Polisie sê oor ‘ontvoerings by skole’

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vandeesweek gesê bewerings wat op sosiale media die ronde doen dat kinders by skole en kleuterskole in Pretoria ontvoer is, is onwaar.

Daar is tans verskillende inskrywings van dié aard wat op sosiale media versprei word, maar in een van die inskrywings word beweer ʼn Toyota Quantum-voertuig word deur die ontvoerders gebruik om die skoolkinders te teiken en te ontvoer. Nóg ʼn inskrywing beweer die kinders word vir moetie-doeleindes ontvoer. ’n Boodskap wat ook die ronde doen, beweer sewe kinders is in Soshanguve by ’n laerskool ontvoer.

Die SAPD se Tshwane-Noord-groepering het in ʼn verklaring bevestig dat daar geen waarheid in die gerugte steek nie. Volgens die verklaring is daar geen ontvoering van kinders aangemeld by enige van die polisiestasies in Akasia, Dube, Ga-Rankuwa, Hammanskraal, Loate, Mabopane, Pretoria-Noord, Rietgat, Soshanguve of Temba nie.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale woordvoerder vir die SAPD in Gauteng, het ook aan Maroela Media gesê hy dra geen kennis van enige sodanige ontvoering van skoolkinders in die provinsie nie.

Die polisie het in die verklaring die verspreiding van valse inligting op sosiale media veroordeel en gesê die gerugte het tot gevolg gehad dat talle ouers onlangs by ʼn skool in Soshanguve opgedaag het om hul kinders te kom haal en sodoende die skool se eksamenrooster ontwrig het. “Valse berigte plaas onnodige druk op belastingbetalers omdat staatshulpbronne en tyd gebruik word vir iets wat nie werklik bestaan nie,” lui die verklaring.

“Die SAPD waardeer die gebruik van sosiale media as ʼn manier om vinnig met die publiek te kommunikeer en inligting te deel. Ons veroordeel egter die verspreiding van onwaarhede, fopnuus en onbevestigde bewerings wat onnodig paniek in ons gemeenskappe saai. Ons doen ʼn beroep op sosialemediagebruikers om nie hierdie ongegronde en kwaadwillige bewerings te versprei nie.”

Lees hier meer vir wenke om tussen ware en fopnuus te onderskei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elsa ·

wat is die doel om te lieg? sjoe vrees word gesaai en die sondebokke loop los…msg dié mense gearresteer word …..nee genade doen iets beter en gaan soek werk

Lou ·

Daar was al voorheen sulke twak gesirkuleer. Dit skep ernstige probleme. Die beste ding wat mens kan doen is om die inligting na te gaan voordat jy dit verder in die kuberruim aanstuur.

Sarel ·

Sulke stories kan net onstaan en versprei word deur mense wat nie self kyk na die feite nie en blindelings dit forward vir al wat n selfoon het.

Pieterlewismuts ·

Wil huil van verontwaardigheid.
Ek haal aan “Valse berigte plaas on nodige druk op belastingbetalers omdat staatshulp bronne en tyd gebruik word vir iets wat nie bestaan nie”.
Twee redes vir my verontwaardiging.
1 As daar n.REGTIG WESENTLIKE HUIDIGE probleem bestaan dag die polisie of doodgewoon nie op nie of enigiets van drie uur tot drie dae later eers op.
2.Dit is algemene kennis dat staatshulpbronne en tyd wyd aangewend eord vir die verryking van ELITE staatsamptenare.

WW ·

Vriende, ek wil nou nie paniek saai nie maar as ouer neem ek enige “bevestiging” wat positiewe vordering probeer uitbeeld vanaf onse SAPD met ‘n knippie sout.
Daar was VANDAG ‘n omsendbrief van ons hoërskool in Randburg wat waarsku dat daar pogings tot ontvoering was asook bevestigde gewapende roof van leerlinge in skooldrag. Die verskillende tye wat leerlinge eksamens skryf en in verskeie gevalle vir hulle werkende ouers moet wag om opgelaai te word, terwyl daar mos nou minder normale beweging by die skole is, is vir hierdie boewe ‘n geleentheid tot misdaad.
Ek sal maar liewer versigtig wees en my kind dit op die hart druk om te alle tye binne die skoolgrond te wag. Hopelik luister sy vir my.

Ek ·

Mens weet regtig nie meer wat om te glo nie. Ek voel ook wees liewer bangjan as dooiejan

Gevolge ·

Die gevolge hiervan kan wees dat daardie dag wanneer iets werkliks verkeerd loop die betrokke instansies dit wéér as vals inligting gaan aanvaar en dan . . .

Anoniem ·

Sê die mense wat staatsvoertuie, staatspetrol en dus staatsfondse misbruik om inkopies by winkelsentrums in werkstyd te doen, of hulle vroutjies en kindertjies werk en skool toe te neem?? Vee maar eers voor julle eie deurtjie hoor! Nietemin, vals berugte is ‘n euwel tog is my kind wel deur mans in ‘n wit Quantum in Pretoria geteister (dalk per toeval, dalk nie). So nou wonder ek, as hulle die moeite doen om haar te agtervolg, presies wat IS hulle intensie deur aanmekaar “come ride with us” en ander vieslike goed te skree? Sekerlik nie ‘n teepartytjie nie? Kom by SAPD. Die kriminele sit vir julle ore aan!

Anoniem ·

Waar dit jou kinders aangaan, kan jy nie te versigtig wees nie. Ek sal ook reageer as ek sulke stories hoor. Elke ouer moet self sy kind by skool gaan haal. Mens se kinders is jou alles en nog meer.!!!!

Faan Bosch ·

Ja kom ons glo prontuit wat die polisie se. Dieselfde mense wat jaarliks misdaad verslae publiseer om ons te laat glo hulle het beheer daaroor. Het enige iemand al in hulle karre geklim en Madidi toe gery en by die gemeenskap gaan hoor of dit waar is of nie? Nie so gedink nie…….

Steve Stephansen ·

Ek is betrokke by ‘n laerskool en baie van die stories word uitgedink tussen moeders wat al ure voor die skool verdaag, by die hekke bymekaar kom en die grootste klomp skinderstories, snert en wensdenkery versprei onder mekaar. Gaan vind liewer eers uit by die skoolhoof of betrokke person wat die waarheid is voor julle die “media” oortref!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.