Polisie sê oor vuurwapenlisensies wat verval het

Argieffoto: SAPD

Die polisie het vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, aangemoedig om die vuurwapens en ammunisie sonder enige vrees by hul naaste polisiekantoor oor te gee óf later vervolg te word.

Die konstitusionele hof het verlede maand beslis dat vuurwapeneienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, onwettig in besit van die vuurwapen/s is vanaf die datum waarop die lisensie/s se geldigheidstermyn verstryk het, en hul vuurwapens by die polisie moet gaan inhandig.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n implementeringsplan is ontwikkel om die oorhandigingsproses in bedryf te stel. Volgens Ngoepe behels die plan dat vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, hul vuurwapens en ammunisie by hul naaste polisiekantoor kan ingee en dat dié polisiestasies niemand mag wegwys nie.

“Alle vuurwapens wat se lisensies verval het, moet ingehandig word vir vernietiging. Al die polisiestasies het die nodige hulpbronne om die vuurwapens en ammunisie wat ingehandig word te hanteer.”

Volgens Ngoepe sal vuurwapens nie vir langer as 24 uur by die betrokke polisiestasie gehou word nie. “Al die vuurwapens wat ingehandig word sal op ’n aangewese plek hanteer word ten einde die risiko’s te beperk. Vuurwapeneienaars sal ’n kwitansie kry wat die besonderhede van die polisiekantoor en die SAPD 13-nommer bevat. ’n Gekonsolideerde verslag sal elke dag voor 08:00 aan die provinsiale polisiekantore gestuur word.”

Ngoepe het vuurwapeneienaars ook versoek om daarop te let dat die groen lisensiekaarte wat nie na die wit lisensiekaarte oorgeskakel is nie steeds geldig is, maar dat diegene wat van ’n groen- na ’n wit lisensiekaart oorgeskakel het nie die groen lisensiekaart as ’n geldige lisensie vir die vuurwapen kan gebruik nie, aangesien dit verval het met die uitreiking van die wit lisensiekaart.

“Geen vergoeding sal vir onwettige vuurwapens betaal word nie en dit kan ook nie gelisensieer of aan ’n handelaar oorhandig word nie. Die enigste manier om van so ’n vuurwapen ontslae te raak is om dit aan die polisie te oorhandig vir vernietiging.”

Ngoepe het vuurwapeneienaars ook daaraan herinner dat dit strydig is met die Vuurwapenbeheerwet om ’n vuurwapen aan die polisie oor te gee wat deur jou beskadig, vernietig of in stukke gebreek is.

Vuurwapeneienaars is ook versoek om die stasiebevelvoerders in kennis te stel indien hulle enige probleme ondervind.

Indien vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het nie hul vuurwapens inhandig nie, kan hulle vervolg word vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis word.

Bheki Cele, minister van polisie, het in Mei in sy begrotingsrede in die parlement aangekondig dat vuurwapeneienaars wat onwettige vuurwapens in hul besit het, weer kans sal kry om die wapens vrywillig in te dien sonder om vervolg te word.

Volgens Cele het die kabinet die vuurwapenamnestietydperk vir 2018 goedgekeur, maar daar is nie weer enige besonderhede hieroor bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Elsa ·

Gaan jul nou op die stelsel kyk watter lisensie veral het en dan vervolg ING toepas?

Sarel Bloem ·

Ek het n groen lisensie kaart wat geen verval datum op het nie en ek het nie vir nuwe een aansoek gedoen nie. Hulle praat heeltyd van lisensies wat se verval datum verstryk het. Wat nou?

Marius ·

Sarel jy is veilig met jou groen kaart net die wat ‘n wit kaart het en hom nie weer hernu het volgens die verval datum op hom kan maar gaan inhandig.

Magrie ·

Sarel die groen lisensie is nog geldig, sluit asb aan by GOSA op FB. Jy sal die regte inligting daar kry.

