Polisie sal OB-‘moordkomplot’ bekyk

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie het bevestig hy sal ondersoek instel na bewerings dat Thuli Madonsela, openbare beskermer, se lewe in gevaar is.

Die Sunday Times berig ʼn prominente Wes-Kaapse bendeleier is glo R740 000 betaal om ʼn huurmoord op Madonsela te reël. Madonsela het glo verneem die bendeleier en drie huurmoordenaars beplan om haar aanstaande maand te vermoor en dit soos ʼn motorongeluk te laat lyk.

Oupa Segalwe, die OB se senior kommunikasiebestuurder, het navrae na Kgalalelo Masibi, die OB se woordvoerder, verwys. Masibi kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die waarnemende nasionale polisiekommissaris, het intussen aan Maroela Media gesê die polisie is deur die media bewus gemaak van die beweerde komplot. “Die waarnemende nasionale polisiekommissaris was ook nie bewus daarvan nie, maar noudat hy daarvan weet, sal hy saam met die betrokke eenhede daarna kyk.”

Die inligting is glo ook onder die aandag van Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Siener van Melbourne ·

DIe Polisie gaan dit ondersoek?! Wolf in skaapsklere. Wolf is klaar skaapwagter. Me Madonsela moet maar oor die skouer loer. Die gebroedsel is giftig, oral en nou desperaat ook. Wanneer die vis se kop al vrot is is daar geen salf te smeer nie.

cobusp ·

Dit sal Zimbabwe mense wees, proffesioneel in die moorde wat lyk soos kar ongelukke. Morgan Tchangarai opposisie leier in Zimbabwe was veronderstel om so vermoor te word ongelukkig was hy nie in die betrokke motor nie maar sy vrou, en sy is toe dood…..

Blinde Sjambok ·

…gee vir Thuli ‘n pre-1994 Ratel gevegs-voertuig en 6 ex-32 Bataljon soldate as lyfwagte en ek waarborg haar veiligheid! As ‘Inligting’ enigsins hul sous werd was, sou hierdie aangeleentheid op hoogste vlak van geheim-houding hanteer word en lokvalle geplaas word om die skuldiges aan te keer en uit te wis soos onkruid …en nie in die publieke media as skinder-nuus uitgebasuin word nie…!

maritz ·

Dis die Valke , SAP wat ha dood wil he nou moet hulle dit ondersoek . Ai sterkte kyk net wie pas jou op . Zuma sit agter als hy moet ondersoek word

christine ·

Nou wie is sooo kwaad vir haar of bang vir haar en wie het die soort geld. Sien maar waarheen my oe draai. Die Gupas laat hulle ook nog geld in die land. Het die Valke al agter die twee doodsgevalle van Eskom gekyk. Een by Modupe en verder Lepahale,toevallig ?? Lyk my baie te doen met ander geval in Durban waar n fluitjie blaser vermoor is. Hiers mense wat iets yslik probeer keer.

christine ·

Ai as die vrou iets oorkom gaan daarbaie, baie geantwoord word so asb as jy die bendelid is moenie want GLO vir ons vandag jy sal ook toast wees en al die skuld sal op jou gepak word as hier waarheid in steek sit die vrou onder polisie bewaking so gou as moonlik

Blinde Sjambok ·

…reality check, Thuli is die ‘darling’ van die Wittes weens die bloedneus-opstoppers waarmee sy toenemend en doelbewus die korrupte ZANC tref …en op die oog af die nodige motief verskaf om permanent van hul groot verleentheid, Thuli Madonsela …en ‘irritasie’ ontslae te raak, hoewel onwaarskynlik aangesien dit hul beeld sal skaad by hul kiesers-kuddes so kort voor die verkiesings. Dit laat slegs “through the barrel of a gun”-EFF wat beslis sal baat by haar sensasionele dood …

Enna Burger ·

En !!! Hoekom kan al ons mense nie ook beskerm word nie , dit is ons reg om te LEWE.

