Polisie sak toe op dwelmhuise, kroeë in Kaapstad

Foto: ANA

Foto: ANA

Die Kaapstadse metropolisie en SAPD het Vrydag toegeslaan op talle dwelmhuise en onwettige kroeë in Manenberg.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê verskeie mense is gedurende die klopjagte in hegtenis geneem. “Lede van die metropolisie, die SAPD en ander wetstoepassingsagentskappe het die strate van Manenberg vanaf 09:00 die oggend beset gedurende ’n tien uur lange operasie,” het sy gesê.

“Altesaam 29 dwelmhuise is deursoek en daar is op 180 Mandrax-tablette, 17 pakke dagga en 15 eenhede tik beslag gelê. Vier mans is in hegtenis geneem.”

Foto: ANA

Foto: ANA

Die polisie het ook klopjagte op verskeie kroeë in die gebied uitgevoer en boetes vir die oortreding van drankwetgewing is uitgereik.

“Uitgebreide bende-graffiti is verwyder, tien skole is besoek en ʼn 14-jarige meisie is in hegtenis geneem nadat dagga in haar besit gevind is. Nog tien mense is in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, waaronder onwettige vuurwapens, dwelmbesit en verkeersoortredings,” het Rwexana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann Marx ·

Oy vey, eish…..daar gaat sommige polieste se protection money….en xmas bonuses!!

Maggie ·

dit klink goed, maar vir hoe lank gaan dit gebeur, ? poef en alles is klaar!!

Winston ·

Hierdie tipe optredes deur SAPD elke dag van die jaar, sal soortgelyke berigte tot gevolg hê. Geen vrees in hierdie land vir die reg nie. Wette is net in die boek en sal n hele klomp wette abrogeer met uitsondering van n paar wette.

Armando ·

“Oy vey?” “Eish?” ” Uitgebreide graffiti?” “Abrogeer?” Het julle Boere nie meer ‘n taal nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.