Polisie skiet 3 ‘rowers’ dood, vang 7

Argieffoto: Phillip Bruwer

Drie vermeende transitorowers is Vrydag deur die polisie in KwaZulu-Natal doodgeskiet en sewe verdagtes is in hegtenis geneem.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het teen 06:30 inligting ontvang dat drie verdagte voertuie ʼn transitovoertuig op die N2-snelweg buite Staffords Post naby Harding agtervolg.

“Polisie-eenhede wat in die omgewing was, het dadelik gereageer en die drie voertuie, ʼn Ford Territory-sportnutsvoertuig, ʼn Toyota Hilux Legend-bakkie en ʼn BMW-sedan, onderskep,” het Gwala gesê.

Volgens Gwala dui inligting daarop dat die verdagtes die geldwa wou beroof voordat die polisie hul planne in die wiele gery het. Toe hulle deur die polisie gekonfronteer is, het hulle op die polisie losgebrand.

“Die polisie het uit selfverdediging teruggeskiet en het drie verdagtes noodlottig gewond. Sewe verdagtes is in hegtenis geneem. Een van die sewe moes onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem word vir mediese behandeling.”

Die polisie het beslag gelê op vier AK47-gewere, ʼn 9 mm-pistool en ʼn rewolwer.

Geen polisiebeampte is tydens die voorval beseer nie hoewel polisievoertuie beskadig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adri ·

En die laaste sin moet ook reggemaak word. “… skade beskadig”?

Mariné Lourens ·

Dagsê Ekwilibrium en Adri

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Anoniem ·

Mooi gedaan!!! Hoop sapd kan so flink optree in plaasmoorde en aanvalle

Jollie ·

Sal net graag wil weet as die polisie uit selfverdediging 3 dood geskiet het gaan hulle aangekla word vir moord soos wat dit met die publiek gebeur as hulle hul selfverdedig en die aanvaller dood is? Wonder maar net!!

Frederik ·

Ek merk in die laaste tyd op dat die Natalse polisie nie met die rowers speel nie, maar hul summier afmaai. Die ander provinsies se lede moet dalk bietjie advies kry in Natal.

Christo ·

Goeie inligting =uitstekende reaksie . Die SAPD stasiebevelvoerder behoort trots te wees op die lede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.