Sakkie@Jag ·

Indie jy ‘n groen kaart het en nooit aansoek gedoen het vir die witkaart nie is die groen (kaart) lisensie geldig. jy mag nie jou wapen beskadig of onbruikbaar maak nie_maar miskien het jy dalk in die jagveld oor jou wapen gery of ‘n rondte het vasgesit en die opvolg rondte het die loop beskadig.
Ek sou my wapen in die kluis hou tot daar ‘n amptelike sper datum aangekondig word vir die inhandiging van die wapens.

Hettie ·

Ons het niks geweet van die sodanig verval datum nie. My man se lisensies is in die kluis by die plaas tiegesluit. Toe ons dit laas naweek uithaal was ons geskok on te sien dit het verval. Daar behoort n behoorlike sper datum ingested te word. Wat goed geadviteer is. Want nou sit men’s in n panarie on wetteloos te wees . Ons sal nie ons vuurwapen lat vernietig nie.

Potties ·

Nou gaan die manne baie wapens he om mee te roof en dood hul sal nie al die wapens vernietig nie…….

Marietjie ·

Presies soos wat van tevore gebeur het. Dit is bitter onregverdig

Karen ·

Ja moet asb nie die vuurwapens beskadig nie! Die polisie wil mos nou rerig nie beskadigde wapens by die agterdeur aan kriminele verkoop nie!

Elna Kupke ·

Dink aan dieselfde, moet nie durf gebreekte wapen inhandig nie. Hulle onderskat permanent ons intelligensie

Gerhard ·

Dit gaan my verstand te bowe dat ons mense so onverantwoordelik en nalatig kan wees om hul lisensies te hernu!!!
Almal weet hoe ons uitgemoor word, en nou word ons nog gemaklik deur ons eie toedoen ontwapen!
Nee wat, ons dra ook maar skuld vir ons Volk se ondergang!

Marius ·

Stem saam Gerhard geen verskoning om hom nie te gaan hernu as jy op verlof kan gaan Desember kon jy ook jou lisensie hernu het.Julle eie te doen.

Jakalas ·

Stem 100% saam Gerhard. Dis mens se eie verantwoordelikheid om die wapen se lesensie te hernu. Party mense wil dit vir nommer 99 los, dan verval hy. Ek was eers kwaad gewees oor die beslising, maar as mens die wet gehoorsaam is daar mos nie ‘n probleem nie.

Soos jy sê, die polisie ontwapen ons nie. Ons ontwapen ons self.

Magrie ·

Gerhard as jou kar se lisensie nie vroegtydig hernu word nie verloor jy jou kar? Let ook daarop dat baie mense weggewys is deur hul DFO’s omdat almal vir die hof uitslag gewag het.

Karen ·

O hoogheilige Gerhard en kie. Weet julle hoeveel mense het probeer om te hernu maar agv admistratiewe issues kon hulle nie. Of die toue was te lank of die kantore het nie die papiere gehad etc etc. Hoogheilige Gerhard en kie ek hoop regtig nie jy mis die hernuwing van jou TV lisensie dan kom haal hulle jou TV. Jou kar lisensie dan kom haal hulle jou kar. Visvang lisensie verval vat jou vis en jou visstok. Huwelik lisensie
verval………. YOU GET THE PICTURE??????

Gerda ·

Gerhard en weet jy dat die hof niks wil weet van mense wat nou regtig in hospitaal was en ook oorsee was nie. Sê reguit dis nie hul probleem nir

Katerina ·

Jy is korrek Gerhard, in Die land behoort jou wapen lisensie – geldigheid soos jou lewe opgepas word..MAAR dis ook vie my baie suspisieus dat die regering na die hofuitspraak nie mense kans gee om dit te hernu nie. Dit sou billik wees. Ek dink die imminente grondstelery het baie te doen met hierdie onredelikheid van die regering.

