Polisie sal Malema beskerm, sê Sitole

Julius Malema (Foto: ANA)

Genl. Khehla John Sitole, Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris, het Donderdag tydens ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie onderneem om Julius Malema, omstrede leier van die EFF, te beskerm nadat Malema doodsdreigemente ontvang het.

Phillip Mhlongo, EFF-LP, het tydens die vergadering gesê dat hy van dié geleentheid gebruik wil maak om die dreigemente onder Sitole se aandag te bring. Mhlongo het gesê hy wil diegene agter dié dreigemente herinner aan die destydse sluipmoord op Chris Hani in 1993 wat byna tot ʼn “burgeroorlog gelei het”.

“Ek opper hierdie onderwerp want die mense wat hierdie [doodsdreigemente aan Malema rig] het dalk nie hul huiswerk behoorlik gedoen nie – hulle dink dalk dit sal alle probleme oplos om Malema bloot te vermoor,” het hy gesê.

Hy het gesê indien Malema wel vermoor sou word, sal diegene wat “enigiets besit, dit verloor” aangesien swart mense volgens hom moeg daarvoor is om valse vryheid gegee te word.

Sitole het hierna verseker dat die polisie reeds ondersoek na die dreigemente ingestel het en onderneem om Malema te beskerm. “Die polisie sal hom beskerm en sy vrese besweer. Ons kan bevestig dat ʼn ondersoek na die dreigemente van stapel gestuur is. Ek sou nie graag verder hieroor wou uitwei nie want ek wil nie die weerloosheid [van die ondersoek en van Malema] hier blootstel nie.”

Dit volg nadat Tebogo Mokwele, woordvoerder van die EFF, Woensdag gesê het die EFF is in kennis gestel van “gemene en bose” planne om Malema te vermoor. Hy het gesê die party neem die dreigemente nie ligtelik op nie.

“Dié inligting oor die geheime planne kom van betroubare bronne wat aangedui het dat ʼn klein groepie mense van Noordwes, wat polities onseker en ‘stapelgek’ is, dwelmhandelaars en sluipmoordenaars van verskillende provinsies, veral die Wes-Kaap, genader het om Malema te vermoor,” het Mokwele gesê.

“Die dreigemente is werklik en moenie ligtelik geneem word nie omdat Noordwes een van die provinsies is wat bekend is vir raaiselagtige en onopgeloste politieke moorde.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sê maar so ·

Die EFF sal enige-iets doen vir publisiteit, tot denkbelige spoke optower. Hulle moet BAIE banger wees vir hulle ANC maatjies as vir die sogenaamde ‘regses’

Pietie ·

Hy dreig die wit man elke dag op n podium…..hy se hy gaan die wit man en die boer vermoor.
Wat doen julle daaromtrent?…..NIKS!
“One sided” Goverment!

Siek en sat ·

Hy kom weg met ALLES, se net wat hy wil en doen net wat hy wil. Hy kry beskerming maar wat van die plaas boere???????? Tyd dat hierdie regering hulle prioriteite regkry.

Daan ·

Pleks was daar n burgeroorlog ons sou nie slegter as vandag afgewees het nie ,en die plaasboere is in elkgeval in n oorlog betrokke met die teroriste wat hulle aanval en vermoor.

Hennie ·

Die hoof het self erken 40 % van die polisie is ongeletterd nou wie gaan wat ondersoek en wie betaal om die knapie te beskerm.

Maro ·

Die wereld word mal…nou slaap Malema ook soos die res van ons oop oë. Malema dis maar ons lewe of die onsekerheid daarvan in SA.

De Villiers ·

Nou waarom sal Malema dan nou so naby en bekommerd wees? Hy moet dalk met Lindiwe Sisulu gaan gesels om rustigheid te kry, want sy was dan gister so verontwaardig omdat Australië hul burgers wat hier kom vakansie hou het gewaarsku het oor onder andere die hoë misdaadsyfers hier. Sy het genoem dat dit nie die waarheid is nie en uit verband geruk is.

