Polisie red bejaarde van ontstoke hofbetogers

Betogers drom saam om die man terwyl die vrou, heel regs, toekyk. Foto: ANA

ʼn Bejaarde man wat die opspraakwekkende hofsaak bygewoon het van ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy hond te pleeg, is Dinsdag van ʼn groep ontstoke betogers buite die Bronkhorstspruit-landdroshof gered.

Die polisie moes inderhaas ingryp om dié onbekende man van ʼn groep ontstoke betogers, in ANC- en EFF-kleredrag, te red toe die man saam met ʼn bejaarde vrou uit die hofgebou gestap het.

Die onderonsie het begin toe iemand in EFF-kleredrag ʼn foto van die man met sy selfoon geneem het.

Die bejaarde man het hom glo vererg, sy hande rond geswaai en op die EFF-ondersteuner afgestorm asof hy die man wou konfronteer omdat hy ʼn foto geneem het.

ʼn Groep betogers het vinnig die bejaarde man omring, glo rassistiese beledigings gemaak en probeer om hom aan te rand, voordat die polisie tussenbeide getree en die man en vrou na veiligheid geneem het. Die polisie het die man en vrou na hul voertuig oorkant die straat begelei.

Dit was nie dadelik duidelik of die man en vrou die ouers of familie van die 45-jarige beskuldigde is nie. Die bejaarde man was egter nog by alle vorige verrigtinge in dieselfde hof teenwoordig. Hy sit altyd in die voorste ry van die openbare galery, naby die beskuldigdebank.

Sizwe Skhosana, koördineer van die EFF se Tshwane-streek, het die voorval veroordeel en die bejaarde man daarvoor blameer. “Baie mense [in die skare] het foto’s van hom geneem, maar hy het besluit om ons lid te konfronteer,” het Skhosana gesê.

Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het vroeër berig die beskuldigde het na bewering die 41-jarige huishulp in Oktober verlede jaar in ʼn kamer in sy ouerhuis in Riamarpark in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ingesleep en haar tot vroeg die volgende oggend herhaaldelik verkrag, waarna hy glo die hond betrek het.

Hy staan tereg op tien aanklagte, insluitend van verkragting, seksuele aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging.

Die man, wie se naam nie genoem mag word voordat hy gepleit het nie, is in November in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Tydens ʼn vorige verskyning in Februarie het dr. Masase Beke, ʼn psigiater, gesê sy het tydens voorlopige psigiese assessering, om te bepaal of die man in staat sal wees om verhoor te word, aan die man gevra hoe hy grootgeword het en hy het glo gesê hy het na ʼn “spesiale skool gegaan omdat hy gedruip het in normale skole”.

“Die beskuldigde het vir my gesê hy weet nie wat het daardie dag gebeur nie, maar dat hy saam met ʼn spesifieke vrou geslaap het en dat ʼn hond ook later die dag saam met haar geslaap het. Ek het hom gevra hoe ʼn hond saam met ʼn vrou kan slaap en hy het gesê hy weet nie, ek moet die hond vra,” het Beke destyds gesê.

Volgens Beke is die man nie sielsiek nie, maar het wel ʼn intellektuele gestremdheid. Sy het aanbeveel dat hy na Weskoppies gestuur word vir verdere evaluasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

AD ·

Ek wonder wie befonds die betogers. Hulle is by elke hofsaak en laat mens wonder of hierdie mense dalk aanstellings is van dié partye. Anders neem mens aan hulle het verlof ingesit of lewe van SASSA. As dit SASSA wel is dan betaal ons belasting geld hulle om te doen wat hulle doen.

TAxi ·

Ek en jy betaal hulle , ons is elke dag by die werk en betaal elke maand belasting , wat aan hulle oor betaal word in government grants

Maggie ·

As di rolle in di konfrontasie nou omgeruil was was di wit man laaaankal toe gesluit vi “aanranding mt di doel om ernstig te beseer” maar nou is dit mar praait volgens di EFF en ht fi bejaarde daarvoor gesoek.Kan jul ooit “logies” dink?

Vra net ·

Ag shame dit is so hartseer dat ons (EFF) nooit niks doen nie maar almal blameer hulle. Shame!!!

Hanna ·

Julle is bekommerd oor die man wat sou met hom gebeur. Wat van die arme vrou en sommer n hond ook gebruik. Nee sies sluit hom toe hy is n gevaar vir die samelewing en gooi die sleutel weg. Hy weet baie goed wat het hy gedoen!!!!

Wilma ·

Oe die beskuldigde indien skuldig moet boet vi sy afskuwelike dade en dat hy boonop n onskuldige dier betrek het. Sal graag in sy gesig wil se wat ek van hom dink

lizl ·

Ek wil weet… hoekom kan die man se gesig of identiteit ( verkragter) bekend gemaak word nie. `n Matriek leerling het `n familielid vermoor en sy is gesig is vandag op voorblaaie asook meer inligting oor hom. Wat maak die 41jarige so spesiaal ?

Irene ·

Wreedaardig niks word daaraan gedoen nie hulle weet dit dit is hoekom hul so aan gaan

Pieter ·

Ledigheid is die duiwel se oorkussing ,pleks doen die klomp iets konstruktief soos werk.

Oom Kalahari ·

So is hul by elke hofsaak waar ‘n sekere groep betrokke is en dan word daar chaos veroorsaak. Hierdie is mense wat natuurlik werkloos is en word betaal en sekere dinge voorgeskiet om amok te maak en media aandag te trek. Hul is gewoonlik van twee sekere partye. So gaan die uitlokking, vernedering ens net voort. Jy mag jouself nie verdedig dan is jy toegesluit, verloor jouwerk en betaal duisende rande vir regskostes met sake wat sloer. “Nagmerrie land”

bgj van der westhuizen ·

uo wit man wat na jong swarte loop en dan wil die jong swares mans en vrou ou mense aan val sies vir julle geen respek vir ou mense nie eff en anc betaal die mense om daar te gaan om rassime aan die lewe te hou wand dan kan hulle aan bewind bly wand as daar nie meer rassime is meer nie wie gaan die skuld kry vir hulle swak bestuur van die land

dds ·

Gaan soek Charlize Theron funding ANC, Charlize with picture of malema on T-Shirt, dan sal julle sien ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.