Polisie se regstelplan onwettig

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die arbeidshof in Johannesburg het Dinsdag in die vakbond Solidariteit se guns beslis dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se diensbillikheidplan onwettig is.

Die hof het bevind dat die plan op ʼn kwotastelsel neerkom en dus die Wet op Diensbillikheid oortree. Die plan is boonop strydig met die gelykheidsklousule vervat in artikel 9(2) van die Grondwet.

Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, het gesê die uitspraak verhoed die SAPD om voortaan onbillik teen enige werknemer te diskrimineer. “Die SAPD se onbillike regstellendeaksiepraktyke word deur vandag se uitspraak in die kiem gesmoor. Die uitspraak is voorts deurslaggewend aangesien dit die nodige regsgronde vir alle toekomstige sake van onbillike diskriminasie bied,” het Kruger gesê. “Die uitspraak beklemtoon ook weereens werkgewers se plig om hul regstellendeaksieplanne met die ter sake wetgewing in ooreenstemming te bring.”

Solidariteit het sedert 2005 verskeie sake van onbillike diskriminasie namens 12 van sy lede teen die SAPD gevoer. Die vakbond het deurgaans volgehou dat die SAPD se diensbillikheidplan nie met die bepalings van die Wet op Diensbillikheid strook nie aangesien dit slegs op die nasionale rassedemografie geskoei is. Volgens Solidariteit is daar in die proses onbillik teen sy lede gediskrimineer.

Kruger het Dinsdag gesê die uitspraak rakende die SAPD se diensbillikheidplan beïnvloed die uitkoms van 12 ander sake van onbillike diskriminasie teen die SAPD wat tans aan die gang is.

“Vandag se uitspraak van die arbeidshof is ’n reuse-oorwinning vir Solidariteit en die wete dat die howe nie die onbillike toepassing van regstellende aksie duld nie, is vir ons gerusstellend,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Magdalena Pretoria ·

Amen! Uitendelik! ! ! ! BAIE DANKIE SOLIDARITEIT! ! !

Sarie coetzee ·

Wil deel wees van al die nuus. Maroela Media dek belangrike onderwerpe. Dankie

Susan ·

Dit was hoog tyd!!!!!!!!!!!!!!!!
DANKIE SOLIDARITEIT!!!!!!!!!!!!!!!!!!Doen so voort.

Carien ·

Ag Karolis dit is mense soos jy wat erens sit en niks doen om die wereld beter te maak nie en negatief is oor alles.Woorde het skeppingskrag.Wat van jy spreek bietjie lewe?

Karolis ·

Carien, ek sien nie dat jy enige lewe spreek nie, ook nie dat daar enigsins ‘n letter in jou hele opstel is wat skeppingskrag bevat nie. Lees hieronder van die ander se kommentaar dan kots jy weer.

DPJ ·

Daar moet nog baie water in die see loop voor SAPD hulle aan die howe steur.

FC ·

Kom ons noem dit ” ‘n stap in die regte rigting”, want DPJ slaan die spyker op sy kop.

Dawie ·

Daar gaan nou tot vervelens toe geappelleer word deur die SAPD.

david ras ·

Ag wat, dan appelleeer die SAPD weer en uiteindelik eindig die hele storie voor die Grondwetlike hof , en die bevind weer die SAPD is heeltemal reg, en alles was verniet.!
Solank as Art. 9.2 n die Grondwet staan sal mens nooit die stelsel omgekeer kry nie.

Art.9.2 bepaal dat stappe geneem mag word om volle gelykheid te verseker vir almal wat voorheen onregverdig benadeel was. Solank hierdie persepsie bestaan, sal regstellende aksie. in watter vorm ookal, voortleef.
Alle wetgewing soos Regstellende Aksie, BEE ens word gerugsteun deur hierdie Klousule.

