Polisie red man tydens kaping

Konst. Shuping (regs) saam met een van die verdagtes. Foto: SAPD

Parate polisiebeamptes in Deben naby Kuruman in die Noord-Kaap het Donderdag ʼn kapingslagoffer gered en terselfdertyd drie vermeende kapers in hegtenis geneem.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeamptes het in die vroeë oggendure ʼn verdagte motor in Voortrekkerstraat opgemerk. Hulle het die Toyota RunX-motor voorgekeer en die voertuig deursoek.

Dit is toe dat die polisiebeamptes besef dat die 25-jarige bestuurder van die voertuig besig is om gekaap te word. “Die polisie het besef die drie mans wat saam met die bestuurder in die motor is, is verdagtes,” het Kock gesê. Hy het gesê twee vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind.

“Die drie verdagtes is in hegtenis geneem op aanklagte van kaping, ontvoering en die onwettige besit van vuurwapens,” het Kock gesê. Hulle sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Johan Bean, bevelvoerder van die John Taolo Gaetsewe-polisiegroepering, het die beamptes geloof vir hul vinnige optrede wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leahim ·

Water vinnige optrede die polisie het per toeval die kar opgemerk en toe tydens die deursoeking per toeval agtergekom die voertuig is gekaap, ek dink met al die toeval het hulle toevallig hulle werk gedoen vir n slag

Drikus ·

Knapgedaan manne. Julle skerp optrede het ‘n lewe gered. Ons is opreg trots op julle. Julle kon net sowel verby gery het. Pleks daarvan was julle paraat!!

Piet Snot ·

Ja nee a; kritiseer waar dit nodig is, maar gee erkenning waar dit pas.
Welgedaan, manne!

Wilma ·

Bravo julle manne. Dis julle wie vi die polisie aanwins is. Baie baie dankie

Gerrit ·

Ek gaan saam met Leahim op hierdie een die polisie het nie meer die respek en vertroue van die gemeenskap nie ,kinders sien hulle nou as vyand en nie meer beskermer soos in my tyd nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.