Polisie sê oor ondersoek ná plaaswerker sterf

Argieffoto: Maroela Media

Die polisie in Limpopo sê hy is steeds besig om ondersoek in te stel oor die presiese omstandighede van die fratsongeluk toe ʼn werker Sondag op ʼn plaas noord van Lephalale (Ellisras) gesterf het toe hy homself per ongeluk met ʼn pylgeweer geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het Maandag bevestig dat ʼn saak van strafbare manslag in verband met die voorval aanhangig gemaak is. Die polisie het aanvanklik net ʼn geregtelike doodsondersoek begin, maar dit is intussen na strafbare manslag verander.

Mojapelo het vroeër gesê nog bykomende aanklagte in verband met die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer kan later bygevoeg het, maar hy het Maandagmiddag gesê dit is nie meer die geval nie.

“Die moontlikheid dat hierdie klagtes teen die boer gebring kan word, het nou weggeval, aangesien pylgewere in 2000 dereguleer is en ʼn persoon nie meer ʼn lisensie nodig het om so ʼn geweer te besit nie,” het hy gesê. Hy het gesê die saak van strafbare manslag is egter steeds aanhangig gemaak “omdat die boer ʼn gevaarlike wapen aan die oorledene oorhandig het wat uiteindelik tot sy dood gelei het”.

Maroela Media het vroeër berig ʼn buffel het uit sy kamp op ʼn plaas in die Saamboubrug-distrik ontsnap en deur ʼn draad gebreek na ʼn buurman se plaas waar Tineyi Derrick Maringine, ʼn 30-jarige Zimbabwiër, gewerk het. Die 45-jarige eienaar van die buffel en een van sy werkers, ʼn 28-jarige man, is na die buurplaas om na die buffel te gaan soek. Maringine het hom by hulle aangesluit.

Mojapelo het gesê Maringine het homself omstreeks 09:00 glo per ongeluk met ʼn pylgeweer geskiet terwyl hulle na die buffel geloop en soek het. “Hy het onmiddellik begin bewe en is na ʼn hospitaal in Polokwane gehaas. Hy het teen 12:00 gesterf, oënskynlik weens die effek van die stof wat gebruik word om die dier mee te verdoof,” het hy gesê. Die saak is toe by die polisie aangemeld.

Mojapelo het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem of amptelik aangekla nie. Hy het gesê wanneer die ondersoek afgehandel is, sal die saak na die direkteur van openbare vervolging verwys word om te besluit of enigiemand vervolg moet word. “As polisie beveel ons ʼn aanklag van strafbare manslag teen die boer aan,” het hy gesê.

Mojapelo het gesê die polisie is nog besig om ondersoek in te stel om te bepaal watter verdowingsmiddel in die pylgeweer gebruik is en waar dit vandaan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

willie ·

ñ onskuldige ongeluk, hoop tog nie die rassekaart speel weer ñ rol nie! simpatie met die oorledene se familie en die boer!

Francois ·

Die rondrrappery om te sien hoe die boer aangekla kan word is uit vernyd en is weer voorbeeld van staatsterrorisme teen boere. Patetiesmaar baie kommerwekkend. Is dit hoe die polisie dan ook plaasmoorde beskou. Dis die boer se skuld hy is vermoor.

Domvraag ·

Lyk na n fratsongeluk en nou word redes gesoek om die boer aan te kla.

Reels is reels ·

NEE, die boer mag gladnie in besit van die skedule 5 en 6 middels wees nie. Noodmiddels is beskikbaar en sou die man opleiding gehad het sou hy die werker maklik kon red. Hy het dalk skelm met middels gewerk waarvan hy niks weet nie, dit het n man se dood veroorsaak. Klasieke manslag, duidelik soos daglig.

Piet Snot ·

Reels, ek hoop jy’s sarkasties. Want ernstig kan geen regdenkende mens sulke spekulerende twak kwytraak nie.

Alwyn ·

Ek moet ongelukkig saam Reg stem, die boer sal moet verduidelik hoe hy skedule medikasie by hom gehad het. Indien hy dit by veearts gekry het sal veearts by SAVC aangegee moet word want slegs veeartse mag sulke middels hanteer. Dus kan die boer aangekla word dat hy onwettig inbesit was van medikasie.

Schalk van der Merwe ·

Mojapelo ken duidelik ook nie die die omskrywing van ‘n gevaarlike wapen nie. Volgens Wet 15 van 2013 is ‘n gevaarlike wapen “‘‘dangerous weapon’’ means any object, other
than a firearm, capable of causing death or inflicting serious bodily harm, if it was used for an unlawful purpose.” Dit is dus afhanklik van die voorwaarde.
Hy het seker maar gedut in die klas toe wet vir alle polisie beamptes aangebied is in 2013.

Carel ·

Reëls is reëls maar ongtlukkig geld reëls in die land net vir wit mense

pieterdp ·

Dit is belaglik. N ongeluk is n ongeluk. Die boer sou nie die aperaat vir die werker gegee het as hy nie met die kon werk nie. Ek glo die werker was vir troud met pyl geweer en het die al voor heen gebryk. Dis was die n bloote ongeluk.

JohanP ·

Met ander woorde…..as die Boer vir die werker n bly gee om mee hout te kap en Hy lap homself raak en bloei dood is die Boer skuldig aan strafbare manslag. Dis belaglik.

Andreas ·

Die polisie moet slegs ‘n geregtelike doodsondersoek doen. Die hof bepaal dan of iemand verantwoordelik gehou kan word vir die man se dood. Selfs Mojapelo se verwysing na die Wet op die Beheer van Vuurwapens is belaglik. Die wet bepaal duidelik dat die soort wapen uitgesluit is van die definisie van ‘n vuurwapen (Artikel 5). So ‘n instrument val ook nie onder die wet op gevaarlike wapens nie. Dit is bloot ‘n werksinstrument. Volgens al die verskillende weergawes van die voorval wat oor die afgelope twee dae in verskillende koerante geplaas is, is dit duidelik dat die man homself raakgeskiet het en nie iemand anders nie. Die geregtelike ondersoek sal vrae moet beantwoord soos _ het die oorledene opleiding in die hantering van die wapen ontvang, het hy dit voorheen gebruik? Wat was die presiese omstandighede – Soos bv het hy geskrik, was hy self nalatig, hiet iemand hom gestamp of het hy gestruikel ens ens. Was dit van hom verwag om die instrument vas te hou of moes hy dit gebruik?

Die voorval moet ook by die Departement van arbeid aangemeld word as ‘n arbeidsongeluk.

Is hierdie nou weer een van daardie gevalle waar die polisie ‘n vinnige sukses wil bewys onder politieke druk?

Die riglyne in die polisie is duidelik. Volg dit net vir ‘n slag en hou op om belaglikhede in die media kwyt te raak.

jannie ·

Daar sal iets gesoek word om die boer te vervolg….hulle sal alles probeer om weereens n vooerbeeld van die boer te maak…..dubbelle standaarde.

Wonder maar net ·

Ek twyfel nie dat dit n ongeluk was nie maar kan nie help om te wonder hoe al die manne wat die ou wil beskerm sou reageer het indien hulle seun of dogter sou sterf a.g.v. nalatigheid nie. Kom ons leer te minste uit die tragedie voordat ons die rasse kaart speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.