Polisie skiet man glo ná twis by gastehuis

Len Cloete is Saterdag deur polisie in die kop geskiet en is tans in ’n koma. (Foto: Facebook / Len Cloete)

’n Pretoriase man is tans in ʼn koma nadat hy Saterdagoggend glo deur die polisie by ʼn gastehuis in Muldersdrift, Gauteng, in die kop geskiet is.

ʼn Onderonsie met personeellede oor kamers wat glo nie gereed was nie, het na bewering aanleiding tot dié gebeure gegee. Die voorval het omstreeks 01:00 plaasgevind.

Len Cloete is ná die skietery na ʼn private hospitaal in Krugersdorp gehaas waar hy volgens inligting steeds in die intensiewe sorgeenheid behandel word.

Cloete se vrou, Chantal, was saam met hom toe die voorval plaasgevind het.

Sy het Saterdag op Facebook geskryf dat haar man “om sy lewe veg”.

“Veg my man. Ek kan jou nie verloor nie, nie so nie. Bid asseblief almal vir ’n wonderwerk.”

In nóg ’n inskrywing Maandag sê Chantal dat sy Cloete baie mis.

“Ek en al jou kiddies het jou nog so baie nodig. Ek het jou bitter lief, my beste maaitjie.”

Maroela Media kon haar nie Maandag vir kommentaar bereik nie.

Die private ondersoeker Mike Bolhuis hanteer tans die saak.

Volgens Cecil Benade, ʼn lid van Bolhuis se span wat die ondersoek lei, kan hy bevestig dat Cloete wel deur die polisie geskiet is.

Dit is egter nie in dié stadium duidelik of daar een of dalk twee skote was nie.

Benade sê die egpaar het Vrydag saam met nog ʼn paartjie by die gastehuis aangekom.

’n Argument het glo ontstaan omdat dié kamers nog nie gereed was nie, waarna die paartjies by ’n restaurant gaan eet het.

Die paartjies, sowel as die gastehuis se bestuur, het glo later die polisie ontbied, waarna Cloete geskiet is.

“Die ondersoek is tans nog in ’n sensitiewe stadium, en meer inligting sal later bekendgemaak word.”

Bolhuis sê hul ondersoek sal hoofsaaklik fokus op die protokol wat die polisie tydens die skietery gevolg het.

“Die polisie – soos met enige situasie waarby hulle toetree –  sou eerstens waarskuwings moes rig, tweedens ʼn vuurwapen te voorskyn moes bring en dan die wapen rig. Die vierde protokol is om ʼn skoot op die grond en dan ʼn skoot in die voet af te vuur.

“Laastens kan die polisie skiet as daar dreigende gevaar is. Dan skiet jy iemand verkieslik nie dood nie.”

Bolhuis beklemtoon ook dat wanneer die polisie tot enige situasie toetree, behoorlike kommunikasie uiters belangrik is. Hy sê kommunikasie is die eerste fase.

Afhangende van die aantal polisiebeamptes teenwoordig, sê Bolhuis, kan ʼn persoon ook met polisietaktieke oorrompel word – veral as die persoon nie gewapen is nie.

“Verder skiet jy ook nie meer skote as nodig nie.

“Die polisie is daar om te beskerm en te dien. Hulle is daar om ʼn situasie te ontlont.

“Wanneer hulle tot ʼn insident toetree moet hulle ʼn algehele evaluasie van die situasie doen, gevolg deur ʼn algehele identifikasie en algehele risiko-analisering. Hoe jy die situasie opsom bepaal die noodsaaklikheid van die gebruik van ʼn wapen – wat nie altyd gedoen word nie.”

Die span sal nou ondersoek na al hierdie aspekte instel om te bepaal watter protokolle die polisie wel gevolg het al dan nie.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) dra nie kennis van die voorval nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Jack ·

Nee wat die polisie wat deesdae die publiek moet beskerm het geen benul van protokol nie.Hulle kan nie vuurwapens hanteer of skiet nie.Eenvoudig gesproke.Die polisie het ‘n punt bereik waar almal doen wat hulle wil.As jy aan die verkeerde kant van sy wapen staan al is jy onskuldig is die kanse goed dat hy jou dalk gaan skiet.Jy kan nie op hulle reken nie,jy kan hulle nie vertrou nie en jy kan NOOIT jou lewe in hulle hande sit nie.

