Polisie skiet drie ‘kapers’ dood

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Drie vermeende kapers is Woensdagaand in Merebank in die suide van Durban deur die polisie doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die provinsiale taakspan het omstreeks 18:30 reageer op ʼn noodoproep nadat ʼn silwerkleurige Mercedes in die omgewing gekaap is. “Die lede het die motor op die M4 opgemerk en dit agternagesit,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane het die kapers tydens die jaagtog op die polisie geskiet waarna die verdagtes die polisievoertuig van die pad af probeer druk het. “Die polisielede het teruggeskiet en die Mercedes het teen ʼn versperring langs die pad gebots,” het hy gesê.

“Die drie verdagtes het almal met wapens uit die motor gespring en op die polisiebeamptes losgebrand. Die polisielede het teruggeskiet en al drie verdagtes is doodgeskiet. Daar is op die toneel op drie vuurwapens en die gesteelde voertuig beslag gelê.”

ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen en die polisie sal ook ʼn saak van poging tot moord ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Irene ·

Dankie SAPD vir julle goeie werk nog 3 minder net jammer daar is nog baie baie daarvan

Ongelooflik ·

Ongelooflik goeie werk Polisie, sorteer hierdie klomp gemors uit! Dit is werklik georganiseerde misdaad, hul is bereid om Polisie te skiet!

charlene ·

Hoekom is dit “kapers”en nie net kapers nie. Hulle het gesteel en weg gejaag vir die polisie en op die polisie geskiet. Wat duidelik wys hulle is skuldig. Die polisie het hier puik werk gedoen, daar is baie van hulle wat goed is en wat nie altyd wil skiet nie maar hulle het hier nie `n keuse gehad nie. Maar bly julle is ongedeerd en tops vir julle diens met die een.

Piet Pompies ·

Geregtigheid het geskied, die Polisie se tyd is nie gemors, die hof se tyd is nie gemors, die tronk is minder vol, belasting geld is nie gemors, daar is 3 minder kapers en die misdaad syfer daal. Goeie werk en ‘n klop op die skouer vir die Polisie wat by die saak betrokke was.

Vissie ·

Knap gedaan! Laat die manne maar op die skietbaan oefen en oefen tot hulle só kan skiet. Maak nie saak hoeveel patrone hulle gebruik nie! Ons betaal graag daarvoor, in elk geval eerder as vir ‘n klomp ander bogtery deur die ghawwemint!

Johann Marx ·

Afrika my skewe land. ‘n Hooggeregshof regter, met AL die tyd in die wêreld, NET soveel assistente as wat nodig is, en AL die bewysstukke voor hom, mag nie die doodstraf uitspreek nie. Polisieman wat ‘n “silwerkleurige Merc sien” wat moontlik kan lyk soos die een wat beskryf is, kan ‘n vuurwapen uitpluk, die insittendes verhoor, skuldig bevind, ter dood veroordeel en die doodsvonnis voltrek…..en as hy ‘n foutjie maak?

Gerd Lourens ·

Johann. Kom ons lees weer die berig, maar stadig en met die nodige konsentrasie.

DIE POLISIE HET TERUGGESKIET NADAT DIE KAPERS OP HULLE LOSGEBRAND HET.

Kosie ·

Knap gedaan, Durban se polisie!. Dis soos REGTE polisiemanne optree!. Was daar tog net meer van julle soort!

GES ·

Puik!! Gelukkig is daar nog polisiebeamptes wat nog nie geswig het onder korrupsie nie en bereid is om op te staan vir geregtigheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.