Polisie sê oor BBP-beskerming vir Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini-Zuma (2012) (Foto: SA Government | Flickr)

Die polisie het Vrydag gesê hy neem met kommer kennis van mediaberigte en spekulasie wat betref beskermingsdienste vir die voormalige voorsitter van die Afrika-Unie, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

“Die SAPD wil graag bevestig dat dr. Dlamini-Zuma steeds beskerming ontvang van die presidensiële beskermingseenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens,” het genl.maj. Sally de Beer, nasionale woordvoerder van die polisie, gesê. “Dit is ten volle in lyn met hul mandaat en voorskrifte, wat gelei word deur dreigemente en veiligheidsassessering.”

Kragtens die presidensiële beskermingseenheid se mandaat word beskerming verskaf aan die president en adjunkpresident van die Republiek van Suid-Afrika, voormalige presidente, staatshoofde van ander lande en hul eggenote. “Die voorsitter van die Afrika-Unie ontvang sekere voordele deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking met die status van die president. Terwyl sy in daardie kapasiteit gedien het, het dr. Dlamini-Zuma beskerming ontvang volgens dié voorskrif.

“Verdere beskerming word verskaf aan die voormalige AU-voorsitter gebaseer op die uitslag van ʼn veiligheidsassessering en ʼn voortgesette ondersoek wat betref dreigemente teen haar,” het De Beer bygevoeg.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het gesê vir veiligheidsredes sal die SAPD nie enige besonderhede van die veiligheid wat aan Dlamini-Zuma gebied word, bespreek nie, of wat betref die genoemde dreigement of veiligheidsassessering nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johann ·

Nou wie sal dié goedige antjie wil kwaad aandoen? Buite nou dat sy twak praat en agter Zuma aan prewel oor die wit mense wat nog in beheer van die ekonomie is en ook die kinders in die skole wat teen die ANC opgemaak word, hou sy mos nou géén gevaar vir enige iemand in nie, bly net weg van die presidentsamp.

Johann ·

Bolla by die lieters! Sy oefen solank aan vergrype via haar status as Zumaikie! Assof sy klaar NUMBA WHONE is! Laat sy knoffel bolle om haar nek dra vir beskerming…welkom op die soustrein tannie Zuma! Daara mos maar altyd plek vir nog ‘n suier aan nog n speen. Afrika Payback vir blinde lojaliteit!

D ·

Aartjie na sy vaartjie. Waarvoor is hulle bang. Dit is di witmense wat aangeval en gemoor word.

CHRISTA ·

D ek stem saam!! Dis mos die ANC wat so “brêg” dat misdaad afgeneem het, dan nie? Gaan sy ook nou ‘n kwart mijard aan haar huis spandeer soos haar eks vir “veiligheid”? Ek weet nie wat hulle almal snuif of drink nie . . . . .

SP ·

Hulle is bang,baie bang,en dit vir hul eie mense! Aan die eenkant wys dit dat die wiel stadig maar seker besig is om te draai.

Willie ·

SP, al hierdie gemors van afbreek, brand, aanvalle, toy toy en uitwissing is hulle speelbal wat terug beweeg na hulle self. Dis hulle oorwinning tegniek, maar dit gaan ook hulle ondergang beteken

Basjan ·

Aan watter party behoort genl. maj. Sally de Beer? Sal iemand my kan inlig, asb?

Willie ·

Met daai rang, spring jy verder as wat die minister se’ . Hulle is politieke balle, maar sy is n puik polisie woordvoerder , netjies en op haar plek

andrea van vuren ·

Dankie tog Willie. Lees my kommentaar boontoe. Ek is bang vir Sally de Beer. Wonder wie stoot vir haar geld onder die tafel deur vir haar kommentare…

Oom Johan Willemse ·

Dis interessant om die vrees by senior ANC-lede, van burgemeesdters en speakers in munisipaliteite tot by die presidensie, aanhangsels ingesluit, waar te neem. Blou ligte, gewapende wagte, polisie by dosyne en tog is hul gewone jense? In die ou bedeling wasdaar òk beskerming vir die staatshoof, en ministers en administrateurs het sekuriteit gehad; dit in ‘n tyd toe die RSA in ‘n staat van oorlog was. Tans is daardie risiko verwyder maar belastingbetalers hoes vir die manie van poshouers in senior politieke posisies. Siestog, hoe moeilik moet dit wees om te werk as jy heeltyd so bevreesd is. Dit moet verseker produktiwiteit benadeel.

SP ·

Jammer Willie maar ek kan nie met jou saamstem nie,onthou haar rol wat sy nog in die Selebi sage gespeel het,almal kon sien hoe lieg hy,maar sy het hom skaamteloos verdedig

Joe Olivier ·

Waarom kry sy nie die “oud” MK lede wat nou die dag Jhb se sypaadjies volgestaan het om haar op te pas nie?

