Polisie se hondeskool onder vergrootglas na uitbreking van katgriep

Bimbo en nog ander honde is die naweek dood weens katgriep. (Foto: Verskaf)

Altesaam 75 klein hondjies is reeds dood nadat katgriep sowat twee maande gelede by die SAPD-hondeskool in Roodeplaat in Pretoria-Noord uitgebreek het.

Dié dodelike virus is na bewering vroeg in September aan die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) gerapporteer, nadat talle hondjies sedert Augustus in die teelafdeling begin vrek het. Dié afdeling huisves tans sowat 200 hondjies.

Volgens Renate Barnard, voormalige luitenant-kolonel in die polisie en tans sektor-koördineerder by Solidariteit, is die mis van die honde vir ontleding na Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal in Pretoria gestuur, waar katgriep bevestig is.

“Dit is ondenkbaar om te sien hoe klein weerlose hondjies om jou doodgaan en jy niks daaraan kan doen nie,” sê Barnard.

Barnard het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat die polisie sy plig versuim het om die honde op ses weke teen die parvovirus (katgriepvirus) in te ent, soos deur die wet vereis. “Die nodige entstof is nie aangekoop nie,” sê sy. Die rede vir die uitbreking van die virus kan egter nog nie bepaal word nie. Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie is tans besig om ondersoek in te stel om te bepaal of daar enige nalatigheid aan die polisie se kant was.

Hy sê die polisie was in staat om sowat 160 honde te red, maar wou nie sê hoeveel hulle van kant moes maak nie. “Die honde se omstandighede word ook noukeurig gemonitor om verspreiding van die virus te voorkom,” sê Naidoo.

Volgens Barnard ly die polisie se reputasie groot skade na dié uitbreking. Sy is ook van mening dat die voorval verdere nagevolge vir die polisie kan inhou, deurdat die virus verder kan versprei.

“Die reputasie-skade is geweldig groot en die trauma van die lede wat hul lewens aan hierdie diere toewy, nog groter.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Toffie ·

Polisie honde, weermag perde…. Kan niemand ‘n plan maak nie????. Diere moet GLAD nie meer gebruik word nie, want die staat kan nie (veral diere) sorg nie. Dit is wreed om enige dier in die hande van die regering te laat. MAAK ‘N PLAN ASB!!

Alida ·

Hulle voel vere vir mense hoekom sal hulle nou omgee vir diere!

Boris ·

Daar is geen geld en morele plig om die honde te ent nie, maar die Zondo-kommissie kos al oor die R350 miljoen en gaan voort. Die regering beter hul prioriteite reg kry, God slaap nie. Dalk is die moordende droogte juis ‘n vingerwysing na die korrupte en slegte bestuur van hierdie mooi land. Droogtehulp van die regering is daar nou ook nie werklik nie.

Maljan ·

Een kommissie na n ander wat almal onverrigter sake maar met bultende sakke wegstap omdat die ANC gebreke bly om oortreders in hulle binnekringe aan te kla. Die kommissies sit soos regters/magistrate sakke en aanhoor en lewer geen uitspraak nie so wat is die doel van die kommissies? Bodemlose putte om belastinggeld in te stort.

Diertjie ·

Wat se reputasie??? Pateties verby!!!! Maak my woedend!!!

smurfie ·

Ek stem Diertjie!
Seker eerder takeaways gekoop met die geld

Margaret ·

Hulle is net eenvoudig nie in staat tot enige denke, gevoel, empatie, of tussen reg of verkeerd nie!

Delia ·

Ek voel as die SAPD dalk nie geld het om inspuitings aan te koop of vir dit te betaal nie ,hoe bekostig die Dept die daaropvolgende inspuitings of veeartskostes.

Anoniem ·

Eers die weermag se perde, nou die polisie se honde. Dit wys na ‘n totale gebrek aan respek vir enige lewe.

