Polisie skiet drie dood

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie in KwaZulu-Natal het drie vermeende motordiewe in Malvern doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Vrydagmiddag ʼn wenk ontvang dat verdagtes ʼn motor in Mainweg probeer steel. “Die beamptes het vyf mans in ʼn VW Jetta gewaar en gemerk hulle probeer ʼn Toyota Tazz steel.”

Volgens Naicker het die beamptes die verdagtes gekonfronteer waarna hulle weggejaag het. “Die beamptes het hulle agternagesit waarna die verdagtes op hulle losgebrand het.” Die beamptes het teruggevuur waarna die verdagtes in ʼn ongeluk betrokke was. “Ná die skietgeveg kon twee verdagtes daarin slaag om te voet te vlug terwyl drie verdagtes op die toneel dood verklaar is.”

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Naicker het gesê die polisie het op drie pistole waarvan die reeksnommers afgevyl is, sowel as ammunisie en toerusting om by motors in te breek beslag gelê.

Die oorledenes is nog nie geïdentifiseer nie. “Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van vermeende gesteelde goedere.”

Volgens Naicker is geen polisiebeamptes tydens die voorval beseer nie. Die polisie soek intussen steeds na die ander verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarie 2 ·

Ek is dankbaar dat dit nie weer polisie- beampptes is, wat omgekom het nie… Die kapers /rowers /inbrekers /moordenaars, of wàt hulle ookal genoem mag word, is àlmal tot die tande toe bewapen, & dis duidelik dat hùlle niè gaan piekniek hou nie!!!

DPJ ·

Goed so SAPD julle verrig julle plig. Met sulke manne gaan die booswigte tweede kom.

Karolis ·

My gelukwense gaan spesifiek aan die betrokke SAPD Lede vir die uitsonderlike diens gelewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.