Polisie reageer vinnig oor gesteelde skape

Argieffoto (Foto: skeeze/Pixabay)

Die polisie in die Vrystaat het vinnig reageer toe ʼn boer, Louis Oosthuizen, aangemeld het sy skape word vermis ná die kraal se heining geknip is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Welkom se honde-eenheid is Dinsdagoggend vroeg na Welgegund-plaas in Odendaalsrus ontbied. “Die boer het omstreeks 06:20 ontdek dat 147 van sy skape vermis word. Hy het die spore gevolg en hy het een skaap ʼn paar meter verder gevind. Hy het die polisie ontbied.”

Sers. Rudy Harmaan, koördineerder van landelike veiligheid in Odendaalsrus, het op die klag reageer met lede van Welkom se honde-eenheid. Hulle het die spoor ongeveer 37 km te voet gevolg en die skape in bosse naby Alma-kragstasie gevind.”

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Oosthuizen kon sy skape uitken met sy brandmerk.

Die polisie ondersoek ʼn saak van veediefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Manie van Worcester ·

en nou is almal stil, dink ons kan maar die polisie bedank vir hulle optrede.
dalk spoor dit hulle aan om meer so op te tree

SjN ·

Nie stil nie, hoekom het hul so vinnig reageer, tyd teenoor afstand was n faktor, baie dankbaar vir die boer se amper verlies.

lewies ·

Baie geluk Sers Rudy, welgedaan jou volgende bevordering is naby. Ons het sulke manne met honne baie nodig.

Sarel ·

Hulle het net hulle werk gedoen wat hulle gekies het?
Niemand lewer kommentaar wanneer ek my werk doen…. skape, beeste mielies en sonneblomsaad moet verkoop soms teen ‘n verlies om aan te gaan met die werk wat ek gekies het.
Kom ons doen maar net elkeen ons werk en verdien ‘n inkomste om van te leef.

Hansie ·

Veediefstal kon vroer jare met die dood gestraf (gehang) word. Ek neem aan vir “veiligheid” is die wet nie meer van toepassing nie.

Heksie ·

Darem een polisielid wat sy werk ernstig opneem.
Baie bly vir die boer dat hy sy vee kon terugkry.

Scalla ·

Ons veediefstal eenheid se lede is opgelei, behulpsaam en doelgerig, werk lang ure en hul gebiede is ver en groot. Die probleem egter le by die uitgerekte hofsake wat telekemale uitgestel word, bewyse, getuies wat vereis word voor skuldig bevinding, word vandag gearresteer en is volgende dag uit op borg. Dit bring negatiwiteit mee. Baie dankie aan elke lid vir die positiewe bydrae onder moeilike omstandighede. Dit word opreg waardeer al voel dit soms nie so nie.

Ella ·

Sersant Rudy Harmaan dankie dat jy/julle die boer gehelp het om sy skaap terug te kry, en dit nogal te voet. Dit wil gedoen word danksy iemand wat kan spoorsny, dink ek.
Ek sou jou graag “a box of chocolates and n long stem rose” (met apologie aan Leonard Cohen) wou aanbied maar dan moes jy dit verklaar het met jou volgende verhogingsonderhoud.
Dus, dankie vir jou en jou span.
Boere soos meneer Louis Oosthuizen kry reeds swaar genoeg in die land en sy goed is sy goed

Gemaskerde Sopbeen ·

Met die volgende plaas-aanval moet dit liewer aangemeld word as “vee diefstal”….dan reageer die polisie baie vinniger!!!

Piet parys ·

Ja marous koop vir hulle ñ skaap dan het jy jou deel gedoen . As belasting betaal dan verwag jy die polisie moet daar wees as jy n saak raporteer. Dankie vir die polisie span wat daar was toe die boer geroep het . Die boer se hart juig toe skape gevind . Ken daai gevoel en dit was net een keer. Wag nou nog vir die plaaslike polisie om op te daag na my bees se hakskeen senings afgekap was en dis nou net 2 jr wat ek wag.

Henk ·

Abahuab. Dit word slegs ‘n brandmerk genoem. Elke boer moet sy eie persoonlike een hê. Skape word in hul ore getatoieer, en beeste word letterlik gebrand. (Maar ek het ‘n spesmaas dat jy dit wel weet).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.