Valerie ·

Maar net nog ‘n Zuma verleentheid. Die een moet baie vinnig uit politiek verdwyn; sy is ‘n aanhitser en glo elke sprokie teen swart mense. As presedient van Afrika Unie was sy ‘n internasionale verleenthied. Goeie genugtig. Hoe blind en doof kan mense wees?

AL ·

Sy word seker gedreig omdat sy bokkerol gedoen het tydens haar amp in die AU.

Louis ·

Sy is nog nie eers in die parlement nie maar begin al klaar belasting geld misbruik. Nog n korrupta Zuma

Blits ·

Louis, hulle moet haar darem belangrik laat lyk, Die ANC gaan inelke geval die ding so manipileer dat sy president gaan word ISH watte skande en probleme dan vir ons, sy en zuma is een en dieselfde korrup tot op die been en murg

CLR ·

Presidensieele beskermingseenheid en SAPD. Veiligheidsredes!!! Aag asb. Doen julle eerder iets ter beskerming vir die boere en die wat so vermoor,verkrag,ontvoer,besteel en afgebrand word. Sy is maar net n mens wat bang is soos al die ander wat bedreig,verkrag,gebrand en besteel word. Niks beter nie.

Blits ·

Neem julle die Sally De Beer kwaalik, natuurlik moet sy lieg en beskerm, dis ha werk, kyk wat gebeer met mense wat nie die ZUMZUMDOMs beskerm nie, hulle verloor hulle werk.

Ek nou so lekker gelag, op MSN news is daar n berig wat Dhlamini zuma se dat die kinders op skool geleer word dat die anc korrup is (Ons almal weet dis waar) maar sy sê dit beskading die anc se beeld, nou wil ek ha vra, asb wil jy regtig voorgee dat die anc nie korrup is nie< in watse wereld leef jy, mens kan sien jy weet niks DR Zuma. onderwysers en kinders het nie nodig om die anc se beeld te beskadig nie, julle leiers en en julle self doen n helse goeie job met dit, net soos jy ons geld mors vir die "protection" kamstig hoop hulle vang die miskiete.

Jy en jou man (eks man) is alby ewe korrup en die klits kwaait, jy met jou lucky packet DR graad, shame wat n beleedigingvir ons mense se IK (Dlhamini. IK is nie n militere mag nie hoor)

John ·

Almal van ons moet maar gereeld ons klererekeninge betaal anders is die balju op ons spoor… Waarheidsverdoeseling is glo ook ‘n kwaal was soos pes kan uitslaan en blou hou dan glo die bedreiging ‘n paar meter weg.

Ljl ·

Is dit nie sy wat by die verkeerde lughawe so ń klompie jare terug af geklim het nie ?

John ·

Die Sassa Dlamini-antie en Dlamini-Zumma, is hulle susters? Lyk na mekaar. Vandaar die Vroueliga se steunbasis en Zuma se voorliefde vir sy skoonsus? Mens wonder of die swart mense gelate die Zoeloes se beheer (met behulp van Zoeloeland se Indierbroers) oor die ANC vir baie langer gaan duld.

SARIE VAN HEERDEN ·

Vandag se leiers is vreesbevange vir wat kan gebeur. So baie klagte van die vreesaanjaende tyde waarin ons destyds sou geleef het. Ek was ‘n jong student, Dr Verwoerd sou by die Voortrekkermonument praat, ek was in die gehoor, dr Verwoerd het die paadjie afgeloop, ek het in my voortvarendheid voor hom in die paadjie gespring met my kamera, hy het my gesien, almal om hom gestop, sy hoed vir my gelig sodat ek die foto kon neem. Vandag een van my kosbaarste foto’s.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek wil byvoeg: as hierdie insident vandag plaasgevind het het hul my kamera stukkend getrap en ek het die nag in die tronk geslaap.

Johan ·

As mens die storie van die bedreiging van haar “veilgheid” glo sal mens seker ook glo die swembad op Nkandla was vir brandbeskerming né

Leendert ·

Ek sien vandag, heel tereg, wys DR Pieter Groenewald van die VF Plus elders daarop dat hierdie dame is nie ‘n regerings amptenaar nie, dus mag sy nie beskerming vir presidensiele persone van die polisie ontvang nie, die ANC moet dit self verskaf, of sy moet van openbare optredes wegbly. Sy is ‘n gewone bugerlike, net soos die res van ons.

Blits ·

weet julle watse se gemors gaan in ons land wees as sy oorvat, die UN was dan bly dat sy gewaai het. en lyk of sy met ha kamma DR graad beslis nie eers ha self kan regeer nie hoe nog n land met oor die 60 mil mense, shame

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.