Lees mens die oorspronklike wetgewing–die onderhandelde grondwet Wet 200 van 1993 , dan staan daar (uit die Engelse weergawe) “In this section, NOTHING SHALL PRECLUDE, Steps or measures to be taken……..to achieve …..equality…etc.
Met ander woorde. die regering kan enigiets doen om hierdie gelykheids doelwitte te verwesenlik.
Ek dink die geval Renate Barnard is ‘n klassieke voorbeeld van hofsake teen Regstellende Aksie wat uiteindelik (voorspelbaar) by die Grondwethof gesneuwel het.
Jammer oor my pessimisme, maar ek meen lankal dat die wet as sulks moet aangeval word, nie die gevolge daarvan nie.
Ek kan in elk geval nie sien, hoedat Regstellende Aksie in die SA konteks toegpas kan word sonder om in Minderheids onderdrukking te verval nie.
En minderheids onderdrukking is teen die VN se handves.

Tiaan ·

Hou op negatief wees, hierdie uitspraak is ‘n oorwinning vir elke SAPD lid wat al jare in die selfde pos sit sonder enige bevordering agv rassediskriminasie

Hein ·

‘n Burgerregtegroep Afriforum het die saak aanhange gemaak en gewen. Daar is nie ‘n politieke party wat dieselfde kan doen nie. Die opposisie sit in die raadsale en kla en kan niks doen nie. Hulle word uitgestem.

Nic Grobler ·

Afriforum en Solidariteit doen positiewe dinge om ons Afrikaners se saak te bevorder sonder sinnelose en vrugtelose aanvalle op die deur God gegewe burgerlike owerheid; anders as die onder ons wat in hulle bedenklikheid agteroorsit en klae en vuur spoeg.

Liewe lulu ·

Sapd gaan hulle nie daaraan steur nie. Cyril R het mos gese die howe kan nie die regering voorskryf nie

Illa ·

Solidariteit, dankie vir jul harde en goeie werk. Die bogenoemde kommentaar kan so maklik die indruk skep dat ons ondankbaar is, maar ek dink eerlik dis nie werklik enigiemand se bedoeling nie. Ons as minderheidsgroep is net al so vuisvoos gemoker van alle kante, dat dit moeilik is om te glo dat daar nog vir ons ‘n plekkie in die son onder hierdie snikhete Afrika-son bestaan. Wanneer ‘n ligstraaltjie sy kop uitsteek, word die gordyn so vinnig toegetrek dat jy wonder of jy jou dit nie dalk net verbeel het nie. Steeds wil ek jul weereens opreg bedank vir die moeite, tyd en inspanning wat jul daarin sit om tog vir ons ‘n plekkie te probeer oop veg, organisasies soos jul is nodig. Ek hoop uit my hart dat dit nie onnodig was nie.

DIRK BOSMAN ·

Die ou Romeinse spreekwoord lui dat geregtigheid sal seevier al val die hemele.

Nic Grobler ·

Veels geluk Solidariteit. Mens hoop dit kan die pad oopmaak vir regverdige behandeling ook in die res van die staatsdiens.

Liewe heksie ·

Jip Ek ok bly maar ons gaan net vir vandag bly wees More is weer n ander storie So jammer dat ek negatief is maar dit is sA

GES ·

Baie geluk Solidariteit. Laat ons maar die waterdruppels wees wat op die ANC rots val. Die rots sal weldrae kraak en breek.

Johannes Meintjes ·

Bravo! ‘n Kreupel en politiek-gedrewe regstelplan kon nie ‘n verbeterde SAPD teweegbring nie.

alida ·

Ek weet hierdie kommentaar het nie betrekking op die artikel nie maar wil Solidariteit weereens bedank vir alles en veral hulle water projek met die droogte. Wonder maar of die Ouditeure van die Lotto al besluit het om ‘n paar miljoen te skenk vir die boere. Wat word van al daardie geld, Mens hoor daagliks van kinderhuise en oue tehuise wat onder druk is. Wat doen die Lotto daaraan? Dit is mos waarvoor die Lotto daar is, of is ek verkeerd?

Michael ·

Afriforum en Solidariteit is die enigste organisasie wat na die Afrikaans sprekende burger se regte omsien dink net as alle Afrikaanse burgers hulle finansieel kan ondersteun wat hulle dan sal kan vermag in hierdie piesang republiek waarin ons woon

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.