Polisie skiet op kaalbas-betogers

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Die Johannesburgse polisie moes Woensdag betogers, wat hul kaal boude gewys het, met rubberkoeëls en traangas uit mekaar dryf.

“Die betogers wou hul ontevredenheid oor dienslewering in Diepkloof Zone Six in Soweto wys,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. Die betogers het vroeg Woensdagoggend ʼn gedeelte van Chris Haniweg met klippe en brandende bande versper, en motoriste is aangeraai om die gebied te vermy.

Makhubela het gesê die polisie het vroeër die gebied se raadslid ontbied om die ontstoke inwoners te probeer kalmeer. “Die betogers het egter nie gedink dit sal hul ontevredenheid oor water en elektrisiteit oplos nie,” het hy bygevoeg.

Niemand is tydens die voorval beseer nie. Teen 09:40 het die betogers die gebied verlaat. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.