Polisie skiet 9 lede van rowerbende dood

Een van die tonele. Foto: Verskaf.

Die polisie in KwaZulu-Natal het Maandag in twee afsonderlike voorvalle nege vermeende bendelede doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van verskeie eenhede het ʼn intelligensiegedrewe operasie in Bulwer uitgevoer. Hulle het inligting van ʼn beplande rooftog in die omgewing opgevolg.

Volgens Zwane is drie verdagte voertuie in die omgewing gewaar. “Twee voertuie het die omgewing verlaat en na Bulwer en Boston beweeg terwyl die derde voertuig op die N3-hoofweg na Durban se kant gery het,” het Zwane gesê.

Die polisie het gepoog om die eerste twee voertuie by Mopophomeni van die pad af te trek.

Die verdagtes het op die polisie losgebrand. “Tydens die skietery is ses verdagtes noodlottig gewond. Die sewende verdagte is gewond en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem,” het Zwane gesê.

Die polisie het op grootkaliber-vuurwapens in beide voertuie beslag gelê. “Een van die voertuie waarop daar beslag gelê is, is in die Durbanse middestad gekaap.”

Die polisie het ook gepoog om die derde voertuig wat op die N3 gereis het naby Marianhill tot stilstand te bring. “Die insittendes van dié voertuig het ook op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en drie verdagtes noodlottig gewond.”

ʼn Vierde verdagte is gewond en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem. Daar is in dié geval ook beslag gelê op vuurwapens in die voertuig. “Al die vuurwapens sal vir ballistiese toeste gestuur word om te bepaal of hulle in die pleeg van enige ander misdade in die land gebruik is.”

Sake van poging tot moord sowel as die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie word ondersoek.

Geregtelike doodsondersoeke sal ook gedoen word na die dood van die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Middelburg ·

Ek is bly ek is nie die twee gewondes nie! Hulle gaan al die blaam moet vat en die verduidelikkings moet gee!

Jandre ·

R4 vuurwapens. Waar kom die vandaan? Serie nommers aanwesig? Ek vermoed dat die balistiese lys baie lang sal wees. Maar sal die ondersoek intern onderdruk word van hoer af, as bewys kan word dat die staat indirek self betrokke is? Geregtigheid moet seevier anders is die Poliesie niks werd op die ou einde nie, want dan bly die boswigte net kom en kom. Wie stuur hulle? Wie lei hulle op? Wie bewapen hulle? Moontlik kan ondervraging van die een gewonde ook interesante inligting oplewer.

honourable member ·

Nee wat Middelburg hulle hou hulle weer net dom en pleit onskuldig. Gaan weer net se hulle was toevallig op die toneel.

Rooi jan ·

Jip ek kan sommer hulle verklarings vir hulle maak. “I was picked up by this car while hitchhiking”.

Speedguard ·

Wel gedaan, ek is bly lede is nie beseer nie, hoop die CI word goed versorg, hy/sy het baie lewens gespaar, dankie dat julle lede julle lewe op die spel plaas vir ons jan publiek !!

Pieter ·

Dit is vir my vreeslik snaaks dat die polisie in Kwazulu natal net beter is as die in Gauteng,mapumalanga en noord kaap kry hulle beter opleiding of is hulle net meer ingestel om misdaad te bekamp of is hulle trots om polisie te wees.

johann ·

Die polisie kan net daar rondry. hulle hoef nie “crime” te soek nie. die “crime” kom na hulle toe. Elke paar tree gebeur daar kriminele dade.

Andre ·

Goeie misdaad intelligensie in KZN en goeie polisie werk. Maak skoon die land vir ‘n beter en veiliger land vir die wetsgehoorsames. Dankie.

Theresa ·

Ek kan amper trots wees om in KZN te bly tenminste is ons poliesie nog iets werd meeste van die tyd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.