Polisie sê oor ‘gebrek aan voertuig’ ná plaasaanval

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die polisiediens het bewys dat hy nie erns het met landelike beveiliging nie, het die VF Plus gesê ná die voorval die afgelope naweek waarin Simon Makhotha, ʼn 77-jarige voorman op ʼn plaas naby Zastron in die Vrystaat, aangeval is en die plaaslike polisiekantoor nie ’n voertuig beskikbaar gehad het om die toneel te besoek nie.

Die VF Plus het gereageer nadat omliggende boere Makhotha ná die aanval om hulp moes snel toe die polisie glo nie by die misdaadtoneel kon uitkom nie omdat daar na bewering nie ʼn voertuig beskikbaar was nie.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat twee voertuie wel na die misdaadtoneel gestuur is, waarvan een die landelike veiligheidsvoertuig was. Volgens haar het die stasiebevelvoerder ook in ʼn private voertuig na die plaas gegaan.

“Daar is wel voertuie wat om verskillende redes meganiese aandag nodig het. Dit is normaal aangesien voertuie van tyd tot tyd onderhou en herstel moet word. Dit belemmer egter nie dienslewering nie,” sê Mbambo.

Mbambo sê as deel van die versagting van die onbeskikbaarheid van sommige voertuie word die landelike veiligheidsvoertuig gebruik om nie net die plase nie, maar ook die hele polisiëringsgebied te dek.

Volgens haar gebruik die stasie gebruik tans drie voertuie, waarvan twee die misdaadtoneel besoek het.

Pieter Groenewald, die VF Plus-leier, sê dit is onaanvaarbaar dat daar nie ʼn voertuig beskikbaar is vir ʼn ernstige plaasaanval nie, terwyl die publiek gereeld sien hoe polisie-mannekrag vermors word om leë strande te patrolleer.

Groenewald sê die party is bekommerd dat die polisie se nasionale landelike beveiligingsplan, wat teen 31 Augustus verlede jaar in werking gestel sou word maar toe weens die Covid-19-pandemie op ’n sylyn geplaas is, nie meer ’n prioriteit is nie.

“Infrastruktuur en mannekrag is twee van die belangrikste komponente van die beveiligingsplan en dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat daar klaarblyklik geen vordering gemaak is met die plan nie,” sê Groenewald.

“Die VF Plus het reeds met die afskop van die beveiligingsplan in 2019 daarop gewys dat vorige, soortgelyke planne misluk het omdat woorde nie in dade omskep is nie. Wat tans gebeur is ʼn herhaling van die vorige mislukkings.”

Groenewald sê die party dring lank reeds daarop aan dat plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad verklaar word sodat meer hulpbronne beskikbaar gestel kan word vir landelike beveiliging en sal aanhou om hom hiervoor te beywer.

Soos vroeër berig is Makhotha Sondag in die omgewing van Zastron deur drie aanvallers oorrompel, aangerand en met messe gesteek. Die aanvallers het toegang tot die plaashuis gekry, waarna Makhotha vasgebind en verder gemartel is.

Nadat verskeie items gebuit is, het die aanvallers gepoog om Makhotha in die septiese tenk van die plaashuis te verdrink. Hy is deurentyd geskop en met klippe gegooi in ʼn poging om sy kop onder die rioolwater te hou.

Die verdagtes het daarna te voet gevlug.

Makhotha het hom teen dagbreek losgewikkel en ʼn buurman se werkers het hom gevind en hulp ontbied. Hy is kort daarna in ʼn hospitaal op Zastron opgeneem.

Volgens Mbambo is ʼn sonpaneel, kombuistoerusting en kruideniersware gesteel wat later in ʼn oop veld gevind is.

Niemand is nog in verband met hierdie aanval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis voorwaar onaanvaarbaar en ‘n baie slegte verskoning! Sorg vir ekstra voertuie en maak seker dis in werking regtig. Dit vat nie ‘n professor om aan dit te dink nie regtig gggmmmfff. Patesiese diens en nooit van enige hulp nie ne Cele jou trots darem pffft

Minion ·

seker buite restaurante gesit en wag om te kyk of hulle toemaak of drank verkoop sodat hulle dalk iemand kan arresteer… Jy weet. Dan dis baie baie belangriker as om plase en boere te beskerm.. sic..