Pierre ·

En intussen stroom die AK’s en ander wapens die land in maar die wat wel op die boeke is word vernietig… Hoe dink hulle?… as dit ooit moontlik is.

a ·

Dis maar net hulle manier om ons te ontwapen. Hulle dreig mos om ons uit te moor, hulle wil nie hê ons moet kan terug skiet nie

Marius ·

Ek weet nog van geen persoon wat afgekeur is omdat hy vir die nuwe kaart aansoek gedoen het maar weet van mense wat hulle wapens verloor het omdat hulle nie aansoek gedoen het.Dit is die mense se eie te doene

Stukkend ·

asb tog nie ‘n stukkende wapen ingee om vernietig te word nie?…..

bgj van der westhuizen ·

wel ons moet volgens die wet wapens in gee maar dan moet ons ook maak soos die dief koop een op die swart mark wand daar sal nou groot mark wees vir onwettige vuurwapens en nou sal daar lekker geld gemaak word uit al die wapens wat in gegee is

Magrie ·

Gerhard as jy jou voertuig lisensie nie hernu nie verloof jy jou kar? Let ook daarop dat baie DFO’s mense weggewys het omdat daar gewag was vir die hof uitspraak. Vandag is jou lisensie dalk op datum, more is daar ‘n ander rede om jou wapen te vat.

Charlotta ·

Hoop die skelms met onwettig lisensies kry ook 15jaar tronkstraf.

Tammy ·

Ja, van wanneer af konfiskeer hulle jou voertuig of jou TV of wat ook al as jy nie die lisensie hernu het nie. Se wat jy wil meneer dit is ontwapening!!!!

jankoos ·

Hoekom moet die wapen ingehandig word wat van laat jou wapen deactiveer deur n wapensmid en hang hom teen die muur?

Pietman ·

As niemand hul wapens in gee nie, Wat dan?? 400 000 mense in die tronk stop?

Grassie ·

Baie mense het gewag met hul hernuwings omdat daar hofbeslissings hangende was oor die bepalings van die wapenwet. Ongelukkig het die uitslae daarvan teen die wapeneienaars gedraai. Die regering se besluit om nou beslag te lê op daardie wapens is baie onregverdig. Weens die onsekerhede wat geheers het behoort hulle nou ‘n eenmalige geleentheid te gee om daardie wapens se lisensies te hernu. Maar ‘n
mens kan seker geen billikheid van die ANC-regering verwag nie.
‘n Bydraende faktor tot die besluit is moontlik dreigemente wat ons mense op sosiale media gemaak het dat grondonteiening met wapengeweld teengestaan gaan word. Dit sal beslis die regering laat besluit om op enige moontlike manier soveel privaat wapens as moontlik uit die gemeenskap te onttrek. En daardie mense met hul groot bekke gaan die hardste en verste hardloop as dit ooit gebeur dat daar gewapende konflik kom.

MJ ·

Die polisie gaan ‘n baie duur prys betaal indien hulle op hierdie pad voortgaan. Baie van die groot getal betrokkenes waarvan die meeste goeie landsburgers is gaan van die polisie vervreemd raak. Die vraag is of die polisie dit kan bekostig dat so ‘n groot aantal mense nie langer simpatiekgesind teenoor die polisie sal wees nie. Onsimpatieke mense loop nie die ekstra myl nie. Burgerlike goedgesindheid in hierdie tye is waardevol.

MJ ·

Die SAP gaan met hierdie optrede vervreemding tussen hulle en ‘n groot aantal goeie landsburgers bring. Simpatie, goedgesindheid en ondersteuning van landsburgers is kosbaar en dit kan nie met wette afgedwing word nie. Verontregte mense loop nie maklik die ekstra myl nie.

GM ·

Hoekom mag jy nie ‘n gebreekte wapen inhandig nie? Hul gaan dit dan vernietig (nie dat ek dit glo nie)? Maar ernstig nou, hoekom bestaan daar so wet? (Ek vra as leek).
En hoekom nie net vir almal boetes gee nie? Nou gaan die kriminele net nog meer wapens besit, en min gaan hul gesinne kan beskerm as daar iets gebeur. Ek sien in dat dit deur elkeen se eie toedoen is, maar die stappe klink bietjie drasties, en asof daar meer daaragter skuil.

Theresa ·

BAIE drasties. Veral omdat mense eers hoop gegee was dat dit nog gaan aanvaar word en skielik die teenbesluit. Sou ook dink ‘n boete sou voldoende wees. Dan kan die persoon die wapen weer lisensieer en byhou. Hierdie besluit is swak.