JohnnyS ·

Jy veralgemeen te maklik. Daar is nog goeie pligsgetrou polisie lede. Gaan kyk die video voordat jy opmerkings maak.

MandaPanda ·

Jy kan duidelik in die video sien wat versprei word dat die polisie beamptes bietjie sukkel om hul wapens te hanteer…. Dis nou die mense wat ons moet beskerm

Agge nee ·

Gee asseblief die naam van die gastehuis? Ek wil nooit, ooit daar tuisgaan nie. As jy kla oor jou kamer nie gereed is nie, skiet die polisie jou in die kop. Goeie hemel!

Perdeby ·

Wag eers tot jy al die kante van die storie gehoor het. Die gaste se storie, Gastehuis se storie en dan die SAPD. Dalk het die man baie moeilik geword of geweld begin gebruik.

Pieter ·

As iemand my lewe bedreig, sal ek ook skiet. Dis heel moontlik wat gebeur het.

Pieter ·

Karen, wet jy wat gebeur het. Die ou was dalk dronk en het ‘n pistool regri. Moenie spekuleer nie.

JohnnyS ·

Gaan kyk die video – dit is die hele sosiale netwerk vol. Dan kom praat jy weer.

JohanR ·

Het die SAP’s al gehoor van ‘n Tazer? As julle die man ge-Tazer het sou hy ‘n nag in die selle spandeer het, en dan in die hof verskyn het, maar hy sal nie ‘n koeel in die kop gekry het nie. Net te gou om die vuurwapen uit te haal.

SjN ·

Moet eerder nie vrae nie, sal net hul nog verder deurmekaar maak.

Patch ·

Baie hartseer en onnodig! Maar ek wonder…Waarom is polisie ontbied oor ‘n onderonsie oor kamers wat nie gereed is nie? Was die gaste miskien buite beheer en daarom het die gastehuis personeel die polisie ontbied? Dit was 01h00. En waarom sou die gaste ook die polisie ontbied? Bietjie deurmekaar vir my. Maar dit gesê, hoop dat hy spoedig herstel en dat die skuldige polisiebeampte aan die pen sal ry.

piet ·

Te min detail. Dalk was hy gedrink en het ‘n vuurwapen rondgeswaai. Wie weet. Ons sal maar moet wag tot die volle verhaal navore kom.

Keelvol ·

Hoe weet jy dat die polisiebeampte skuldig is? Het jy al die feite van die saak? Indien nie, moenie tot gevolgtrekkings kom nie.

Helene ·

Blykbaar was dit Misty Hills Lodge. Nie dat die naam van die gastehuis enige verskil in die gebeure maak nie.

Swerwer ·

“Trigger Happy” SAP lede kom deesdae darem net te veel voor. Maar wat verwag mens met Cele as hoof. Sterkte aan Chantal, Len en kinders.

Swerwer ·

Johan, mense onder die invloed van drank, ken ek al te goed. Jy redeneer nie met hul nie en ignoreer die persoon sover monntlik, Ek hou glad nie van mense wat te veel drank gebruik nie, maar dit gee nie die SAP lid die reg om hom in sy kop te skiet nie. Hy het bene. Ek het van 1 ontsnap en ook die SAP se hulp ingekry en is geskei van hom.

Keelvol ·

Swerwer, wie’t gesê dat hy dronk was? Ons sal nie alle feite weet nie. Maar eending is verseker, die been skiet werk nie. Almal dink hulle ken van polisie prosedure maar hulle doen nie. Die hof kyk na baie faktore.

VaalDonkie ·

Ek het ‘n honderd vrae. Ek het lank genoeg in hotelle en restaurante gewerk om te weet mense kan baie lelik raak as hulle nie hul sin kry nie (geregverdig of nie).