Keelvol ·

Dis omdat die mense in die land ongehoorsaam is. Die aanval plaas ek die skuld voor elke Suid- Afrikaner wat nie wou ag slaan die COVID-19 nie. Volwassenes moet mos soos kinders opgepas word.

Raakvatter ·

Uhm Johan, wat het ongehoorsame mense en Covid presies uit te waai met ‘n plaasaanval en geen polisie voertuie? Maar ek sien jy meld dit by elke berig.

marius ·

Die boere wat hom te hulp gesnel het kan seker bevestig of die “landelike veiligheids voertuig ” voor hulle daar was

Wilhelm ·

Solank ons dit net nie op die strand waag, of na 9pm gaan baba melk koop nie.
Het enige iemand nog respek oor vir die SAP?

Keelvol ·

As jy nie respek vir die SAP het nie, het jy nog respek vir die wette in die land. As ek so kyk hoe julle te kêre gaan dan het julle duidelik nie. Omdat mense nie gehoor wil gee op die COVID-19 nie moet hulpbronne gebruik word om hulle soos kinders op te pas. Die plaas aanval rus op elke een se gewette wat die COVID-19 aflag.

Anne-Marie ·

Johan, duidelik het jy geen idee wat aangaan nie….!!

Retha ·

Seker nie nodig dat 6 gewapende polisie die strand geniet nie. Die naweek self iemand van verkeersdepartement met sy voertuig se oop deure die seelug op ons plaaslike strand naby George geniet. Wat soek hy daar as daar reeds 6 Polisiemanne die strand en langs die water paradeer, terwyl geen ander mens in sig is nie. Hul misbruik hul magsposisie.

Pieter ·

Die land het sy gaai gesien en klaar. Daar is nog hoop die as hoop.

Pierre ·

Maar daar is meer as genoeg voertuie om gevaarlike vakansiegangers mee te wil arresteer…

Pietertjie ·

Siestog. Kan hulle nie beter verskonings begin uitdink nie?

Petrus ·

Ons almal weet hulle kan glad nie beplan nie, hoekom daar nie voertuie bekikbaar was nie, is miskien was polisie voertuig eerste op toneel

Johan ·

Die polisie praat loutere nonsens. Hulle het al vir maande as dit nie jare is nie voertuig tekorte op Zastron en dis nie al nie. Die ambulaans diens bestaan ook nie. As jy bel vir ‘n werker wat siek is dan daag hulle net nie op nie. Die boere moet self die siek mense dorp toe vat.

Ky hoe lyk Zastron se strate. Die sypaadjies is vol rommel en die bossies staan heup hoogte. Daar is meer slaggate as binne in a gwarrie gat. Die staats geboue val uitmekaar uit. Die pad oppad hospitaal toe is so sleg dat mens amper nie daar kan ry nie.

Die eens mooie Vrystaat dorp is so vervalle dat jy dit nie kan glo nie.

Die boere betaal grond belasting wat die instanthouding van grond en teerpaaie insluit maar dit gebeur ook nie. Die grond paaie is slegter as die slaggat teerpaaie in die dorp. Die dreinerings pype is oopgeskraap en/of verstop en op meeste van die plekke loop die water oor die pad inplaas van deur die pype.

Ens, ens, ens.

Jr ·

Sorrieee I kan’t send out de van as it ies in de Cape Town on holliday by de beach.

Genis ·

Altyd n verskoning..vermos die belasing betaler se geld…skaf meer voertuie aan dis maklik… moet my nie vertel dar n polisie stasie in vandag se tyd, met die hele Afrika in SA, net 3 waens het nie… maak nie sin nie? Skool het 1500 kinders maar net een onnie… 1 + 1 = ?

Regverdigheid ·

Altyd n verskoning want voertuie word vir eie gebruik gebruik

Piet parys ·

So maw as daar nie meer n diens verrig word nie WORD JULLE ” DIENSTE ” NIE MEER BENODIG NIE . JULLE IS AFGEDANK of sit julle net en word dikker en dikker terwyl die mense wat julle moet dien julle salaris betaal???

My siening ·

Cele tel sand korrels op strand met alle vervoer middels het nie tyd vir misdaad nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.