Anoniem ·

Wie gaan inspekteer of die slagpen nog daar is of werk????

Kalahari ·

Om die absurditeit te wys van die uitspraak is dat die wat nie die wet wou nakom deur hulle lisensies te hernu nie, nou wettig is en die ander onwettig. Dit laat mens soms twyfel aan die regters se integriteit.

Lana ·

Stem saam, Kalahari. Jy verwys nou hier na die oer oue groen lisensies wat nog steeds gelding is, maar die mense wat probeer reg doen het destyds en oorgeskakel het na die wit lisensies word nou gestraf.
Ek het niks wat verval het nie en glo ook dat dit ‘n mens se eie verantwoordelikheid is om betyds te hernu, maar wat nou hier aangaan is belaglik.
Hoekom nie nou na al die hofsake die mense ‘n kans gee om hul lisensies in order te kry?
Jy kan nie in SA sonder ‘n wapen nie! Die polisie kan glad nie waarborg dat hulle jou sal beskerm nie.

Alida 2 ·

Dit is waaroor ek ook wonder.
Moes nooit in die eerste plek gehoor gegee het en wit lisensiekaart gekry het nie.

Gerrie ·

1. Die SAPS moet asb die bepaling in die wet uitwys waar die groen lisensie verval waneer die witte uitgereik is. Daar is geen so bepaling nie.
2.Die SAPS moet die wapen by jou huis kom afhaal aangesien jy nie wettiglik dit mag vervoer na die polisiestasie nie.

Johan ·

Stem saam! Toe ek my wit lisensie uitgeneem het, is my groen lisensie nie ingeneem of vernietig nie. Nêrens in geen wet staan daar dat die groen lisensie om enige rede ongeldig word nie. Sluit aan by GOSA – kos minder as ‘n koeldrank ‘n maand! Hulle regspan het vandag ‘n dringende interdik aangevra – hulle het ons finansiële bydrae ernstig nodig!

Gerda ·

As jy jou wapen ingee, dan mag jy dadelik vir jou n ander wapen gaan koop. So gaan handig jou wapen in en as jy kan koop dadelik weer een. Vind net uit wat dit alles behels.

Magrie ·

Gerda hoe weet ons dat hierdie vervalle lisensies nie gebruik sal word om toekomende lisensies af te skiet nie. Jy is mos nou nie meer in die besit van ‘n wettige lisensie nie en dus nie binne die raamwerk van die wet nie.

GP ·

Die rede wat gegee word waarom wapens nie onwerkbaar gestel kan word nie is omdat ballistiese toetse gedoen moet word op die wapens om te sien of dit aan vorige misdade verbind kan word.

Magrie ·

Ballistiese toetse op 400 000 wapens? Ek wonder waar die wapens gestoor sal word? Met die misdaad tans in die land vat die toetse ‘n ewigheid om te doen wat nog van die ongelisensieerde wapens?

Matrys ·

Die vraag is in die parlement aan die polisie bestuur gestel oor hoeveel suksesvolle vervolgings daar was agv ballistiese toetse op vuurwapens wat in die vorige amnestie ingehandig is. Die antwoord? Presies nul! Grootskaalse ballistiese toetse was nog nooit, enige plek in die wêreld, sinvol nie, dit mors net geld en tyd.

Rian ·

Hierdie hele stelsel en prosess is n gemors.

Die bevoegsheid om n wapen te besit behoort die enigste dokument te wees wat verval. As n persoon bevoegd is moet hy wapens kan hou van die kalober in wat hy/sy bevoegd is. Die wapen se lesensie verval dan nie en n wapen kan nie ontwettig wees nie net as die persoon nie bevoegd verklaar word dan raak dit on wettig.

Jy gaan nou sit met n ou wat 3 wapens besit waarvan 1 verval het en nou skielik gaan hy vervolg word bloot oor 1 wapen terwyl die 2 ander nog geldig is – dit maak mos geen sin nie man magtag!!