ES ·

Dit is bitter waar – ek het ook al kliente in die finansiele sektor gehad wat my met die dood gedreig het, partykeer oor dinge wat totaal buite my beheer was.

VaalDonkie ·

‘n Ou het een slag na my geswaai omdat ons nie broodpoeding gehad het nie (die Spur het nog nooit broodpoeding gemaak nie). Hy was dronk. En een van daai dronkies wat op die tafels klim en skree as hulle dronk is. Gelukkig was hy te dronk om te kan mik. Want ek het dit glad nie verwag nie en dit het gelyk of hy kan appels swaai as hy nie dronk is nie. So dit was seker beter so. Maar dan wonder jy of hy sou wou baklei as hy nugter was.

Keelvol ·

Dis waar wat julle sê. Almal is geneig om die polisie te kruisig, sonder die feite.

Kwikkie12 ·

Daar is altyd twee kante van ‘n saak en dan is daar die waarheid. Baie mense gedra hulle soos onopgevoede buffels veral hier na die einde van die jaar se kant toe… Baie mense het geen meer geduld of goeie maniere nie, jammer om te se. Weet van ‘n paar insidente waar wit mans ‘n swanger vrou beledig en gedreig het dis pateties!!

Truthful ·

Ek soek die naam van die gastehuis?? Hul deure moet toe…. Ons is in ons kanon in met onse polisie in die land grrr

ES ·

Jy spring darem maar baie vinnig tot gevolgtrekkings – jy ken mos nie die hele storie nie?

Keelvol ·

Hoekom moet hulle deure nou toe? Dalk was die man aggressief van aard? Hy het dalk die polisieman aangeval. Ons sal nie weet totdat daar n ooggetuie is of video materiaal.

Estelle ·

Dis so skokkend dat die polisie n onskuldige man in die kop skiet !! Liewe SAPD, wat het van julle geword?! As ek n polisie
lid is, sal ek nie weet waar om my kop in te steek nie…….. Mevrou, ons bid definitief vir jou man.

Francois Le Cochon ·

Die Polisie was ontbied, so daar moes ‘n skuldige gewees het. Wie was dit?

Keelvol ·

Onthou een ding baie goed Estelle…… die publiek is bitter min reg.

JohnnyS ·

Het jy die video al gekyk ? Glo jy sal van mening verander.

Pieter ·

So jy dink die arme ou was onskuldig. Julle deel seker waardes.

AndrewL ·

Mike Bolhuis, jy praat bollie. Jy droom oor daai protokol van skoot in die grond en dan in die voet…… Mens vuur nie waarskuwingskote tussen mense of in ‘n beboude gebied waar ander onnodig in gevaar gestel word nie.

Mike probeer slimpraatjies maak, terwyl niks gemeld word van wat presies gebeur het nie. Dit is egter baie onnodig dat ‘n argument soos ‘n kamer wat nie gereed is nie, moet eskaleer tot ‘n insident waar die polisie ingeroep moet word.

Kom ons wag vir die feite. Ek glo dit sal aandui wie die aggressor was en of die polisiebeampte buite die bepalings van wetgewing opgetree het aldan nie.

ES ·

AndrewL jy is doodreg – die wet maak nie voorsiening vir waarskuwingskote nie – nie vir die polisie of vir die privaat vuurwapeneienaar nie en definitief nie in die voet skiet nie. Daai is snert.

Anonymouse ·

My pa was ‘n oud polisieman en hy’t altyd gese Bolhuis is soos ‘n seuntjie wat polisie speel.

Asgat ·

n’ Huis vol Bol is al wat hy doen teen n’ minimum van R25 000 om n’ vermiste persoon te soek…….. En dan die ondersoek beamptes en NGO’s bel vir die informasie. En mense betaal hom nog steeds.

Rina ·

Dankie vir iemand wat die Wet ken. Bolhuis weet nie waarvan hy praat nie.

piet ·

Was die man gewapen? Dit sal nogal die situasie verander. Te min feite beskikbaar om ‘n afleiding te maak.

