Polisie red vrou van kapers

(Foto: SA Polisie)

Polisielede het ʼn vrou van twee vermeende kapers gered nadat hulle gesien het hoe die mans ʼn vrou in ʼn motor op die R23 gestoot het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê lede van die Benoni-blitspatrollie het onraad vermoed toe hulle die voertuig Woensdag kort ná 20:00 opgemerk het.

“Die verdagtes het op die polisie losgebrand en hulle het teruggevuur,” het Masondo gesê.

Die twee het in ʼn veld in gevlug.

Een van die mans is gewond en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

Volgens Masondo is die ander vermeende kaper nog op vrye voet.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes die vrou gekaap het.”

Die Gautengse polisiebestuur het die beamptes vir hul spoedige optrede geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Prikkie ·

Give those people a Bells! Knap gedaan SAPD. Nie almal is korrup en nikswerd nie. Daar is nog BAIE goeie en toegewyde SAPD lede.

JohanR ·

Dis nou ‘n ding! Twee kaap ‘n vrou en toe die petrol, of die kar ontklaar raak, se hulle vir haar om agter die stuurwiel in te skuif en hulle sal stoot. En daar is een dood, en die ander een se voete klap al seker daar naby Beitbrug. Hierdie lyk my is nie ‘n goeie week vir skelms nie!

Adeline ·

Dankie Hemelse Vader Skepper van die Heelal vir antwoord op gebed.

Androclus ·

Knaap gedaan,gebruik daardie wapens van julle,want anders gaan dit roes daar aan julle heupe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.