Polisie rig waarskuwing aan studente, ouers

student-biblioteek-studeer-unsplash-pixabay

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Dinsdag gesê hy beoog om weer vanjaar op hoë gereedheidsgrondslag te wees om misdaad by skole en universiteite tydens registrasieprosesse vir die nuwe studiejaar hok te slaan.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê bedrog vier dié tyd van die jaar hoogty – veral by tersiêre instellings. Makhubele sê kriminele elemente teiken veral tersiêre instellings omdat dit ʼn vinnige manier is om groot bedrae geld te steel.

“Die polisie wil studente en hul ouers waarsku om hulself van dié moontlike gevare te vergewis en nié groot bedrae kontant by hulle te dra nie. Aanlynregistrasieprosesse moet oorweeg word, veral omdat dit ʼn veiliger opsie is as om kontant rond te dra,” sê sy.

Dié waarskuwing kom kort nadat die polisie Dinsdag gesê het dat Nuwejaarsvierings vanjaar sonder ernstige misdaadvoorvalle verloop het. Makhubele het gesê dis waarskynlik omdat die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe vanjaar strategies ontplooi is.

Hoewel enkele gevalle aangemeld is, onder meer dié van ʼn man wat in selfverdediging deur die polisie doodgeskiet is nadat hy ʼn ander man met ʼn mes aangeval het, was daar vanjaar aansienlik minder misdaad op Ou- en Nuwejaarsdag as in die verlede.

Meer as 900 verdagtes is sedert die begin van die feesseisoen in Gauteng vasgetrek in die polisie se veilige-feesseisoen-veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jaco ·

ek verstaan iets nie lekker nie: die ANC sê daar is gratis onderwys en almal moet net opdaag, maar die SAPD, wat deur die ANC regering beheer word, waarsku studente en ouers. Praat die ANC dan nou uit 2 monde?

PJC ·

Ek sal graag wil sien hoe die polisie hierdie misdadigers gaan stop as hulle nie bereid is om sommer baie geweld te gebruik nie want duidelik wil hierdie sogenaamde studente chaos saai.

Gerda van Wyk ·

Die A NB C het nie gesê onderrig gaan gratis wees nie, Zuma het so gesê. Hy is nie meer die ANC nie. En dis Malena wat gesê het hulle moet net opdaag.

Jacques venter ·

Solly Moeng is op twitter besig om stemme te werf in n petisie dat Cyril vir Thuli Madondela sal aanstel as hoof van die vervolgings gesag.

n Saak wat mi ondersteuning werd is

Hans ·

Dankie vir daai inligting. Sal gaan kyk na dit. Stem saam jou.

REGTIG ·

AG REGTIG wat doen die polisie? Die studente wat die universiteite afgebreek het en brandgesteek het is aanvanklik in hegtenis geneem en met MALEMA se hulp weer vrygelaat. MENSE wat reeds gratis studeer, belhamels wat ander opsteek om dosente aan te rand en universiteite te vernietig . die POLISIEMANNE gaan weer vervolg word en die ‘arme onskuldige studente’ wat ‘net wil gratis studeer’ gaan niks oorkom nie. Hulle gaan almal toegelaat word om te studeer wat hulle wil . hulle gaan die universiteite in chaos dompel en nie die REGERING of die POLISIE gaan aan hulle raak nie . Die ‘betalende studente’ gaan maar aanlyn moet studeer terwyl die massas wat GRATIS studeer almal medies en regte gaan studeer .. en elke dag alles VERNIET gaan ontvang … dis die toekoms van SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.