
So lyk die polisie se nuwe My SAPS-app.
Die polisie het Vrydag sy nuwe My SAPS-app in Durban bekend gestel in ʼn poging om die aanmeld van misdaad te vergemaklik en om dit makliker te maak vir gebruikers om hul naaste polisiestasie te vind.
Die bekendstelling van die app val saam met die aanvang van die polisie se feestyd-misdaadbekampingsoperasies.
Die app laat gebruikers onder meer toe om anonieme wenke aan die polisie te stuur oor misdaad wat reeds gepleeg is óf wat nog beplan word. Dit het ook ʼn nuttige funksie wat gebruikers help om hul naaste polisiestasie met die hulp van die foon se GPS te vind.
Die polisie sê dit laat ʼn misdaadslagoffer ook toe om onmiddellik boodskappe tydens ʼn noodgeval te stuur. Dit is op die app egter nie heeltemal duidelik waar dié funksie geleë is nie.
Die app vereis dat gebruikers met hul naam, van, selfoonnommer en e-posadres registreer. By die opsie om ʼn wenk anoniem aan te meld is daar ʼn verdere keuse waar gebruikers gevra word vir toestemming dat daar via die app met hulle daaroor gekommunikeer word, sou dit nodig wees.
Volgens die polisie word ʼn gebruiker se profielinligting nie saam met die wenk gestuur nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Niks wat die polisie doen werk ooit nie is hierdie soos altyd ook so?
Die app reflekteer nie die geografie van die land nie dit deur swartmense vir swartmense gemaak,gaan kyk self
Ten minste probeer iemand in die polisie om tegnologie in te span om misdaad te bekamp. Vir ons eie beswil moet ons hoop dat dit effektief sal wees om misdaad te help bekamp en menselewens te spaar, veral in landelike gebiede, as daar opvangs is!
Nee mense jul sien nie die groot prentjie nie. Die app sal heel moontlik geld geniereer soos advertensies in apps. Lol
Nou waar voor word hulle betaal.