuurwapen te hanteer en maak hulself skuldig aan omkopery en korrupsie? Die videos wat nou en dan die lig sien is maar die oortjies van die seekoei. As die kop vrot is sal die res van die lyf ook vrot wees.

Sean ·

Die mag van die SAP is verswak Die publiek is nie bang vir die SAP nie Lonmin het ons mooi gewys dat die SAP magteloos is

James ·

Ek stem saam met daai een, ek self was in die mag en daar is geen respek vir die polisie. Toe ek nog kind was, was jy so half bang vir die SAP. Daar is ongelukkig lede van die diens wat hulle kragte mis breuk, maar daar is ook gevalle waar dit nodig is om bietjie iemand te “timmer” vir al as die ore nie so lekker werk. Elke situasie word anders hanteer almal sien nou waar die polisie man haar slaan maar wat het voor dit gebeur. Ek was al in situasies waar ek self as n man n vrou onder beheer moes bring met die nodige geweld en was ook aan gekla en onskuldig bewys. Mense moenie net julle komentaar lewer as jy nie die julle story ken of as jy self nooit daar was

Sean ·

Sodra die mag van die SAP herstel is sal dinge soos die nooit gebeur nie Mense voel deesdae vere vir die SAP en ek voel die manne in blou is moeg daarvoor om met afgekapte hande te sit

PJC ·

Persone wat dink hierdie optrede is geregverdig moet ń bietjie verder dink as wat hul neuse lank is. Wat daarvan as hierdie vrou onskuldig is of as dit jou vrou of dogter was wat so hanteer word. Ons sien daagliks hoedat onskuldige mense deur die polisie hardhandig hanteer word en dan moet die belastingbetaler agterna opdok vir siviele gedinge.

thelsa ·

Persone wat dink die optrede van die SAPS is geregverdig : laat asb toe dat jou vrou, kind, ma of suter soo deur hulle behandel word. You’ll sing another tune my mate !!

Stiks ·

N simptoom van kaderontplooiing en swak deurdringende opleiding. Ondergaan polisielede psigometriese toetse voor hulle toegelaat word?

Johanna Botha ·

Vanoggend se gesprek op RSG oor die polisie en veral Andre wat ingebel het se vir jou presies hoe vrot die polisie geraak het oor die jare ….dis nou n groot SIRKUS !

sannie ·

Die slagoffer was waarskynlik onder die prop. Het self geval hulle kan lekker suip en slaan dan neer soos die sokker spelers in erge pyn?

johan ·

Ek vertrou die polisie geensins en vermy hulle so ver ek kan,my ondervinding met hulle is dat hulle arrogant is en nie hulle werk doen nie,vergewe my maar ek dink hulle is nog n groter vermorsing van belasting geld as Escom en SAL.

Trudy ·

En moenie die Poskantoor vergeet nie, useless nes die ander twee

Wat jy saai, sal jy maai... ·

Kom ons wees net vir ‘n slag nugter, en dink mooi:
Gaan so ‘n bietjie terug na die geskiedenisboeke van 1960-1980 Angola, gaan kyk na dissipline in SWAPO en hul absolute disrespek vir hul eie bevelvoerders…en dan sê jy vir my die probleem lê nie by die regering en die SAPS nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.