Hannes ·

Die man was gewapen en het n SAPD lid se wapen afgevat. Dit is toe hy geskiet is

anniekiewiet ·

Jy is gelukkig. Nou hoef niemand meer te bespiegel nie.

ES ·

Daar moes baie dinge gebeur het tussen hierdie twee partye om daartoe te lei dat hy geskiet word. Die polisie is ook nie altyd skuldig nie, party mense kan ongelooflik humeurig raak en als met die vuiste wil regmaak.

Dis baie aaklig dat hy geskiet was. Ek hoop vir spoedige herstel sodat alby party hul stories kan staaf.

piet ·

Stem. Polisie sal nie sommer net skiet in so ‘n geval nie. Ek het ‘n vermoede hierdie man was dalk bewapen.

Barend ·

Hy het twee wapens gehad en probeer om ‘n polisievrou s’n af te vat.

Keelvol ·

Kyk die video….. ek het. Die man het sy eie vuurwapen rondgeswaai. Toe gryp hy die polisieman se wapen by hon….. is hy regtig dan so onskuldig.

Pierre ·

na 1994 is daar GEEN behoorlike opleiding aan SAP meer nie. Ek het die video van die insident gesien, hier kom nog ‘n groot eis teen die SAP

JohnnyS ·

Stem saam oor die opleiding. Daardie ou kon al daardie beamptes doodgeskiet het. Die eerste keer toe hy sy vuurwapen so rondgeswaai het, moes hulle hom al geneutraliseer het.

Janice ·

Ons deel gedurig met onbeskofte gaste wat al 10-uur in die oggend opdaag en bohaai opskop omdat hulle kamer nie reg is nie. Wil eenvoudig nie verstaan laat gaste tot 10-uur het om die kamer te ontruim nie en “check-in” eers van twee-uur af geskiet nie.

Irma ·

Van wanneer af mag die polisie met lewendige ammunisie te skiet?? Of is dit net in sekere gevalle van toepassing?

Linx ·

Jou vraag is verkeerd gestel,polisielede se 108/107 9mm vuurwapn het net lewendige ammunition,d feite van d berig is t vaag om sulke sinnelose vrae t vrae,som mense het iewers gehoor van lewendige & dooie ammo no word dt Sommer heeltyd n verweer,as j ni d comment verstaan nie beteken dit j is ni in n posisie om hierie vraag t vra ni

Skappie ·

Hierdie is regtig ‘n hartseer storie om te lees. Sterkte aan Len, Chantal mag onse Liewe Heer julle as gesin styf in Sy arms maar ook in die geloof vashou.

Philip ·

Volgens die foto van die man sal ek nie graag met hom handgemeen wou raak nie.Die polieste was natuurlik ook maar bang daarom hulle optrede.

Adriana ·

Ons was ook toevallig een naweek by ñ baie gewilde oord, was besig om ontbyt by die testuarant te eet, ontvangs was net so effe langs die restuarant, toe daar ñ persoon met sy duur Duitse voertuig daar aangekom, het, 10h00 die oggend, jy kon sommer sien hy is ñ moeilikheid maker, want ek het geld, en ongelukkig kan geld nie waardes en respek koop nie, daarop aangedring om dadelik in te boek. Toe die persoon vir hom sê hy kan nog nie inboek, jy mag eers van 2h00, hul is nog besig om skoon te maak, gooi hy sy toys uit die kot, die persoon het hom probeer kalmeer, ñ koffie aangebied terwyl hy moet wag en die cleaner gevra om eers die eenheid skoon te maak. Die persoon het so tekere gegaan dat ons ons geskaam het namens die persoon. Dit is dan wat ek die bestuurder en sekuriteit sal inkry om die persoon vriendelik van die perseel af te begelei.

Pieter ·

Jip. Ongelukkig skaar baie van die mense wat hier kommentaar lewer by sulke optrede. Geen skaamte nie.

