Polisie se vuurwapenbevoegdheid bevraagteken

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan ʼn versoek aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens rig om die bevoegdheid van polisiebeamptes om vuurwapens te dra, te ondersoek.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, dui die interne-ouditverslag (2012) van die polisie daarop dat verskeie beamptes nie bevoeg is om vuurwapens te dra nie. “Dit stel nie net polisiebeamptes in gevaar nie, maar hou ook ʼn bedreiging vir landsburgers se veiligheid in,” het hy gesê.

Cameron het gesê hulle gaan die aansoek aan lt. genl. Khomotso Phahlane, waarnemende kommissaris van die polisie, rig ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. “Ons wil vasstel watter persentasie van operasionele polisiebeamptes wel bevoeg is om vuurwapens te dra,” het Cameron gesê.

“Die verslag maak onder meer melding daarvan dat tot 27 329 (17%) van polisiebeamptes landwyd onbevoeg is om vuurwapens te dra, met 7 578 (47%) van Oos-Kaapse-polisiebeamptes wat onbevoeg is om vuurwapens te hanteer, of nog nie daarvoor opgelei is nie,” volgens Cameron.

Volgens die verslag is 6,85% van die Wes-Kaap se polisiebeamptes nog nie bevoeg om vuurwapens te hanteer nie, 3% van die beamptes is as nie-opleibaar verklaar is en 11% het nog nie hul opleiding voltooi nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Max Berg ·

Deesdae sluit jy nie meer by die polisie aan nie. Jy koop aan . Vir bevordering moet jy n ANC Kaartdraer wees !

jakes ·

Nee kyk ek ook ‘n aap! 2012 verslag??? Sou dink dit moet maand tot maand monitering wees!

Cjan ·

As 3% van die Polisie nie opleibaar is nie, hoe moet hy of sy die nasie kan beskerm want hy/sy kan hom/haar nie eers self beskerm nie. Bou nou n nasie met so n volk.

Chris W ·

Dis ‘n skreiende skande en weer net bewys dat ‘n trop narre die land bestuur(of probeer eerder!)Die buiteland lag hulle sekerlik ‘n papie vir al die regerende party in SA se manewales die afgelope 21 jaar

Cillers ·

Maar as ék ‘n vuurwapen wil aanhou, moet ek eers allerhande toetse deurgaan en bevoeg verklaar word voordat ek ‘n lisensie kan kry. Ek dink die navraag oor die polisie moet sommer ook gerig word in verband met die sogenaamde veiligheidsdienste wat rondry met yslike wapens aan die sy as hulle geld en ander waardevolle goed vervoer.

johan ·

As hulle nie opleibaar is nie, hoe is dit moontlik dat hulle dit reggekry het om in die eerste plek vir die werk aansoek te doen. So, weereens die regte velkleur.

Meraai ·

Lyk my as jou kleur reg is en jy stem reg, kan jy enige pos kry, ongeag jou bekwaamheid om die pos te kan beklee.

Ons president loop ook met ‘n “loaded gun” en skiet gedurig skote in die donker!

Sarie 2 ·

Ek maak nie gebruik van Sekuriteitsdienste nie; vandaar my vraag… Word diè wagte /beamptes van ‘n vuurwapen voorsien? En indien wèl, hoe kundig is hulle in die hantering daarvan? Ek sou dink emosionele stabiliteit behoort prioriteit nr 1 te wees, by indiensneming… Gesien in die lig van die rasseonverdraag-saamheid; hoè seker kan ek wees dat die persoon/sone wat mý moet beskerm, niè op ‘n dag die vuur-wapen sal gebruik om mý mee dood te skiet nie… Ek wonder wat sal gebeur as daar balistiese toetse op wapens in die bedryf uitgevoer word? Maak ek dalk nou ‘n kan wurms oop?? Wonder maar net…

Jan ·

Die gewapende reaksie personeel het tipies vuurwapens. Die probleem met gewapende reaksie is eenvoudig dit – opleiding en veral ammunisie is duur. So die wagte kry dikwels net die minimum wat die wet vereis, en oefen maar baie selde daarna. ‘n Sportskut en kan maklik 300 rondtes pistool in ‘n kompetitsie of oefensessie uitskiet, ‘n wag doen dit dalkies in ‘n jaar.

JWK ·

SAPS het nie meer vuurwapens nodig nie. Hulle lewer nou ‘n diens aan die gemeenskap, anders sou dit “SA Police Force” geheed het en nie “SA Police Services”. Maar nou ja, skiet kan hulle net so min as dienste verskaf. Dis hoekom ons nou GPF’s en CCC’s het en patrolies moet ry in ons woonbuurte. Selfs die sogenaamde “Armed Responce” het meer opleiding nodig. Hulle skiet jou in jou eie bed!!

Jan ·

Dis ook nie net die aanvanklike opleiding nie, mens moet gereeld oefen om ordentlik te kan skiet – veral met handwapens. Die opposisie kan gerus in die parlement vra hoeveel patrone per lid word vir oefening begroot.

thelsa ·

Dit is my grondwetlike reg om deur die Staat beskerm te word. Dit is die rol en funksie van die Staat om sy burgers te beskerm. Ek betaal belasting om dit te befonds. Indien dit nie gebeur dat die Staat sy burgers beskerm nie, sal ek dit self doen. Sekuriteitsmaatskappye is volgens my mening ‘deel van die misdaad’ in ons land. Hulle bestaansreg is te danke aan misdaad en daarom maak hulle staat op Jan Publiek se ondersteuning. Indien Sekuriteitsmaatskappye baie goed funksioneer, dan posisioneer hulle hulself uit die mark uit want dan is daar nie meer ‘n vraag na Sekuriteitsdienste nie. Hoekom sal ‘n bedryf himself uit die mark uit werk? Die beginsel van meedingbaarheid en vraag na ‘n spesifieke diens verval dus as Sekuriteitsmaatskappye hulle soo goed an hulle taak kwyt. In teenstelling hou Sekuriteitsmaatskappy misdaad so ‘onder beheer’ dat hulleself nog ‘n rol het om te speel en hulle dienste nog in aanraag is anders verval die markbehoefte aan Sekuriteitsdienste. Maar verder gaan dit goed in hierdie land en het ons nie enige ernstige probleme nie :-(

NEL ·

Ian , terwyl jy so ingrawe in die patetiese polisiediens van S.A. laat ons sommer die nuwe statistiek kry oor hoeveel vuurwapen by die tyd verlore is in die polisiemag. Die laaste syfers was oor die 3000 en dit was al tien jaar gelede.

humor ·

Ons weet ook nie so mooi of hulle beter moet skiet nie, want sien met al hul onbevoegdheid en onderskeidingsvermoe kan hul op die verkeerde party losbrand. Die wat onopleibaar is moet weg. Maar ai tog hoe stel hul dit tog vas?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.