Polisie se weergawe van Malema-voorval

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Gautengse polisie het Woensdag met inligting vorendag gekom in verband met ʼn voorval waarin Julius Malema, leier van die EFF, beweer hy is Sondagaand in Sandton deur polisiebeamptes geïntimideer.

In ʼn verslag aan die nasionale polisiekommissaris word gesê dat beamptes van die metropolisie en blitspatrollie betrokke was in die voorval waar Malema se motor Sondagaand omstreeks 20:45 by die Grayston-afrit van die pad af getrek is.

Volgens die verslag is die polisie en metropolisie in Gauteng op hoë gereedheidsgrondslag geplaas ná ʼn vlaag bewerings dat ongemerkte voertuie met blou ligte by kapings betrokke is.

“ʼn Lid van die metropolisie was ná diens op pad huis toe, toe hy ʼn ongemerkte Golf 7 met ʼn blou lig gewaar het. Hy het met radioverbinding by die polisie se reaksie-eenheid navraag gedoen oor wie die eienaar van die voertuig is, en die resultaat was ‘onbekend’,” lui die verslag.

“Die beampte het besef dat dié voertuig ʼn Range Rover begelei en het vermoed die Range Rover is dalk gekaap. Die beampte het toe ondersteuning ontbied.”

Die metropolisiebeampte het na bewering die “verdagte” voertuig agtervolg terwyl die konvooi by die oorgang ingewag is.

“By die afrit kon die span daarin slaag om albei voertuie tot stilstand te bring, onbewus dat Malema in die Range Rover gery het en die ander voertuig hom begelei het. Die metropolisiebeampte het gesê toe hy die twee voertuie genader het, was die insittendes van albei voertuie reeds buite die voertuie saam met ander polisiebeamptes. Volgens die beampte het hy toe eers vir Malema gesien aangesien hy luidrugtig met die polisie gepraat en gevra het hoekom hy voorgekeer is en geteister word.”

ʼn Beampte van die blitspatrollie het Malema glo tot bedaring gebring en verduidelik dat hulle nie bewus was dat dit sy konvooi was nie, aangesien albei voertuie onder ʼn private maatskappy geregistreer is. “Almal het toe die toneel verlaat en in hul eie rigtings gegaan.”

Die polisie het glo op die toneel aan Malema die situasie verduidelik.

“In geen stadium is Malema geteister nie. As hy geteister was, moet hy dit by sy naaste polisiestasie aanmeld.”

Maroela Media het vroeër berig Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, het Maandag ʼn beroep op Malema gedoen om ʼn saak van beweerde polisie-intimidasie aan te meld.

Nhleko het ook ʼn beroep op Malema gedoen om die beweerde voorval by die Onafhanklike Polisie-ondersoek Direktoraat (Opod) aan te meld, sodat dié instelling dit onafhanklik van die polisie kan ondersoek.

Hy het gesê indien enige polisiebeampte nie binne die polisie se gedragskode opgetree het nie, sal teen die beamptes opgetree word.

Malema het toe beweer hy is Sondagaand in Sandton deur gewapende polisiebeamptes uit sy motor gedwing, nadat sy motor na bewering by die Grayston-afrit deur ʼn “wit ongemerkte wa” van die pad getrek en nog 10 polisiemotors binne oomblikke op die toneel was. Die polisiebeamptes het glo uit die motors geklim, hul vuurwapens op sy motor gerig en hom gedwing om uit te klim. Malema beweer hy het uitgeklim, maar die polisie het niks gedoen nie en glo net gesê “dit was ʼn fout”, waarna hy toegelaat is om te ry.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het vroeër in ʼn verklaring gesê die EFF beskou die voorval as “intimidasie” en dit is glo duidelik dat Malema deur die “vyand” agtervolg word. Ndlozi het gesê Malema was in Soweto vir ʼn vergadering en die “wit wa” het hom vermoedelik van daar af agtervolg.

“Die mense van Suid-Afrika en die wêreld moet weet die huidige regime begin gewelddadig raak. Ons sal die mense oor elke voorval inlig, want hulle moet weet in watter toestande ons sake moet doen,” het Ndlozi gesê.

Ndlozi het Maandagoggend aan die media gesê hulle beplan nie om ʼn klagte aanhangig te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Willie ·

En die privaat kar voor het n bloulig? Dis mos teen die wet, of is ek uit gevoel met die nuwe order van die dag? Dit is definitief starf en arristeerbaar?