HANNES lAUBSCHER ·

Kan iemand onomwonde se dat daar nie amnestie gaan wees op vervalde wapenlisensies nie, nadat verskeie vuurwapen beamptes by verskillende polisie kantore aanbeveel het dat wpeneienars moet wag totdat hofuitspraak gelewer is of jy hulle net nie op kantoor kon kry om nodige papierwerk te voltooi nie.Daar moet met minister gepraat word sodat redelikheid kan geskied. Die wapens ter sprake is vir niemand n bedreiging nie.

Magrie ·

Hannes sluit asb aan by GOSA se FB blad. Daar is dinge aan die gebeur.

Matrys ·

Net so terloops, as jy dan jou wapen MOET inhanding, moet tog asb. nie jou magasyne ook ingee nie. Die wet sê wel dat jy nie die funksie van ‘n vuurwapen mag verander nie maar na my beste wete is ‘n magasyn nie ‘n beperkte of ‘n gelisensieerde item nie, en boonop is dit tegnies nie deel van die vuurwapen nie. So hou jou magasyne, en maak dit moeiliker vd skurke sou die wapen in die verkeede hande val.

ferdi ·

Di polisie het ni di mannekrag of kapasiteit of groot genoeg kluise om jul wapens te behartig ni . Da is meer onwettige wapens op di mark as wetig

Siek en sat ·

Gaan die kriminele hulle wapens ook inhandig???? Ek glo nie.

GP ·

Dis werklik jammer die saak kan nie na ‘n hoer hof verwys word nie, was reeds in die hoogste hof, sover ek weet kan daar dan nie geapeleer word nie.
Die uitspraak maak absoluut geen sin nie. Waarom 400 000 wapens inneem? (Anders as vir misdaad)? Het meer verwag van ons regters.

6000 wapens wat ingeneem was en by Kaapse bendes beland het word steeds gebruik vir misdaad.
Wat gaan word van 400 000 wapens? Meer mense as die wapen eienaars word geraak. Erens sal ons moet begin vas staan.

Johan ·

Toe ek vroeer die jaar my lisensie wou hernu het is daar vir my geese ek mag dit nie doen nie voor die hofsaak afgehandel is nie. Wat mot ek nou doen of kan ek my wapens laat onskadelik maak en laat blok vorm want dit is erf stukke.

Kobus ·

Ek wat pligs getrou die wet gehoorsaam het en van die groen na wit oorgeskakel het nou ‘n onwettige vuurwapen in besit net omdat ek vergeet het om te hernu?????

Onwettige vuurwapen eienaar ·

daar is verskeie grondige redes waarom ‘n persoon nie betyds sy of haar vuurwapen lisensie kon hernu nie. Ek het bv. ‘n uitstaande saak teen my gehad wat na drie jaar deur die hof van die rol geskrap is deurdat die staat nie hul saak kon bewys nie. In hierdie periode het my vuurwapen lisensie verval en kon ek dus nie aansoek doen vir die hernuwing nie. Die DFO het my geadviseer om te wag totdat die saak afgehandel en dat die wapen lisensie te hernu met ‘n skriftelike rede waarom die lisensie nie 90 dae voor die verval datum hernu kon word nie Gaan my rede aanvaar word?

Flip ·

Aangaande die geldigheid van groen lisensies waar die persoon ook in besit van n vervalde wit lisensie is, hieronder die siening van Adv H van Eeden SC oor die saak:

The order that Prinsloo J issued was to the effect that “all fire-arm licences
contemplated in sub-item I of Item I of Schedule I of the Fire-Arms
Control Act, 2000 (Act 60 of 2000) shall be deemed to be lawful and valid
pending final adjudication of the main application.

The firearms contemplated are those in respect of which green licences were issued
pending the final adjudication of the main application and thus curtails the
operation of the New Act to the extent of the order. The main application
has not yet been disposed of and the order is still in place.

A perusal of the judgment reflects that the court intended to preserve the status quo and the validity of all firearm licences issued in terms of the1969 Act. The court intended to protect all green licence holders against the threat of criminal prosecution and against the deprivation of their ownership of firearms that the New Act posed.

