Die Johannesburgse polisie moes Woensdag betogers, wat hul kaal boude gewys het, met rubberkoeëls en traangas uit mekaar dryf.
“Die betogers wou hul ontevredenheid oor dienslewering in Diepkloof Zone Six in Soweto wys,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. Die betogers het vroeg Woensdagoggend ʼn gedeelte van Chris Haniweg met klippe en brandende bande versper, en motoriste is aangeraai om die gebied te vermy.
Makhubela het gesê die polisie het vroeër die gebied se raadslid ontbied om die ontstoke inwoners te probeer kalmeer. “Die betogers het egter nie gedink dit sal hul ontevredenheid oor water en elektrisiteit oplos nie,” het hy bygevoeg.
Niemand is tydens die voorval beseer nie. Teen 09:40 het die betogers die gebied verlaat. – SAPA
Ai dit was nou n gatslag om so geskiet te word!!
Die dik kaal betogers het bymekaar gekom by Diepkloof.