PJ ·

So ons kan dan mos maar almal met blou ligte rondry Ek ry gereeld Pta toe op die N1 ongelooflik om te sien hoeveel ry met blou ligte aan met n spoed vinniger as n weerlistraal as daar n ongeuk gebeur is almal verbaas hoekom hulle sterf (weerligstraal)

Frederik ·

Malema het dus ook ‘n bloulig kavalkade al is hy nie eers die amptelike opposisie in die groot huis nie. Mens wonder hoe gepantser sy voertuig gaan wees as hy eendag Zuma se stoel gaan oorneem. Ek kry die idee dat, as sou hy Zuma se stoel oorneem, hy R 246 miljoen na kleingeld sal laat lyk.

Pieter.v ·

Ek wil nie hier wees as Malema die land regeer, hy is mos n aanhanger van die tiran Mugabe wat als voor hom wegvee met sy weermag en polisie,wat die kos mandtjie van Afrika verwoes het sodat die mense in Zimbabwe nou krepeer en sonder werk sit , Malema en sy volgelinge het die selfde mentaliteit as Mugabe ,hy sal die land in n rekord tyd die afgrond in regeer,vinniger as wat die anc dit ooit sal kan doen alhoewel die anc alreeds daarmee besig is.

Ria ·

Mmmm die voertuig wat hom begelei was sonder nommerplate met ‘n bloulig op!!!! My logika se die SAPS het reg opgetree. Dit kon ‘n gesteelde voertuig gewees het . Is Mnr. Malema nou vere we bo die wet? Was dit my voertuig, is ek toegesluit en beslag is op my ongelisensieerde voertuig gelê. Wat ‘n gekke paradys lol.

Theresa B ·

Dis verkiesingstyd en die “aandag” wat hulle kry is noodsaaklik! Ag siestog.

m ·

Ag wat ‘n grap!!! Vat dit van wie dit kom. Ook ma niks gewoond nie. Net soos stout kind wat aandag soek. Kry duidelik niks aandag by die huis nie.

Christo ·

Kyk die media is dol verlief op die man.As dit nie vir die media was nie het die man nie eers bestaan nie.Hy is deur die media gemaak en word nou vertroetel. Kom ons kyk wat die media volgende kan opdok vir die skapies wat dit volg

Luister ·

Hy het mos nou glo ‘n graad. Wonder hoe het dit gebeur??

Tan ·

So, as jy besluit jy is belangrik, kry ‘n blou lig en maak wat jy wil. As die polise hulle werk probeer doen om ons “minder belangrike mense” te beskerm en voovalle te voorkom dan maak die “belangrike” mense lawaai. Ons het geen beskerming teen die geweld daar buite wat HULLE veroorsaak nie. Hulle is nie beter as ons nie … maar hulle dink hulle is.

johan ·

Kalmeer Malema, nie jy of Zuma is verhewe bo die Land se wette nie, die Polisie het reg op getree, bja dankie SAP, doen julle werk en beveilig ons Land asb, nie Malema of Zuma sal dit doen nie

Delta Mike ·

Snaaks hoe julle almal kommentaar lewer oor die voorval maar almal kyk die belangrikste deel van die berig mis “Ndlozi se woorde van almal moet bewus wees van die ‘regime” wat begin geweldadig raak. Daai woorde het niks met die aftrek voorval te doen nie en is n baie duidelike waarskuwing van die EFF (wat die ‘regime’ is) Hulle is besig met baie ondergrondse beplanning om die land tot stilstand te bring deur geweld in die jaar, vir die van julle wat tussen die lyne kan lees sal weet wat aan die kom is.

Cherokee ·

Beslis is hy – veral wanneer hy nie lyfwagte en begeleiders met blou ligte om hom het nie.