Zirk ·

Dis skandelik dat die intelligensie so swak is dat die Polisie Kommissaris nie bewus is van so ‘n komplot nie. Of dalk is hy, maar het nie gedink dit sal uitlek nie…..ons moet maar voorberei vir ‘n moeilike entjie vorentoe mense. Hier gaan nog lelike goed in die land gebeur voor dinge sal begin verbeter.

Blinde Sjambok ·

Die effektiwiteit van “Inligting”… in SA is, soos die res van alle ANC-instansies, landwyd …ekwivalent aan die volume lug in die vakuum tussen hul ‘President’ Jacob Zuma se ore. Daar is wel mense in Inligtings-poste aangestel maar hulle is gewoonlik familie of vriende van die ‘President’ en net daar vir die oordrewe salarisse en voordele uit die staatskas terwyl ‘konsultante’ (‘n veredere uitbreiding van familie en vriende) die werk nie doen nie. ‘Inligting’ vir hulle is hoe lank dit nog tot etens-uur is …en wie ookal se beurt dit is om die KFC (uit die petty cash) te gaan haal om in god’s naam net nie die mash en gravy te laat uitlek nie. In Limpopo brand, onder andere, 24 skole af sonder dat die ANC se Dept. van ‘Inligting’ ‘n vinger verroer om dit te verhoed …en wanneer hulle wel ‘n vinger roer is dit die middel een aan almal wat hulle kritiseer! Thuli …kom ons hoop jy skaar jou by die DA wanneer jy verlos is van die juk van die ANC oor 5 maande …jy en jou tans-dwalende kommunis/EFF-dogter!

Lance ·

Die polisie …ja sure ons weet van beter …nou moet mens eers bekommerd wees

Lance ·

Blinde …mens kan dit netnie beter stel nie …jy slaan die spyker 100 % op sy kop

Gertjie ·

Die polisie…!!!
Dis om ‘n lig aan te sit vir ‘n blinde man.

Joann ·

Hoe de hel kan jul verwag dat hul soldate moet gee om haar op te pas,hul beteken niks en is net so gevaarlik.

Kobus ·

Bring die ou bevelvoerders en polisielede terug om beter te beplan vir haar veiligheid.

Blinde Sjambok ·

….Maroela, waarom eers hard praat? Dankie vir die terug plasing van my straaltjie p!ep!e…!

Nico Strydom ·

Dagsê Blinde Sambok
Die kommentaarstelsel sal partykeer outomaties kommentaar in die “pending folder” gooi weens ‘n spesifieke woord, te veel hoofletters ens. Dit moet dan met die hand goedgekeur word om te verskyn.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Blinde Sjambok ·

….dankie Maroela, ek sien hy sit nog! Julle kan nou maar die turksvy weer uithaal. Knyptang vir die dorings en ek beveel Sambok-salf aan vir lafenis…

THEA SWART ·

ek dink net om veilig te speel moet sy alles wat sy weet op ‘n cd save en dit in iemand se betroubare hande los want sy weet te veel dit is hoekom hulle haar wil uithaal – Thuli be safe –
jy moet vir ons vrouens kom opstaan want ons soek ‘n vroue president vir ons vrouens en kinders – mans te geldgierig

Theuns ·

Almal se kommentaar hier is goed en het betreking! Dit is duidelik dat ons Afrikaners nie sommer geflous sal word met propaganda en ” Mis Information” nie! Die feit (sic) dat hulle vir Thuli wil doodmaak laat egter die volgende vrae onbeantwoord.. Hoekom sal hulle haar nou wil dood he in die lig dat sy alreeds die meeste van die bedrog op die lappe gebring het? Sy is op die punt om aftetree. Hoekom haar nou wil doodmaak? Wat weet sy wat ons nog nie nou weet nie? Is die hele saga nie dalk ‘n set van die regering om Thuli se naam sleg te maak nie. Of is dit ‘n dreigement wat as waarskuwing moet dien vir die volgende OB nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.