Polisie sak toe op Kaapstad ‘kuierstraat’

Van die items waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Van die items waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Die polisie in Kaapstad het Donderdagnag 184 boetes ter waarde van R97 500 aan mense in ʼn gewilde kuiergebied in die stad opgelê.

Die polisie het Vrydag in ʼn verklaring gesê die boetes het deel gevorm van Operasie Paseka en was gefokus op Langstraat, ʼn gewilde kuiergebied. Beamptes van verskeie wetstoepassingsagentskappe het die polisie bygestaan om die strate in die gebied te patrolleer en só misdaad te bekamp.

Volgens die verklaring is twee verdagtes in hegtenis geneem vir roof, ses vir die besit van dwelms, een vir dwelmhandel, een vir die besit van vervalste geld en sewe vir dronkbestuur. Daar is ook op verskeie items beslag gelê insluitend dwelms, kontant, vervalste klere en gesteelde kredietkaarte.

Twee verdagtes wat gesoek is vir diefstal en aanranding is ook in hegtenis geneem.

Volgens die verklaring sal die polisie vir die res van die naweek voortgaan om hoë sigbaarheid in die stad te handhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

sus ·

Ongelukkig geen melding van enige onwettige immigrante wat gevang is nie? Almal weet Longstr krioel van hulle:-)

Christo ·

Onthou Zuma beskou die Afrikaners as onwettige immigrante!

Andre ·

En Ramaphosa het gister gesê ons wittes se tyd is verby,en vir die wat nie daarvan hou nie “tough luck”

EMK ·

MAROUS: 100% as hul aanhoudend sigbare polisiëring doen, kort-kort op ‘n sigbare manier mense deursoek en/of arresteer sal die area gou ongewild raak by die amebe. Dis die enigste manier. Om net nou en dan ‘n klopjag uit te voer is nie genoeg nie

Joann ·

Ramaphosa gaan n surprise kry en dit gaan nie n vroee kersgeskenk wees nie. Watch net

jaco ·

Daardie pakkie vervalste geld lyk baie geniune vir my. Waar kan Ek dit vir myself maak?

Mariné Lourens ·

Dagsê Joann

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dit neem dan soms ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk net bloot nog nie goedgekeur nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Schalk ·

Joann. Die probleem met jou kommentaar is waarskynlik die feit dat dit te korrek was. Hierdie persoon wat die delete knoppie werk herrinner aan die ou Nasionaliste en NGK (Nasionaal gereformeerde kerk) toe hulle besluit het wat jy mag luister, kyk, se en doen. Hulle skep die platform, maar behoed jou as jy nie in lyn met hulle voorwaardes is nie. Klomp boelies!! En dan het hulle hierdie standaard verskonings wat hulle aanbied.

brian kelvin briesies ·

Ek so bly daar word opgetree teen hulle ek verlang dat dit by ons ini Nood Kaap oek kan gebeur Dingleton en Kathu danki SA Polisie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.