Polisie skiet agt transitorowers dood

(Foto: @Abramjee/Twitter)

ʼn Skietgeveg tussen die polisie en ’n groep transitorowers in Rosettenville, Johannesburg, het tot die dood van minstens nege mense gelei.

Agt rowers is doodgeskiet en agt is in hegtenis geneem, het Bheki Cele, minister van polisie, op die toneel gesê.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het gesê ’n polisiebeampte het Maandagaand aan sy beserings beswyk. Minstens nog drie polisiebeamptes is tydens die voorval gewond.

Volgens Cele was daar ’n groep van 25 transitorowers. Daar is glo vroeër inligting ontvang dat die groep van plan was om ’n geldwa te beroof, waarna polisiebeamptes hulle begin dophou het en toe Maandagmiddag toegeslaan het. Die rowers is glo van KwaZulu-Natal, Zimbabwe en Botswana.

Opod se ondersoekers is ook na die toneel ontbied en volgens Langa is daar kort na hul aankoms reeds meer as 12 aanvalsgewere en 100 koeëldoppies op die toneel gevind.

Cele het gesê die rowers was meestal met AK47-gewere gewapen. “Ons het te doen met hartelose mense wat bereid is om te moor,” het die minister gesê. Daar is ook op verskeie gekaapte en gesteelde voertuie, wat deur die rowers gebruik is, beslag gelê.

Die rowers het tydens die voorval onder meer op ’n polisiehelikopter losgebrand en die insittendes gewond.

Paramedici van ER24 en ander ambulansdienste het kort na 16:00 op die toneel aangekom. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die agt rowers met verskeie skietwonde aangetref en op die toneel dood verklaar. Een van die rowers se liggaam is in die pad aangetref, nog twee in ’n motor en die vyf ander op ’n nabygeleë perseel.

Vier wetstoepassingsbeamptes is volgens Meiring reeds na ’n nabygeleë hospitaal vir behandeling geneem. Twee van hulle is later met lugambulanse na ’n ander private hospitaal oorgeplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Cele en sy mense is nie op gewasse tot die geweld nie, hy hardloop heel agter in die resies, maar hy wil altyd blaf as hulle iets gedoen het. Jammer maat, jy vlous niemand nie.

Hy noem hulle hartelose mense, wat is plaasaanvallers en verkragters dan? Skoonheids prinsesse?
Jy is uiters onbevoeg en het te min breinselle on hierdie werk te doen.

Magda ·

Zimbabwe, Botswana seker onwettige immigrant, dis tyd dat alle onwettige immigrant terug gestuur moet word waar hulle vandaan kom. Dan sal daar werk wees vir ons eie mense. Malema is ook n zimbabwier wat n politieke party stig on n land waar Hy ni welkom is ni, begin sommer bietjie daar ondersoek instel.

Di ·

Ja dan is Rooikappie die een wat kwytraak dat ons wittes “Besoekers” in die land is! Hy is self ook ‘n BESOEKER

Marthinus W ·

So paar jaar gelede was Rosettenville in die nuus weens xenofobiese geweld. Onder andere is Nigeriese dwelmhandelaars se huise afgebrand. Daar was protesoptogte deur ons wat daar gebly het, oor die buitelanders, maar ons is in die media afgekraak as xenofobe, rassiste, ens.

Chris ·

Die harde realiteit is en dit geld oral, jy beveg vuur met vuur. Jy gaan nie na ‘n hoenderhaan geveg toe met ‘n eend nie. Die spreekwoord lui mos, “If you live by the gun, you gonna die by the gun”. Mooi werk.

Plotman ·

Sterkte aan die familie van SAPS lid wat gesterf het tydens uitvoering van sy pligte, mag die gewonde personeel suksesvol herstel.

Lillian ·

Dis jammer dat polisielede moes seerkry en een selfs sy lewe verloor. Maar ek is bly dat die rowers hul gatte gesien het. Dié tipe ding moet meer gebeur.

Delia ·

En dit SAPS is hoe dit gedoen moet word. So jammer vir die beampte wat oorlede is en al die gewonde SAPS lede.

Witbaard ·

Jammer vir die polisiebeampte wat gesterf het en die wat beseer is.

Kensy ·

Well done!!
Dankie vir die SAPS lede wat hulle eie lewens op die spel geplaas het vir reg en geregteheid!!
Baie mese sal redeneer dat dit hulle werk is…. ek daag jul uit, kom probeer jy calm and collected bly terwyl wettelose krimenele op jou skiet met aanvals gewere dit terwyl jy aan bande gelê word deur red tape en IPOD se vergrootglas! Daardie lede almal HELDE in my oë!

Grassie ·

Die polisie het goeie werk gedoen en dit word waardeer. Ek het meegevoel met die familie van die polisieman wat gedood is. Stekte aan die beseerde polisiemanne. Ek weet nie hoeveel polisiemanne by die voorval betrokke was nie maar hulle is almal helde.

Misky ·

Pos al die buitelanders terug na waar hulle uitgekruip het, dus meer werk vir ons eie SA’ners en minder misdaad. Dis dalk min, maar ‘n begin in die regte rigting.

gpsa ·

Dis nie min nie, dit sal ‘n groot stap wees in die regte rigting.

anniekiewiet ·

Hartseer, maar dank aan daardie groep polisielede wat hul nie laat stuit het deur Cele se vrees vir dreigemente, soos wat hy gister glo genoem het nie.

Johann ·

Well done. Behalwe vir MADHATTER wat weer kom shine vang…onbevoegde magsmal hoed draende dom astrante skepsel.

Swerwer ·

Dit is verblywend om te hoor dat die SAP darem nou ook oorgaan tot aksie en die boewe uithaal. Innige simpatie en meegevoel aan die naasbetaandes en kollegas van die SAP lid wie sy lewe verloor het as gevolg van hierdie voorval. Mag die SAP voortgaan om aktief op te tree teen misdadigers, ongeag die misdaad wat gepleeg word.

gpsa ·

Alweer uitlanders…. hou op werk gee vir hulle, hulle moet almal terug gaan waar hulle vandaan kom. Wettig of onwettig, wat beteken wettig in elkgeval? Moet seker net bereid wees om in ‘n lang tou te staan. Seker al meer uitlanders in die land as blankes. Ons sny ons eie kele af om hulle hierheen te lok deur vir hulle werk te gee. Goeie werk SAPD.

SwartBees ·

Maar as mens die verpesting terug jaag huis toe dan is dit xenophobia….hoe maak mens dan?

Boon ·

Strenger grensbeheer is noodaaklik. Geen visums vir mense met vonnisse nie.

SwartBees ·

Mooi so ouens en almal betrokke wat die rowers laat sneuwl het inderdaad knap gedaan.. Ek kan gerus elke oggend begin met sulke goeie nuus.

Jammer vir die polisie lede wat in die proses gewond is, mag julle gou weer terug in julle poste wees .

Kokerboom ·

MM wat het van my plasing geword? SAP het welgedaan om land van ANC boewery te beveilig

Boon ·

Trots op polisie. Gee hulle medalsjes. Mens speel nie met sulke geharde misdadigers met Ak 47 aanvalsgewere nie., jy slaan eerste en dan hard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.