Johan. H. ·

Ha Ha Ha Polisie !!!soos daaie 5 polisie hulself nie eers kon beskerm nie,,,Doen eers selfondersoek . maak julsef eers bevoeg om n wapen te kan dra, jaag eers jul eie kriminele uit die polisie,,ag wat mens kan maar net hoop,,Ha Ha Ha Ha,

Avra ·

Waarom moet die polisie hom beskerm, maar nie die boere nie. Hy het mos lyfwagte.

Anoniem ·

Dit sal my geensins verbaas nie… Want daarmee saam sweep dit sy ondersteuners op. Ek dink jy is in die kol!

Oom Kalahari ·

Die geraasmaker soek oral aandag en word nou ten volle beskerm deur SAPD asook ondersoek spanne wat dreigemente opvolg. Daar is swak of rompslomp ondwrsoeke aangaande plaasmoorde of die sake sluit net onopgelos, maar hier word nou geweldige prioriteit geskenk. Die plaasboere mag geen private beskerming of Kommando’s bekom nie aldus Bheki Cele en staat maak op polisie ondersteuning. Waar is dit???

Hannes Coetzee ·

Hy sal baie veilig wees op Robben eiland vir ten minste 50jr.

Kobus ·

Hier word daar ondersoek ingestel nadat daar beweer word daar is ʼn moordkomplot teen Malema. Waar is die ondersoeke na die beweerde korrupsie ?Waarom moet Gerrie Nel nou eers dreig met vervolging nadat die beweerde korrupsie al jare bekend is? Hoekom doen die polisie nie ook ondersoek na die bewerings nie. Word kaders beskerm terwyl ons gewone burgers aan die kortste e d trek.

Akademi Buktu ·

Sê bietjie vir ons Mister Sitole, wat van diegene teen wie Malema en sy trawante doodsdreigemente uiter?

Leeu ·

Die polisie, staat, SA gee slegs om vir nie-blankes. Ons is op ons eie.

WHATEVER ·

EN so dreig nie net Malema nie maar nou al AL die EFF lede (almal wat iets besit gaan alles verloor) . regtig .. ons goed is vir ons belangrik maar dink julle ons wittes is SO BANG ons verloor alles dat ons net sal toesien dat NARRE Soos julle ons hele land vernietig en korrupsie pleeg en as julle aangevat word dan is dit RASSISME?? 6% mense gaan die HELE LAND SE MENSE SE GOED VAT WAT HULLE BESIT?? Weet jy .. gelukkig het ek ‘n GOD, en my GOD is groter as julle en MATERIELE goed is maar net GOED< dit mag vir die EFF vreeslik belangrik wees, en ja tans is dit vir my ook belangrik .. maar al verloor ek AL MY goed het ek nog my INTEGRITEIT en my GOD . jy kan my LEWE vat maar nie my SIEL NIE .. .. moet 'n redelik MAGTELOSE Gevoel wees is dit nie?

Deon ·

Die polisie sal malema beskerm maar nie die boere wat sorg vir kos op die tafels nie. Hoe deurmekaar kan n land tog wees?

marous ·

Die general moet dadelik aangekla word vir rassisme . Hy beskuldig duidelik die wittes en sekerlik Afrikaners vir die dreigement terwyl die een wat hy moet oppas oor sy uitsprake die ANC uitgewys het as die samesweeders.

PPPPPoelisie .... ·

Ja Genl, en GOD beskerm ONS, die wittes; julle kan die hele weermag, al wat swart is EN die polisie bring. GOD is groter as julle almal saam

Daan ·

Liewe land Genl. natuurlik moet jy die man beskerm, jou werk en plig is om almal …. Die mensdom te beskerm, begin net asb bietjie om almal te beskerm, want oppie lyk doen jy nie jou werk nie.

Daan ·

Genl oppie oomblik doen jy nie jou werk om die mensdom te beskerm nie, jy moet almal innie land beskerm, dit gebeur nie.

Emmarentia blanche ·

Waarom word die boere nie ook besketm nie hulle.sorg v kos op die tafel.Julius Malema kan net doen en sê wat hy wil maar niks gebeur nie.Tronk toe met hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.