Polisie sê glo bekende Pta-landgoed moet sluit

Roesmary Hill Farm (Foto: Rosemary Hill Farm via Facebook)

Die bekende Rosemary Hill-landgoed in Mooiplaats, Pretoria-Oos, moes Saterdag tydelik sy deure sluit nadat polisiebeamptes die oggend by die landgoed opgedaag en die eienaar gedwing het om sy bedrywighede stop te sit. Die polisie het glo aan die eienaar gesê die landgoed voldoen nie aan die betrokke afsonderingsregulasies nie.

Die polisie het die landgoed egter Maandag in kennis gestel dat die sluiting ’n “fout” was en dat die staproetes en koffiewinkels weer kan oopmaak.

Thomas Franken, die eienaar van die Rosemary Hill-landgoed, het Saterdagmiddag ’n video op die landgoed se Facebookblad gedeel waarin hy vertel hoe die polisie Saterdagoggend onverwags by die landgoed opgedaag en hom gedwing het om sy bedrywighede stop te sit.

Franken vertel in die video die polisiebeamptes van Boschkop-polisiestasie in Mooiplaats het die landgoed se hoofingang dopgehou en die voertuie wat inry, gemonitor.

“Hulle het gesê ons bedryf ’n onwettige samekoms van meer as 50 mense op die landgoed en ons moet dit dadelik stopsit,” het Franken in die video vertel.

Franken het aan Maroela Media gesê hy het aan die polisiebeamptes probeer verduidelik daar is verskillende aktiwiteite en ondernemings, elkeen met sy eie gesondheidsprotokol, wat op die landgoed bedryf word. Die koffiewinkels word heeltemal afsonderlik van die staproetes bedryf.

“Die beamptes het geweier dat ek my kant van die saak stel,” sê Franken. “Die polisiebeamptes het my gedreig en gesê as hulle terugkom en die voertuie is nie weg nie, gaan hulle my summier in hegtenis neem.”

Franken het die hulp van ’n advokaat ingeroep om ’n formele plan op te stel en daar is intussen tot ’n vergelyk met die polisie gekom.

“’n Kaptein van die polisiestasie het my Maandag ingelig die beamptes wat Saterdag daar opgedaag het, het nie hul opdragte volledig gevolg nie. Nadat ’n klagte oor ’n beweerde samekoms ontvang is, is die beamptes blykbaar na die landgoed gestuur om te kyk wat aangaan en dan aan die kaptein verslag te lewer. As hulle my kans gegee het om te verduidelik, sou hulle besef het dat daar nie ’n samekoms aan die gang was nie,” vertel Franken.

Die polisiestasie het Franken gevolglik die groen lig gegee om die bedrywighede by die landgoed te hervat.

Franken sê hulle sal deur die week op die landgoed se Facebookblad bekendmaak hoe die naweek se bedrywighede verloop. “Omdat naweke ons besigste tye is, moet besoekersgetalle veral gereguleer word. Ons oorweeg ’n opsie vir besoekers om vooraf hul plek vir die staproete of in die koffiewinkel te bespreek. Só kan ons besoekersgetalle nog strenger beperk. Ons dink ook daaraan om dalk die verkeer beter te reguleer sodat daar nie te veel voertuie by die hoofingang inkom en parkeer nie.”

Franken sê hulle gaan ook die gesondheidsprotokol wat reeds by die staproetes en koffiewinkels ingestel is, nóg strenger maak.

Franken se video het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei. Hy het meer as 107 000 mense op Facebook bereik. Veral lojale besoekers van die landgoed was geskok om te hoor hul geliefde ontspanningsplaas is gesluit en hulle het die polisie vir hul optrede gekritiseer.

“’n Mens bestee tyd in die natuur en behou goeie sosiale afstand. Dit is loutere onsin dié,” het een besoeker op sosiale media geskryf. “Hoe kan ons samekomste hou, as elkeen alleen op sy fiets gaan ry en met niemand in nabye kontak kom nie? Dit is algehele magsmisbruik wat ondernemings net verder gaan doodmaak,” het nog iemand op Facebook geskryf.

Maroela Media het Maandag ’n navraag aan die Boschkop-polisiestasie gerig, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jaco ·

Hierdie “nuwe normaal” pla my. Is dít hoe dinge nou vir altyd/PERMANENT gaan lyk:
-almal moet maskers dra
-Strande gesluit
-Gimnasiums gesluit
Restaurante bankrot
-Gastehuise en vakansieoorde toe
-Skole half oop half toe
-Meeste interprovinsiale reise verbode
-Internasionale reis uiters beperk
-Sigarette en drank nooit meer te koop nie
Die bogenoemde toestand is seker ok vir ‘n paar maande of hoogstens ‘n jaar, maar ek kry al hoe meer die indruk dat dis hoe die lewe van nou af vir altyd gaan lyk.
Ek weet party goed is net op SA, maar lockdown het negatiewe gevolge in ander lande ook. So nou wonder ek maar net: is lockdown die nuwe normaal wêreldwyd vir altyd?