The Minister did not seek to exclude some green licences from the order, for example where licences were already issued for some firearms under the New Act.
The order granted included “all fire-arm licences” and was thus issued
without any limitation. The order covers all green licences and no green
licence is excluded from the order.

dirk ·

ek het nog my groen kaarte ,het aansoek gedoen vir nuwes maar nog nooit ontvang nie ,wat nou

Magrie ·

Mense asb sluit aan by GOSA se FB blad. Jy gaan waardevolle inligting daar kry.

Willa ·

Ek het gisteraand met ñ grootkop gepraat in die polisie. Wag vir amnestie. Daar is te veel “onwettige” vuurwapens. Polisie het nie die mannekrag om alles en almal te hanteer nie.

Gert ·

Stem nie saam dat almal onverantwoordelik was nie. Ek weet van iemand wat in 2016 wou gaan hernu het met sowat 86 dae oor voordat die lisensie verval het maar is weg gewys met die verskoning dat daar ‘n probleem met die stelsel is en dat inligting later in die media daaroor bekend gemaak sou word. Nou sit daardie persoon met die probleem dat sy vuurwapen onwettig is en dis nie sy skuld nie. Hoe nou gemaak???

ben ·

Ek weet beslis van 399 990 mense wat nie wapens gaan ingee nie.
Kom ons wag en sien.

Anoniem ·

Toe ons ons vuurwapen se lisensie.2 maande voordat hy verval wou hernu was ons heeltyd weggewys. 2 Flippen ure somtyds meet by polisiekantoor gesit en elke keer was hulle sisteem af of die ou wat met dit werk was af! Dit het vir 2 maande so aangegaan tot ons lisensie verval het. Oor hulle onbevoegdheid moet ons ons vuurwapen aan hulle gaan oorhandig? Ek dink hulle werk eerder met n plan om ons te ontwapen!

HPV ·

Eerste stap van onteiening sonder vergoeding asook ontwapening van ‘n sekere groep Suid Afrikaners. Geen lisensies nodig vir nuwe generasie no 1 windgewere, pistole, krag en kruisboë. Bewapen jouself daarmee, dit is beter as niks.

Gustav ·

Was Dinsdag by die polisiestasie saam met iemand anders oor vervalde lisensie. Polisie het ons eenvoudig weg gewys en gese hy moet wag vir die Amnestie. Die linker hand weet nie wat die regter hand doen nie! Nogals n Kolonel.

Netso ·

Sien op hierdie platvorm van MM moet almal altyd polities korrek wees of moet ek eerder sê niks sê nie? As die staat nou onteiening sonder vergoeding met 400 000 mense se wapens gaan uitvoer? DAAR SAL NIE Ń HAAN KRAAI OOR GROND NIE! Waar is die slim mense wat nog steed sê “dit sal nooit kan gebeur nie”? Dis reeds besig!

Corne ·

Naand, indien jou lisensie verval het kan jy weer aansoek doen of wat lan mens doen om die vuurwapen te hou.

Amanda Prigge ·

Almal was gedreig met vervolging as hulle nie die wit kaarte het nie, nou dat almal wit kaarte het, is die ou kaarte skierlik geldig en word almal weer gedreig. Ek dink die staat probeer nog i manier van geldmaak. Wat is volgende, tv lisensie, bestuurs lisensie, krediet kaart, krag kaarte? Geldmaak en job creation as jy my vra

brett ·

GOSA se aansoek om ‘n Interdik is beteken. Hou op om ‘n pateet te wees en sluit aan. Ons veg vir julle regte. Wat meer wil julle he vir R100 ‘n jaar?

Rotti ·

Ek ruik n rot n groot stinkende rot hoekom mag jy nie stukkende wapens inhandig…..

Piet strydom ·

As ek nou by julle aansluit teen R100 per jaar beteken dit dat ek nie my vuurwapen sal verloor nie

willem ·

Watt gbeur as n persoon sy aansoek in 2013 gdoen ht nnnog geen lisensie ontvang ht.
Al wat hy hoor is ek sal skrywe rig n dus nou alweer 2018.