Linx ·

Baie hartseer snaaks genoeg is d feite baie duidlik as dit kom by SAPS se reaksie,maar geen feite op wat daartoe gelei ht ni,elke aksie het tog n reaksie,maar mike bolgoeters weet sekerlik wat gebeur het as j kyk na sy input van waarskuiwingskote&voet skiet besigheid

Keelvol ·

Ek het die video gesien. Die man het met n vuurwapen rondgeloop en dit gespan. Toe gryp hy dié een polisieman se wapen by hom en toe skiet die kollega hom.

Linx ·

Wens almal wat so negatief praat kon d video van d insident sien dalk so jlle verstaan wat daar gebeur het

Keelvol ·

EK’t dit gesien. Die polisieman het reg opgetreë en die man was verkeerd

Charlotte ·

Hopeloos te veel vrae en te min besonderhede in hierdie artikel. Hulle wou 4 uur inboek en die man is een uur die oggend geskiet? Hulle was by ‘n gastehuis in Mulderdrift , waar daar vele gastehuise is. As ek ongelukkig was, het ek net my geld teruggevra en na ‘n ander een gegaan. Om te stry van 4 uur die middag tot een uur die oggend – dit maak glad nie sin nie. Sou graag die regte feite wou hoor – van al vier die partye – gastehuis, polisie, ander paartjie en die slagoffer. Tussen die vier sal die waarheid seevier.

Charlotte ·

Johan, waar kan ek die video te siene kry? Wat moet ek op Google se soekenjin intik om dit te kry.

Hendrik ·

Die video sirkuleer al klaar op die sosiale media. Dit is duidelik dat die polisie baie swak opgelei is.

Genis ·

Baie swak, kannie n situasie hanteer nie…. Die Resuarant voer hulle seker, weer lekker hand opi blaas… Hulle is mos soos aasvoels

JohnnyS ·

Nou hoe sou jy so gewapende onbeheerste persoon hanteer het ?

Linx ·

Snaaks genoeg nadat j obviously d video gesien het brei j eder uit oor d polisie se aksie,hoekom ni sé hoe goed opgelei d verdagte voorkom toe hy sy vuurwapen cock in d lig swaai en op d polisie rig nie,laat mens wonder neh

Keelvol ·

Jy praat nonsens. Die man was verkeerd. Hou op om hom te probeer regverdig.

CeCe ·

Kyk ons na dieselfde video ? Want daai man kan bly wees die polisie wat daar was was so kalm en professioneel.

JohnnyS ·

Stem – Hulle moes hom ge-neutraliseer het die eerste keer toe hy sy wapen gespan en begin rondswaai het. Hy het duidelik die polsie beamptes en die ander persone in die vertrek se lewens in gevaar gestel. Gelukkig kon die beampte met een goed geplaaste skoot die situasie beheer. Dit is hartseer en skokkend, maar as jy dom speletjies speel, dan wen jy dom pryse.

Hans ·

Waarskuwinskoot is blatante Bol. Op video dreig hy kaalgat polisiemanne en almal. Rig sy privaat wapen en neem vroue konstabel se vuurwapen af.
Moenie met dwelms en drank in lyf vuurwapens roekeloos hanteer nie.

Toy ·

Hoekom het die gastehuis in die eerste plek nie gesorg dat die kamers al die middag reg is nie. Die hele ding kon verhoed gewees het. Die bestuurder van die gastehuis is mos daar om toe te sien dat dit reg is vir die gaste. Ek wil baie graag weet wat is die gastehuis se naam.

Rina ·

Die man het n vuurwapen uit n polisie lid se hand geruk en het self n vuurwapen gehad waarna n ander lid hom geskied het. Reg opgetree Mnr Bolhuis.

Termiet ·

Hoekom so n bohaai opskop oor kamers wat nie reg is nie dat die saps gebel moet word?

Waarnemer ·

Soe,die Len Cloete is n groot man!!!Hoekom die polisie met n vuurwpen dreig?Hy kon hulle met die [lathand neergeveli het.

