Polisie skiet een verdagte dood, wond ander tydens skietgeveg

Argieffoto: Kent Williamson

Een is doodgeskiet en een gewond ná ʼn skietgeveg tussen die polisie en ʼn spul vermeende rowers uitgebreek het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Donderdag omstreeks 14:00 in KwaNyamazane plaasgevind.

“’n Vrou was besig om die huis se hek te sluit in die Bisley-omgewing in Pietermaritzburg toe sy deur ʼn groep onbekende mans genader is. Hulle het haar met vuurwapens by die huis ingedwing,” het Zwane gesê.

Hulle het haar van haar skootrekenaar, selfoon en wit Peugeot-motor beroof voor hulle op die vlug geslaan het.

Volgens Zwane is die polisie dadelik in kennis gestel en het onmiddellik reageer. Hulle het die voertuig in die KwaNyamazane-omgewing opgespoor.

“Toe die polisie gepoog het om die gesteelde voertuig te nader het die verdagtes op hulle losgebrand,” het Zwane gesê.

ʼn 30-jarige verdagte is doodgeskiet en ʼn ander man is gewond en lê tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens Zwane kon ʼn derde verdagte daarin slaag om van die toneel te vlug.

Die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord. ʼn Geregtelike ondersoek word ook gedoen.

“Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annie ·

Knap gedaan SAP !! Bly om te sien julle skiet om dood te skiet – dis al wat die krimenele sal minder maak en die tronke bietjie leger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.