Polisie red raadslede van betogers

Argieffoto: SAPD

Die Muizenberg-polisie in Kaapstad het Sondag twee raadslede gered wat deur gewelddadige betogers naby Vrygrond aangehou is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die betogings spruit uit ʼn voorval waar onwettige strukture in die omgewing omstreeks 11:00 deur owerhede gesloop is. Twee mense is tydens die slopings vir openbare geweld in hegtenis geneem.

“Teen middagete het die raadslid van wyk 67 by die toneel opgedaag om gerugte van ʼn moontlike brand te ondersoek. ʼn Kollega het by die raadslid aangesluit. Lede van die gemeenskap het die raadslede gekonfronteer,” het die polisie gesê.

“Die raadslede is geïntimideer en kon nie terugkeer na hul voertuig nie en die voertuig, ʼn Toyota-sportnutsvoertuig, is aan die brand gesteek. Die raadslede het ʼn kaptein by die Muizenberg-polisie gebel en hulp ontbied.”

Die kaptein het polisiebeamptes ontplooi en die beamptes het van die agterkant van Vrygrond die gebied te voet betree. Die beamptes kon daarin slaag om die raadslede te red en ongedeerd uit die gebied te vergesel. Die raadslede is egter getraumatiseerd en die voertuig is vernietig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging. Nog klagtes kan aanhangig gemaak word. Niemand is al in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pieter ·

Hulle moet hulle naam verander van saps na saods suid afrikaanse ondersoek departement sonder resultate want hulle ondersoek altyd iets.

Mrs H ·

Sjoe ou Cyril… Dis darrem maar n spul gemors mense wat julle daar by ANC regeer, of sal ek se probeer regeer? Kan ANC enigge iets of iemand doeltreffend of effektief met trots en sukses regeer? Want as hierdie julle regerende vrugte ban 25 jaar is, wie het n regering nodig?

Belofte ·

Daars hy now they turn on their own people. Ek het dit nog altyd verwag, dit is maklik om die wittes skuld te gee vir alles en dis lekker as wittes se plase en huise en trokke uitgebrand word maar as die mense wat die beloftes gemaak het en nie nagekom het nie begin afchop, dan raak dit nou ‘n probleem ne? KOM JULLE BELOFTES AAN KIESERS NA, hou op om geld op ander goed te spandeer en in luuksheid te leef en te reis en gebruik die geld om dienste en huise aan julle KIESERS te verskaf, dan sal die haat en aanvalle op WITTES ook afneem.

jaco ·

Waarom ry ‘n raadslid met ‘n Toyota sportnutsvoertuig? Raadsake het tog niks met sport te doen nie. ‘n goedkoper gewone Toyota corolla 1600 sal mos net so goed sy doel dien.
Dit bewys maar net een ding: raadslede is raadslede vir die baie geld (begin op R400 000 per jaar), luukse motor, petroltoelae, onthaaltoelae ens ens. Hulle gee nie regtig om vir hulle kiesers nie. En dis hulle almal: ANC, EFF, DA, VF-Plus en selfs die “wedergebore Christene” in die ACDP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.