Polisie sê oor #FeesMustFall-betogings

Dié foto is wyd op sosiale media versprei oor betogings in Kaapstad se middestad op 26 Oktober 2016 (Foto via @helenzille, Twitter; Fotograaf onbekend)

Dié foto is wyd op sosiale media versprei oor betogings in Kaapstad se middestad op 26 Oktober 2016 (Foto via @helenzille, Twitter; Fotograaf onbekend)

ʼn Man wat duidelik op ʼn foto uitgeken kan word wat wyd op sosiale media versprei is terwyl hy die venster van ʼn polisievoertuig breek, is in hegtenis geneem.

Lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Vrydag gesê die SAPD het ʼn drie dag lange nasionale bestuursforumvergadering afgehandel. Dié forum, wat bestaan uit die waarnemende nasionale polisiekommissaris, adjunk nasionale kommissarisse, streekskommissarisse, afdelingskommissarisse en provinsiale kommissarisse, het onder andere die voortslepende #FeesMustFall-betogings bespreek.

Volgens Phahlane is die 33-jarige man, wat op die foto te sien is, Vrydag by sy werk in Observatory in hegtenis geneem. “Hy sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van opsetlike saakbeskadiging.”

Phahlane het dit benadruk die man is ʼn skoonmaker by ʼn universiteit en nie ʼn student nie.

Ongeveer 2 000 persone het Woensdag aan ʼn betoging in Kaapstad se middestad deelgeneem onder die #FeesMustFall-vaandel. Die betoging was egter gewelddadig in en om die parlementêre distrik en polisiebeamptes moes skokgranate gebruik om die skare te verdaag. ʼn Aantal ander polisievoertuie en winkelvensters is ook beskadig.

“Die polisie wat tydens die optog aan diens was, is herhaaldelik uitgelok. ʼn Brandende kamma doodskis is ook tussen die beamptes ingegooi en betogers het hul algehele disrespek vir wet en orde getoon deur oor stilstaande polisievoertuie te klouter.”

Phahlane het bygevoeg ʼn aantal voorvalle van brandstigting is die afgelope week aangemeld en eiendom en voertuie is beskadig, insluitend ʼn polisievoertuig en roetinepatrolliemotor wat in Braamfontein aan die brand gesteek is. “Twee verdagtes is in verband met dié brandstigting in hegtenis geneem.”

Twee busse is ook aan die brand gesteek, insluitend ʼn bus wat studente vervoer het. “Niemand is gelukkig tydens die voorvalle beseer nie,” het hy bygevoeg.

Daar was ook ʼn aantal brande op kampusse, waaronder ʼn tennisklubhuis wat by Rhodes-Universiteit in Grahamstad aan die brand gesteek is. Boeke in die biblioteek by die Universiteit van die Witwatersrand is ook aan die brand gesteek. ʼn Petrolbom is ook Vrydagoggend om 04:00 in die finansiële gebou van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie op die Bellville-kampus gegooi.

“Drie mans wat van diefstal beskuldig is by die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap, is gestenig en met stokke geslaan, na bewering deur studente,” het Phahlane bygevoeg. “Een man is op die toneel dood, een het in die hospitaal beswyk en een is steeds in ʼn kritieke toestand.”

Phahlane het gesê Wits word steeds geteister deur misdaad, intimidasie en aanvalle op wetsgehoorsame burgers, insluitend polisiebeamptes.

Phahlane het gesê die vraag ontstaan of die regmatige #FeesMustFall-inisiatief deur studente tot ʼn groot mate deur ʼn kriminele element oorgeneem is. “SAPD-bestuur benadruk dit dat daar geen ruimte is vir polisie-geweld nie. Enigiemand wat voel dat hul regte geskend is deur enige polisielid of optrede deur die polisie, word versoek om ʼn klag by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) in te dien. Ons bedank en loof polisiebeamptes oor die land heen wat met selfbeheersing en binne die wet optree.”

Phahlane het bygevoeg daar is verskeie persone wat hulle versoek om polisiebeamptes van universiteitskampusse te onttrek. “Ons benadruk dit dat dit die geweld en kriminele optrede op die kampusse is wat die teenwoordigheid van die SAPD noodsaak. Ons respekteer die visekanseliers van die universiteite en hul uitvoerende rade en veiligheidsbestuur in die uitvoer van hul mandate en sal hulle ondersteun om kriminele dade te help verhoed om ʼn klimaat te verseker waar studente kan leer en eksamens kan aflê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Otter ·

Dis goed dat die Polisie praat. Te lank al bevorder die terroriste, ekskuus studente, land en sand hulle leuens op nasionale nuusberigte, en maak só Polisie se naam sleg.

Lions ·

Die polisie moet teenwoordig wees!! Natuurlik!! Kampusbeskermingsdienste met alle respek het nie al die nodige middele en magte om sulke gewelddadige optredes te hanteer nie. Bly die polisie neem standpunt in

Buitestander ·

Dit is verblydend dat een vir een betoger(terroris) deur middel van die kammeras gearestreer word en aangekla word.
Kort voor lank is hulle almal uit die sisteem en kan die lewe weer normaal aangaan sonder terroriste!