Donovan ·

Ek verstaan nie baie lekker nie, minder as n jaar gelede kon Malema nie SARS betaal nie, en deesdae ry hy rond in n motor wat meer as n R1m kos… Ek dink dit is tyd dat SARS sy werk behoorlik doen soos wat ons dit in die ou dae gedoen het… reik n aanslag uit en wag om te sien wat die makker terug antwoord… As die SAPD geweldadig was of hom geintemedeer het soos wat hy beweer, sou ons gaos gesien het…. wees verseker die rooi barret bende voer iets in die mou…

Alicia ·

Mooi Donovan. Almal vergeet so gou van sy eskapades wat hy aan gevang het vandat hy te kere gaan oor Zuma se “korapshon”

Fanie Meintjes ·

Sover my kennis strek, mag ‘n privaatvoertuig nie 1. sonder nommerplate ry nie en 2. definitief nie blou ligte gebruik nie. Hulle moes die kar gekonfiskeer het op die toneel. So waar is die intimidasie? As dit ‘n onbekende persoon was, was hulle voertuig gekonfiskeer en hulle op die toneel gearresteer. Wat is die verskil Malema? Jy tart en tart net soos jou Zupta vriend en dan wil julle huil soos babatjies. Wis mekaar nou uit dat Suid-Afrika kan vorentoe beweeg. Die bloulig brigades is in elk geval in my opinie onnodig en onwettig.

Flippie ·

Wat gaan in die land?

Malema was nou die dag onder sekwestrasie. Hy skuldig SARS miljoene. En nou ry hy ‘n Range Rover. Bid jou dit aan!!!

Verder word hy met ‘n bloulig voertuig begrlei. Die blouligvoertuig is ook nie amptelik nie – behoort aan ‘n privaat maatskappy. Is dit wettig of wat?

Hoe werk dit nou in Suid Afrika. Mag my vrou my dorp toe begelei met my trekker, toegerus met ‘n bloulig en ek wat haar volg met die stroper?

Koos ·

Stem saam met Donovan . Die man is so arrogant hy sal uitvaar teen wit rasiste as hy oor sy belasting aangevat word. Behalwe die duur voertuig is daar nog. In PTA swart Mercedes E reeks splinternuut reg no EFF 2. Waar kom die fondse vandaan?

Johann Fouche ·

Al is dit Malema is hy of sy wagte, niemand is bo die wet verhewe nie. ‘n Voertuig sonder nommerplate kan nooit gewettig word nie maak nie saak wie sit binne die voertuig nie.

Johann ·

Miskien is dit ‘n goeie idee om na die kringtelevisieopnames te kyk. Dit behoort heelwat meer lig op die saak te werp.

Eilram ·

Die kar het ‘n nommerplaat gehad, hoe anders kon die polisieman probeer uitvind wie se kar dit is. Die kar was ongemerk, d.w.s daar het die SAPS op gestaan nie.

Cherokee ·

Korrek – die vraag oor die blouligbegeleiding verdien egter opvolg.

Pieter ·

Die polisie het 100% korrek opgetree. Maar waaroor Mnr Malema regtig die josie in is, is dat dit ‘n WIT wa was wat hom afgetrek het. As dit nou een van die swart BMW’s was, het hierdie nie eers die middelblad van die Diepsloot Dispatch gehaal nie.

Elizma ·

As julle my vra gaan dit vir hom meer oor die “WIT” wa!!!!!!!!!!!hahahahaha

Jen ·

Delta Mike dit wat jy se is die waarheid, al die tekens is daar en ons word al vir ‘n tyd lank gewaarsku, maar so baie kyk daarby verby. Maar hierdie Mal Emma is besig met baie groot dinge. En glo my tot Hitler sou vir hom geskrik het

Janneman ·

Maak geen fout nie, hierdie vet mannetjie is 10 maal meer gevaarlik, rassisties, korrup en korrupteerbaar as speknek.

Mugabe is sy rolmodel. Gelukkig tel sy aanhangers onder die mees ongeskoolde en hardvogstigste minderheid in die land.

Ek dink in elk geval ek is meer geregtig op bloulig begeleidig as vetseun aangesien my skoonma my haat en sy is 50kg swaarder as ek, hel ek is bang!

Joann ·

Dit is hoekom die wittes destyds hul wapens moes inhandig. Maar die destydse weermag opleiding vir wittes was baie goed,nie die gepoer poer van nou nie. Dus as die paw paw die fan strike hoop ek ons wittes kan nog die ding doen. Malema is besig met iets,mens kan dink wat jy wil……..

Joann ·

De La Rey moet die boere kom lei. Ek ruik n vet rot. Boere hou jul oe en ore oop. Moet nie enig iemand vertrou soos Piet Retief Dingaan vertrou het nie,mens kan nie hul vertrou nie en oppas van wittes is hans kakies.

Paul ·

Die kampioen van die armes. In ‘n Range Rover waarvan die goedkoopste model nuut so rapsie meer as R1,65 miljoen kos. Ja nee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.