Japie ·

Die probleem is, sou jy jou vuurwapen ingee en hy word wel uitgedeel en gebruik sal ons dit nooit eers weet nie…..hulle sal dit onder die mat invee….n lisensie is n loop nie n slot kolf of slagpen nie…..vra jou self af wat sou die 45miljoen nie wapen eienaars doen in die geval….wonder maar.

Johanné ·

Julle lees mos nou hoe ontsettend baie wapeneienaars probeer het om hul lisensies te hernu en dan weggewys word met een of ander flou verskoning. Dit is mos nou ‘n baie besliste bewys dat die staat nie wil hê ons moet wapens besit nie. Die kookwater wat die paddas kook, word nou vuurwarm

Louis ·

Dié wat sê dis ons eie doen en late dat ons gewag het tot die laaste om te hernu….. was dit nie vir die dreigmente van regerings kant af om oor te skakel na nuwe tipe lisensie toe nie sou ek vandag nog n wettige lisensie houer gewees het met groen kaart lisensie. Waar is die regverdigheid daarin? Maar wat verwag mens van dubbel standaarde in die regering wat geensins eers orde en vrede kan handhaf nie. Swak stelsel en ek wag maar vir afsny datum vir in handiging.

Andre ·

Die doel van die hele proses is om ons te ontwapen! Punt. Word wakker diegene wie nog slaap!

Janosh ·

Ek weet nou nie so lekker oor die akkuraatheid van hierdie berig nie. Ek is byna 100% seker dat hierdie uiters belangrike nuus ook deur ander mediahuise gedek sou word, en ook dat die SAPS ‘n mediaverklaring hieroor sou uitreik. Ek kry nerens niks nie, ook die op die SAPS se nuusblad nie, gaan soek maar self. Iets rym nie…..

chrisjan ·

Janosh ek stem met jou saam.Iets rym nie!Dit klink vir my na ‘n goeddeurdagte bangmaak storie van die anc regering om mense na die polisie stasies toe te laat hardloop om hulself te ontwapen.Sou ek een van die’ wees wie se lisensie verval het sou ek beslis NIE my wapen vir die polisie gaan gee het nie.Ek sou hom na ‘n wapen handelaar neem daar inhandig en van vooraf aansoek doen vir ‘n nuwe lisensie vir hom .Te hel met die SAP!Hulle weet nie of hulle kom,gaan of klaar weg is nie sover dit die wet op vuurwapens betref!

JMC ·

Dit is wat nog die hele tyd my gemoed bek… bevuil. Dié wat te slap was om gehoor te gegee het om wit lisensies te bekom trippel nou doodgelukkig deur die tulpe met hulle groen lisensies, terwyl die ‘gehoorsames’ nou gestraf word. Dis nie asof 430 000 van ons eenparig besluit het om nooit weer te hernu nie, dis bloot ‘n kwessie van toe ek my oë uitvee was dit te laat. Ek het ook nog nooit my bestuurslisensie betyds hernu nie. Die hartseerste is dat ek ‘n perfekte en mooi wapen wat ek nog altyd wou gehad het en met respek hanteer het, nou net so moet ‘weggooi’. Ek is nou so kwaad ek kan ‘n renoster dood klap… met my swak arm!

JMC ·

Wel, my siening is hulle kan nie vir 430 000 gelyk kom nie, so ek gaan wag en kyk. SAGA se aanbeveling is ook om eers laag te lê tot verdere kennisgewing, maar ek vermoed hulle gaan wel een of ander tyd ‘n paar mense gryp om die res die skrik op die lyf te probeer jaag.

Koos ·

Kan Maroelamedia asseblief bekend maak waar hulle aan hierdie berig se inhoud kom?

Dít bloot omdat die SAPD nog geen amptelike aankondiging tot op datum oor hierdie sogenaamde inhandigingsproses van vuurwapens waarby vervalde lisensies ter sprake is, gemaak het nie.

Grysburger Pretoria ·

Gun Owners SA is besig om hofstukke voor te berei om ‘n interdik teen die polisie te kry om hul planne deur te voer. Sluit aan by Gun Owners SA! Kyk maar net na alle kwessies: dit is burgerregte organisasies wat sukses waarborg – politieke partye is absoluut onwillig om burgers se vuurwapenregte te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.