Hendrik ·

Hierdie uittarting tot die SAPD is omdat die SAPD alewig kritiek kry. Hulle is in alles wat hulle doen, reg of verkkeerd, alewig in die foutiewe kant. Die studente byt dit uit. Daardie mense wat altyd die SAPD aanval moet bietjie self in daardie uniform kan klim en alles meemaak. Julle sal baie vinnig uit daardie uniform wil klim. Miskien gaan jy nie eers oorweeg voel om in daardie uniform te wil klim nie want jy het nie fie “guts” vir dit nie, maar jy kan die SAPD aamval. Wat moes die SAPD op Marikana doen terwyl hulle duideli met stokke pangas ens grsorm word? Moes hulle toffies uitgedeel het of die aanvallers genooi het vir braaiveis.
. Ek kan jou belowe dis geen grap of maklike taak nie. Dink net hoe jy sal voel as jy so getart word soos nou, daagliks, en jy moet in die gevaar inloop met watte in jou hande. NEE mense gee die SAPD krediet ook. Hulle is beslis nie net sleg nie.

susan@ ·

Maak hulle betaal vir die skade dan sal ons sien of hulle weer lus sal kry om af te breek!!?

Johanna Botha ·

Sapd is nie sleg nie net pateties omdat die wet hulle verhoed om iets te doen

Pik ·

Ek vra maar nog steeds waar is die “weermag” te siene betaal elke maand belasting om deur almal beskerm te word maar dis net polisie en die res aanskou net

Victor ·

Ek is doodseker dat as dit op só ‘n erge punt kom dat hulle die weermag moet inroep, kan ons regmaak vir groot en ek bedoel GROOT moeilikheid…! ‘n Burgersoorlog of iets in daai lyn… maar dalk is dit nodig…dalk moet hulle vir ‘n slag sien dat hulle nie kan brand en breek en plunder soos wat hulle wil en dink hulle kan daarmee wegkom sonder enige strafregtelike optredes nie…

Jakobus ·

Victor, ek het al ‘n maand gelede gewonder waarom die weermag nie ook ingeroep word nie. Dis toe die grootkoppe vergader het en daarna vertel het hulle gaan nou nie meer nonsies vat nie. Maar nou wonder ek, veronderstel dit word gedoen en die studente sit die weermag op hul plek? Dit sal darem ‘n erge verleentheid wees. Dan kom die vraag op, het ons nog ‘n weermag? Ek sal my ‘n papie lag as die manne op Tuks met ‘n duikboot opdaag om die onluste te bestry.

Ou Ystervark ·

Hoe op aarde kan die STILLE MEERDERHEID Suid-Afrikaners enigsins toelaat dat ‘n kleine kriminele minderheid en politieke aktiviste die ontevredenheid van studente uitbuit? ‘n Geval van die stert wat die hond swaai!

Die STILSWYENDE MEERDERHEID van ons bevolking moet nou ruggraat en murg in hul pype kry en in die openbaar hul monde oopmaak en OPENLIK die SAPD steun. Skrywe in die koerante dat julle die polisie ondersteun. JUST DO IT! KRY LEWE!

Ons varkerasies is keelvol vir al die stilswyende meerderheid wat alewig kla en fout in die lewe vind maar niks self doen nie. Kyk net na Nazi Duitsland se geskiedenis.

Help die polisie deur byvoorbeeld inligting oor die kriminaliteit aan die polisie oor te dra. Steun die leierskap wat waarlik demokrasie probeer bevorder. Leer jul kinders en kleinkinders wat reg en verkeerd is. Respekteer waardige en eerbare onderwysers, verpleegpersoneel en ons polisie.

Paul ·

Dit lyk vir my iemand by die Walter Sisulu Universiteit het die regte resep ontdek. Die nuwe resep moet nou net landwyd toegepas word.

Johann ·

Nou waarom gaan sluit hulle nie die aktiviste, voorbokke en brandstigters op Robbeneiland toe nie? Dis mos al voorheen gedoen, jare gelede.

Louis ·

Die hele situasie maak my siek! Ons het `n Polisiemag waarvan die tande so getrek is dat kriminele kan brand, vernietig, intimideer, uitlok en doen net wat hulle wil. En die slag as die Polisie wel ietwat optree, is hulle weer skuldig aan hardhandige optrede. En dan gaan die vernietiging en afbreek die volgende dag net weer voort en begin die proses van vooraf. Studente word in hegtenis geneem vir onwettige optrede en is `n dag of wat later weer op straat om voort te gaan met hulle onwettige aksies. Studente woon in universteitskoshuise en beplan van daar af al hulle aksies, want die reg is boonop aan hulle kant. Maar as die reg `n interdik teen hulle onwettige optrede uitreik, word daardie selfde reg weer geïgnoreer deur die onrusstokers en opstokers. Maar die universiteite moet wel die reg gehoorsaam, so ook die Polisie wat die ergste vorme van geweld nie in gelyke mate mag beantwoord nie. Hoe gaan daar ooit weer ordentlike wet en orde in ons land kom?? En hierdie chaos lê ek direk voor die regering se deur. Wie geweld saai, sal geweld maai.

Lance ·

Nou word daar vewag om vir die ene wat geen respek vir wet en orde n werk te gee ….jammer maar dit gaan nie gebeur nie …hoop regtig sy naam kom uit !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.