Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê die nommer is weens netwerkprobleme by Telkom buite werking.
Volgens Kweza kan die 10111-inbelsentrum se agente nie oproepe neem nie weens die netwerkprobleem. “Gemeenskappe moet as alternatief hul plaaslike polisiestasies skakel.”
Kweza het gesê die Telkom en die polisie werk hard om die probleem te probeer oplos. Die polisie sal die publiek in kennis stel sodra die probleem uitgesorteer is.
Kweza het gesê die probleem het omstreeks 17:30 begin.
Het die nommer al ooit gewerk!!!!
Wel ek glo nie dit het in die laaste 8 jaar ooit gewerk nie! Na sinnelose pogings het ek reggekom met vodacom se 112 noodnommer
Ek dink eerder dit sal nuus wees wanneer die nommer wel werk.
Het saterd*aand 10111 gebel na 10min se lui en aanhou maar neer gesit.
Dis absoluut belaglik!!! Als in hierdie land hou net mooi op werk en vergaan. Dit is skrikwekkend hoe vinnig dinge agteruit gaan…