Jaco ·

Absoluut NIKS maar NIKS waarvoor ek belasting betaal word enigsins aangewend om ons land, mense en diere ten goede te bevorder nie, die polisie, staatshospitale, skole, paaie, munispaliteite, letterlik alles waarvoor ons so BETAAL BETAAL val uitmekaar uit, indien ons fondse reg aangewend was, sou iets soos hierdie nie gebeur het nie, die nodige entstof vir hierdie weerlose diertjies was nie aangekoop nie want die geld is gebruik vir hul persoonlike genot, wanneer gaan ons begin om ons belasting gelde terug te hou om die kanker n les te leer?…Suid Afrika is VERVLOEK!!!

Willem Grobler ·

Is daar enigiets onder ANC-kaderbeheer in hierdie land wat nié reddeloos opgefoeter word nie?

Anni ·

Wonder of K9 en me Barnard weet, dat di virus nou eers op di grond mut behandel word, om daarvan ontslae te raak. Anders gaan honde dit aanhou en aanhou kry. Sluit di een heid en skors di spul.

Wielspore ·

Daar is versuim om die hondjies in te ent soos voorgeskryf, nalatigheid aan die Polisie se kant. Kla die verantwoordelike persoon aan vir diere mishandeling sodat die nodige straf toegeken kan word. Maak die straf verswarend sodat ander honde eienaars, ingesluit privaat mense kan besef wat is die verantwoordlikheid om honde te besit.

Michael P ·

Ag liewe vader kyk net hoe mooi was Bimbo dit is so sad dat sulke mooi hondtjies so mishandel moes word. dit is vreeslik en n groot skande

Chris Ws ·

Het ons hond met katgriep self deurgehaal.Meng een rou eier en EEN of TWEE “tots” (25-50ml hang af hoe groot die hond is))whisky of brandewyn deeglik en spuit met ‘n spuit in die hond se keel af as die hond dit nie self wil drink nie.Einde van die katgriep.Toe ek dit vir ‘n veearts vertel het hy baie verlee erken dat die alkohol die virus in die dier se ingewande verlam en dan werk die dier hom net uit en siedaar.
Gesien in die’ lig kon baie hondjies dalk gered gewees het sonder entstof.Die DBV behoord ‘n klag te le teen die betrokke eenheid van die polisie.

Johanna Botha ·

Die ombewaamheid is net ORAL ! Wat gaan volgende uitmekaarval !

Erika ·

SPCA moet bietjie gaan ondersoek instel..Swak dat daar nie gekyk word na hierdie diere wat ten duurste sekerlik aangekoop word..So gaan SA agteruit!! So jammer vir die diere wat ook moet lei!

Anni ·

DIS ONAANVAARBAAR DAT K9 POLISIE SULKE DADE TOELAAT. EK WENS OH EK WENS SO EK KAN N DIERE BESKERM PERSOON WEES. JULLE ALMAL SAL AFTJOP. EN HUKOM HET HUL NI HULP GEVRA BY STAATSVEAARTS OM DI SPUITE TE VOORSIEN NI??????????????

Poot ·

Bimbo lyk vir my na ñ Belgiese herdershond. Hulle is BAIE slim en ñ fantastiese hond om te hê. Gaan probeer een koop in die mark en kyk wat betaal jy vir hom. So word ons belasting wanbestee.

RH ·

Maak net toe al hulle takke asb en red elke hond wat nog lewendig is asb. Die goed kan eenvoudig nie kyk of sorg eens vir hoenders wat tog hul eie kos soek en vind nie. Maak n mens boos verby.

Adam ·

Kry ek nou hond se gedagte oor die polisie die kat so in die donker knyp.

Gert R@Midstream ·

Wat beteken instandhouding? Bestuur? So baie agter met standaarde.

Marianne Thomson ·

Wat het Ghandi nou weer gese oor hoe n nasie sy diere behandel? Ek dink iets in die lyn van “dit reflekteer hulle karakter”…

Paaries ·

What would happen if all beasts die? Man would soon also die for a great lonelynes in spirit for whatever happens to be beast happens to be man. Die opdrag om om te sien na die skepping is van God. Hoe kan jy verwag dat sielloses moet omgee? Bloemfontein SAPS se berede eenheid se perde eet net tef hooi want daar is al maande lank nie voer nie. maak nie saak wat hulle wen in terme van geld nie die vloek sal hulle aanhou beval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.