Aai ·

More Jaco,
Dit is die normaal in SA die @NC will ons blankes onderkry hulle sal harder moer probeer.

Frans ·

“’n Kaptein van die polisiestasie het my Maandag ingelig die beamptes wat Saterdag daar opgedaag het, het nie hul opdragte volledig gevolg nie. “Die erkenning vertel die hele verhaal-dit is tipies van swak kommunikasie tussen die bevelvoerders en die wat die opdrag moet uitvoer.Die polisiebeamptes was of swak luisteraars of die bevelvoerder se opdrag was oop vir vertolking.

Riekie ·

Of die arrogansie van ‘n paar konstabels wat dink hulle IS DIE WET!

Hennie ·

Fris, magshonger pote! Ons kan darm se die bloujoppies leer gou by die politikuste! Die eienaar sou hulle kon omkoop het met ‘n halwe warm verslane Lion, maar hy is ‘n man van goeie praktyk.

Adam Adriaan ·

Die polisie wat so optree ly aan ‘n totale gebrek aan oordeelsvermoë. Verbeel jou dat volwasse mense wat sulke posisies beklee moet die reg toepas. Maar dit syfer deur vanaf die president en sy kabinet. en die totale ANC regering. Besoedel die hele samelewing. Kyk net na die patetiese minister van polisie. Verrot vanaf die kop tot die tone

Rose ·

Soos ek verstaan, het die polisie die plek dopgehou nadat iemand gaan kla het. Afguns miskien? Liewe hemel mense, die ekonomie moet aangaan, daar is soveel meer ‘sonde’ wat gedoen word wat aspris misgekyk word. Almal was hande dat die seep spat en dra orals maskers, maar die ding word nie gestuit nie, nou wonder ek net of die sogenaamde voorkomings maatreels regtig help. Wat my bekommerd maak is die eensydige instel van regulasies en strafmaatreels wat toegepas word op mense wat n bestaan probeer maak. Die regering help net hulself, moet ons dan nou almal ook sit en bedel vir die lee paplepel wat moet verbykom. Dit was nog altyd die verskil tussen die een wat sit en bedel vir hulp en ander een wat moue oprol en werk maak. Maar ongelukkig is die regering se veelbesproke regulasies so ingestel dat die regverdige ou wat wel n eerlike bestaan probeer maak, se hande afgekap word. Hy word gedreig oor iets wat voorheen normaal was, soos om vir homself en ander n inkomste te probeer skep.

Danie ·

Dit maak nie saak hoe goed die wet of bepaling geskryf is nie. Die wetstoepasser moet darem twe gesonde breinselle hê om teen mekaar te vryf om ‘n oordeelkungige besluit te kan neem…

Pieter ·

Dis gewoonlik die minder intellegente polisie beamptes en weermag lede wat magsbehep is en wat die uitvoering van hul pligte totaal en al verkeerdelik toepas. Hierdie inperkings periode gee hulle die mag wat hopeloos te veel vir hul verstandjies is.

Tino ·

Dit is wat jy kry waneer die vereiste om n polisie beampte te wees ‘n gekoopte matriek is met ‘n bestuursliksens en jy nie eintlik kan lees of skryf nie.

Nou moet so ‘n slimjan tussen reg en verkeerd kan besluit binne split sekondes en jou lewe beskerm maar hy beskik nie oor die intelektueele kapasiteit om verder as sy arrogante houding te dink nie.

Sonneblom23 ·

Vandag se polisielede het nie by die polisie aangesluit omdat hulle n verskil wil maak nie, hulle sluit aan omdat hulle voel hulle is dan in n magsposisie. Hier word dit net weer bewys!

Simon ·

Kyk mense, die saak staan so:
1) Breek wit ekonomie: Cyril wil mos dratiese ekonomiese veranderinge teweeg bring.
2) Die covid-19, maai nou onder hul kiesers: Alles apartheid se skuld. Verwys na 1 hierbo.
Dankie!

Leana ·

Ek wag in spanning om te sien wat gaan gebeur met AL die mense wat sonder maskers en op ‘n hoop die verrigtinge vir Mandela se dogter bygewoon het…

Willem ·

Te lekker nuwe apartheid (omgeruil) toertjies in die naam van COVID.

Eish ·

Jammer dat die polisie slegs kan tel en reageer as dit hulle pas.

Josh ·

Die een ding wat kort is “Common Sense” en dié het nie een van hulle nie.

Tienie ·

My ou maat. As ek jy is. Sit en n seviele eis in teen SAPD en teen die slimkoppe.

Laat hulle betaal vir jou verliese en naelskou…

EO ·

Mag mens nie eers meer op die strand langs die see gaan stap nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.