Polisie se plan vir landelike veiligheid onder loep

Argieffoto

Die parlement se portefeuljekomitee vir polisie hou vandeesweek openbare verhore oor die Suid-Afrika Polisiediens (SAPD) se huidige strategie vir landelike veiligheid, het die komiteevoorsitter, François Beukman, Sondag gesê.

Volgens hom is dit van deurslaggewende belang om die SAPD se huidige strategie vir landelike veiligheid te evalueer en te bepaal of nog hulpbronne aan voorkeurpolisiestasies toegewys moet word.

Tydens Woensdag se verhore sal ook gekyk word na die invoering van die SAPD se strategie vir landelike veiligheid by landelike en semilandelike stasies.

Beukman sê gemeenskappe op die platteland behoort wetstoepassingsagentskappe se oë en ore te wees om te verseker dat die voorkoms van gewelddadige en kontakmisdade verminder word.

Van die organisasies wat Woensdag insette sal lewer, is die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika (Afasa), Agri-SA, die South African National Civic Organisation (Sanco) en Cosatu.

Die betrokkenheid by en probleme van gemeenskappe in GPF’s en veiligheidsforums sal ook bespreek word. Beukman sê die komitee sal die misdaadstatistieke van die boekjaar 2017/’18 as riglyn gebruik om die doeltreffendheid van die landelike en semilandelike stasies te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Spark Plug ·

Wat wil hulle hou…daar is en was nog nooit n strategie om die boere te help nie. Jy moet jouself maar help en hoop en bid vir die beste dat jy nog more leef

Robert ·

Ek aanvaar, dat agv die totale onbevoegde polisiediens, die gemeenskappe na hul eie veiligheid moet omsien. Maar wie is ons oë en ore om ons besighede te laat werk?! Ek dink ons moet alles in ons vermoë doen om die polisie hul werk, waarvoor hulle met ons belastinggeld, te laat doen. Hou aan om die onbevoegdheid uit te wys. As ons ons belasting geld terug hou en self vir ons “polisie” betaal, sal ons nie nodig hê om oë en ore te wees nie. Mnr Beukman, kry effektiwiteit terug in die polisie. Stel mense met vermoë aan, lei hulle ordentlik op, en hou húlle verantwoordelik. Ons het werk om te doen om onsself en die land se ekonomie aan die gang te hou! Met die onlangse bevorderings in die polisie, neem ek aan ek praat met my self…

Gemaskerde Sopbeen ·

In my dae was daar ‘n Kommando stelsel, gereelde kampe, skiet oefening…….en elke Kommandolid was uitgereik met ‘n R1 en twee vol magasyne…..Niks moeilikheid nie.

Jan Alleman ·

Die kommando stelsel is deur Mbeki ontbind met die belofte dat dit met ‘iets anders’ vervang sou word. Die ‘iets anders’ het nooit gematerialiseer nie. Een van die ANC se eerste leuens om blankes te ontwapen.

Peet Schabort ·

Ek verstaan dat met die moord op my swaer Attie le Roux op Reitz is ‘n polisieman minute voor die tyd gewaarsku toe die moordenaar gesê het hy is op pad om hom te gaan doodmaak. Die moordenaar (soos ek dit het) was op borg uit n.a.v. ‘n vorige poging om Attie dood te maak. Hy (polisie) het hom nie aan die waarskuwing gesteur. Ek kan net bespiegel sou Attie ‘n vuurwapen gehad het. Kom ons kyk wat met die hofsaak gaan gebeur. Wonder wat Beukman hiervan sal sê? Hoevele kere is daar op borg losgelaat en dan verkragting en moord die uiteinde? Nee-wat Beukman, los vuurwapeneienaars uit om hulself te kan verdedig en sorg eerder dat die SAPD beter opgelei is met voldoende infrastruktuur soos byv, voertuie vir patrolliewerk. Dan eers kan ons ore en oë wees.

alida ·

Too little too late!!!! Nou dat daar so baie mense vermoor, gemartel en aangeval is nou wil hulle wakker skrik. Die is mos hoe die ANC te werk gaan. Wag eers totdat daar chaos losbrand voor hulle wakker skrik. Daar moes eers 30 treine afgebrand word voor hulle besef het die spoorlyne en stasies moet beveilig word. Hoeveel mense leef in smart oor hul geliefdes wat soos diere doodgemaak is. CR besef nou dat ons afrikaners nie gaan stilbly en hierdie gruweldade van die buiteland weghou nie. Nou skrik hy wakker nadat hy so gelieg het. Ons sal hom nie laat wegkom daarmee nie.

Landi ·

Oo ja?… as ons help, as ons die boef vang en vir die polisie neem, en as die boef van die bakkie afspring en seer kry of dood gaan, gaan ONS tronk toe! Hoe moet ons nou weer help? Dit het my ontgaan.

Twakkie ·

As mens kyk na die organisasies wat gaan saampraat, weet jy dis tydmors.

Al ·

Ek stem. Dis maar n twyfelagtige groep. Wat het Cosatu daar uit te waai?
Hoekom gebruik hul nie Afriforum se navorsing nie? O ja, ek kan maar net raai – dis omdat Afriforum die wêreld vir hul warm gemaak het. Mooi so Afriforum!

John ·

Kommentaar vanaf die ware John: Hierdie uwe aksie-plan is met voorbedagte met die oog op voorgenome grondvergrype; om dit af te dwing eerder as om misdaad te bekamp. Die ou ANC-vegstroepe, en is dit werklik die oues, gaan sekerlik a la Zim die bevelvoerders wees.

Hoe nou....... ·

Ontwapen die volk voordat die grond met geweld afgeneem word……? Hoe kan ons nou weier dat dit gebeur?

Fanie ·

Baie beplanning en vergadering op vergadering waar probleme bespreek word en “commitments” gegee word deur SAPS, maar wanneer jy hulle nodig het is hulle net nie beskikbaar nie. Neem enigeiets van 4 ure tot twee dae voor hulle opdaag as hulle enigsins opdaag. Verskeie gevalle al aan die vorige minister direk verskaf maar beskikbaarheid bly probleem. As daar probleem is kan daar nie ure gewag word vir reaksie nie.

Chris Ws ·

Die hele besigheid is ‘n mors van tyd.Ons bly self op ‘n plaas.Het ons plaaswag in plek maar WEET ons kan nie op die polisie staatmaak nie.Die ou Kommandostelsel is al wat sal werk op plase MITS dit deur blankes bedryf word.Waar ‘n anderskleurige inkom loop als dood.
Wat die regering wel kan doen om die boere te help is om Burg-B radios te borg aan alle boere wat nog nie het nie.Daar s reeds ‘n effektiewe nood kommunikasie radio netwerk in plek.Brei hom net verder uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.