VaalDonkie ·

Ek het nou net self die video gesien. Natuurlik kan mens nie sien wat vooraf gebeur het nie, maar die ou is baie kwaad en hy’t seker ‘n bietjie karate-water ook in. En dan gryp hy ‘n konstabel se vuurwapen uit haar hand uit en daag hulle uit om hom te skiet. En toe skiet die een hom. Maar dis definitief nie ‘n geval van die polisie wat sommer net inbars en begin skiet nie.

JohnnyS ·

Skokkend en hartseer. Ek hoop hy oorleef. Het so pas die video gesien van die insident en ek glo mense moet nie te gou klippe gooi na die polsie.

Niemand ·

OK So die video is ook ge lek, en dis its horibaal die Polisie moet ons beskerm waar was die Pepperspray en die Tazers in die saak ? daar was so baie geleentheid vir die Polisie om dit te gebruik en die op n beeter vlak te uindig.

Keelvol ·

Waar gebruik jy pepperspray op iemand wat met 2 vuurwapens in die hand staan? Gaan jy stil staan as iemand jou lewe bedreig in so n situasie. Polisie het nie teasers nie. Mag dit nie gebruik nie.

SwartBees ·

Die video van die aand doen tans die rondte op sosiale media…. Die ou het nie gedink nie en hy het gedink hy is bullet proof. Hy het hom soos n aap gedra en nie gedink aan die nagevolge nie. Wat het hy gedink gaan gebeur as hy n poliesman se geweer gryp en vinnig (geweldadig ) omdraai. Net n vinnige vraag, die troue wat hy by was, was daar geen alkhol?

Natasha ·

Die video wys ander feite wat nie hier genoem word nie.
Ek dink nie die polisie was reg nie maar hy ook nie. Enige iemand wat n wapen rig of van die polisie afweer moet maar die gevolge dra.
Sterkte aan familie.

Vanessa ·

Ek het d video gesien en wat ek gesien het lyk dinge nie goed vir die slagoffer nie.

Daar was ongelukkig ‘n wapen of 2 in sy hande toe d polisie hom geskiet het. Ek glo nie die polisie kon dit anders hanteer het nie. Kom ons bid net dat die slagoffer dit oorleef.

Jy mag nie ‘n wapen in jou hande hê en dit loop en rond swaai en dit op mense rig nie dan gaan jy moeilikheid kry!!!!!!

lollapot ·

Baie hartseer…
Len Cloete, ons bid vir jou spoedige suksesvolle herstel! Sterkte aan sy gesin.

Frank ·

Nie een van daardie wildehonde wat hulself polsie noem is opgewasse vir die taak nie.

Grant ·

As dit is wat Mike Bolhuis kwyt geraak het, dink ek hy is uit sy diepte uit met die ondersoek. Dit is absoluut absurd om te dink jy moet n waarskuwing skoot afvuur in n kamer waar mense teenwoordig is en n skoot in die voet??? Die oomblik toe hy n vuurwapen gaan haal was het was hy n bedreiging. Dit laat n mens wonder oor die mense se kommentaar oor ‘skiet in die bene’ _hoekom? Hy het mos nie gehardloop nie. ‘ hulle moes n tazer gebruik’ _ SAPs word nie uitgereik met tazers nie. Die kommetare van die rusbank polisielede is ammusant maar wys net hoe ver verwyder mense van die realiteit is.

Keelvol ·

Ek wil graag weet waar het Bolhuis sy opleiding gekry?! Sy kennis van die Polisie Protokols is betreurenswaardig.

Hasie ·

Goeie vraag Hoekom deur die kop ? Dink weer eens die polisie is vol paloekas wat nie opgelei is nie

Keelvol ·

Hoekom nie? Hy het n polisievrou ontwapen. Hy was n gevaar. Hy’t hom swak gedra.

Danie ·

” skoot in die grond en dan in die voet”

Rook Bolhuis bollie want daar bestaan nie so iets nie.
Dit grief my dat ek tans elke polisieman wantrou en hulle beskou as gangsters in n werkskeppingsprogram maar hierdie ou moes optree voor iemand seerkry.
Ek kritiseer egter die skoot na die kop.
Ek sou na die hand wat die vuurwapen vashou geskiet het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.