Polisie sê oor ‘motor wat skoolmeisies teister’

Argieffoto

Die polisie in die Vrystaat het gesê hy wil die feite weergee na aanleiding van gerugte wat die ronde op sosiale media doen oor ʼn motor wat na bewering skoolmeisies in Bethlehem ontvoer.

Genl.maj. Jan Tsotetsi, bevelvoerder van Bethlehem, het gesê tot dusver is twee onverwante voorvalle oor skoliere by die polisie aangemeld. “Albei voorvalle is deeglik bestudeer en daar is in hierdie stadium geen positiewe verband tussen die twee voorvalle nie.”

In die eerste voorval op 9 Junie, was ʼn 16-jarige tienerseun omstreeks 14:00 op pad huis toe van sy skool in Bohlokong toe twee onbekende mans hom agtervolg het. Sy skoolsak met sy handboeke en ʼn selfoon is gegryp voordat die verdagtes in ʼn silwer motor gevlug het.

ʼn 14-jarige seun het op 13 Junie in Bohlokong gestap toe twee mans hom omstreeks 16:00 genader het. Die verdagtes het ook sy selfoon gegryp voor hulle in ʼn wit motor gevlug het.

“Ons vermoed dat die inligting van die voorvalle wat op sosiale media rondgestuur is, daartoe gelei het dat persone dink dat meer as twee voorvalle aangemeld is. In albei voorvalle is seuns geteiken, nie meisies nie, en die meisies word dus nie geteiken vir ontvoering, verkragting of mensehandel nie. Albei voorvalle het helder oordag plaasgevind, in die straat en nie naby die skool nie,” het Tsotetsi bygevoeg. “Daar is ook baie duidelike verskille in die beskrywing van die motors.”

Hy het gesê hulle doen ʼn beroep op die publiek om verantwoordelik op te tree op sosiale media en dat gerugte nie sonder enige feite rondgestuur word wat paniek saai nie. “Verdere spekulasie sal vrees inboesem by leerlinge en ouers. Hulle moet die polisie vertrou om hulle te beskerm, en om hierdie sake deeglik te ondersoek en die betrokke oortreders in hegtenis te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Luna ·

“Hulle moet die polisie vertrou om hulle te beskerm”? Hahahahahahaha!!!!

Amelia ·

Luna, die presiese woorde het deur my kop gevlieg nog voordat ek jou comment gelees het.

M ·

HOE KAN HUL ONS WIL ” BESKERM” AS HELFTE VAN HULLE SELF AGTER DIE DEUR VAN MISDAAD SIT…EK HET MY NOU SELF AMPER LAM GELAG VIR DAAI OPMERKING!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.