Polisie se opleidingsprogram aansienlik verkort

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het aangekondig dat hy sy huidige 24-maande lange opleidingsprogram vir rekrute met meer as helfte verkort het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die opleidingsprogram is tot ʼn “intensiewe” agt maande lange opleidingsprogram verkort. Mulaudzi het gesê 5 000 rekrute het op Maandag 11 April by polisieopleidingsentrums regoor die land met dié nuwe program begin.

“Altesaam 3 000 rekrute is tans besig om hul 12 maande van praktiese opleiding te voltooi as deel van die ou program wat uitgefaseer word. Dit beteken 8 000 rekrute sal reg wees om in Desember 2016 ontplooi te word,” het Mulaudzi gesê.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, die afdelingskommissaris van menslike hulpbronontwikkeling, het gesê die aangepaste opleidingsprogram het ten doel om ʼn meer “pro-aktiewe polisiëringkwalifikasie” daar te stel en aandag te gee aan operasionele behoeftes op alle vlakke. “[Die program] plaas klem op ʼn toegewyde, gedissiplineerde en professionele polisiediens wat in samewerking met ʼn aktiewe burgerskap optree.”

Mkhwanazi het gesê rekrute sal akademiese en praktiese opleiding ontvang, asook ʼn ervaringsleerfase by gemeenskapdienssentrums en polisiestasies naby die opleidingsentrums ondergaan. Die program skop af met ʼn induksiefase van een maand waarin die rekrute blootgestel word aan die basiese aktiwiteite van ʼn polisiestasie en dienssentrums.

Vroeër vanjaar het die vuurwapenbevoegdheid van polisiebeamptes onder die vergrootglas gekom nadat AfriForum gesê het dat ʼn interne ouditverslag toon dat 27 329 (17%) van polisiebeamptes landwyd onbevoeg is om vuurwapens te dra. Daarby is 7 578 (47%) van Oos-Kaapse polisiebeamptes ook nie bevoeg of opgelei om ʼn vuurwapen te hanteer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Louise Viljoen ·

Die polisiediens is alreeds so verswak dat niemand meer in hulle glo nie, selfs die werklik goeie manne word gewantrou. Wat hulle nou doen is om nog meer swak en onopgeleide mense uit te stuur om ons te beskerm en dien, grappie, te verinneweer want hulle is nou magtig.

wilma ·

Dit gaan nie help nie. Dan gaan hulle minder weet en doen maar nog steeds meer pay

Ek sê net ·

Liewe genade, hulle is reeds so “useless” nou gaan dit net nog erger word. Hulle dink reeds omdat hulle uniform dra is hulle verhewe bo die wet. Die ordentlike polisie manne wat wel nog daar is, is so in die minderheid dit help nie eers nie.

m ·

Sjoe een van die dae is dit seker net n week kursus. So versleg alles maar in hierdie land.

Koos1 ·

m, ek het my basiese SAP opleiding in1992 gedoen en dit was slegs 6 maande. Die doel van die langer opleiding was om die polisiebeampte gereed te kry deur indiens opleiding. Die rekrute was nie 24 maande in die kollege nie, hulle was by stasies ontplooi en het ‘n FTO (Field Training Officer) gehad waarmee hulle saam gewerk het. Ek dink nie dit gaan hoegenaamd enige verkil maak hoe lank hulle opgelei word nie, vir my is die gehalte van opleiding berangrik. Met die nuwe generaal by opleiding gaan die gehalte verhoog. Hy is is beroepspolisieman wat ook in die Spesiale Taakmag was, en meerste van sy opleiding in die “ou” Suid-Afrika gekry het. Gee die man ‘n kans, ek dink hy kan baie mense verras.

Jab ·

Ek sal baie bly wees as Koos 1 reg is! Dit is waarvoor ons dan bid!

Theresa B ·

From bad to worse – Ek stem saam met jou “Ek-sê-maar-net”

LTVW ·

8000 half geleerde rekrute, wat steeds nie kan skryf en spel nie. Wat steeds nie ordentlik met die publiek kan werk nie.
Ek neem aan dit is deel van die regering se planne…

Lance ·

Dalk maar beter so want dit gaan by die een oor in en die ander uit in anyway …..

Simon ·

Party mense kan jy oplei, ander moet afgerig word. Ek sien dit elke dag in die SAPD. 8 maande is te kort om hul af te rig. Hulle word geleer om met “paintball guns” te skiet. VIVA ou SAP…

Joann ·

Ag genade hul weet dan niks met die huidige opleiding nou gaan hul “sweet blou all” weet. En ??? Hul word sommer generaals. Ai onse mal land

Ruby ·

Dit klink vir my na wors-stop, hoe meer, hoe vinniger, hoe vrotter.

hercules ·

die opleiding was vir baie lank net ses maande!! koos1 ek stem!!

Rooijan ·

Ja nee dit neem nie 24 maande om iemand te leer hoe om omkoopgeld te aanvaar, polisie voertuie vir privaat doeleindes aan te wend en ongeskik te wees met die publiek nie.

Elize ·

Stem saam met Koos1. Ses maande behoorlike, kwaliteit opleiding is meer as genoeg. Hopelik word daar gekyk na ervare instrukteurs. Probleem is egter, soos ons weet, dat daar SAP lede is met kriminele rekords. Wat dus noodsaaklik is, is sekerheidsklaring vir elke aansoeker tydens werwingsproses en daarna op jaarlikse basis vir alle SAP lede.

Liz ·

Die langer kursus het beteken hulle het met n kwalifikasie die kollege verlaat. Die hoeveelheid werk en inhoud is steeds dieselfde as die lang kursus. Hulle skuet nie met paintballs soos een oningeligte persoon beweer nie . N mens kan nie hulle opvoeding verander nie , jy kan net werk wat indiens geneem is

Willie ·

Die meeste is in elk geval onopleibaar.
Ek is nie so seker of hulle afrigbaar is nie.
(Maroela my epos adres IS reg)

Liewe Heksie ·

Hkm kan die dikkes nie meer byhou nie EN MAROELA AS JY NOUWEER NIE MY COMMENT PLAAS NIE al 3 my ander comment op ander artikels geplaas en jul delete dit ander mense se comment is erger as myne HET JULLE IETS TEEM MY OMDAT EK WIT IS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.