Polisie skiet ‘rower’ tydens betoging dood

Argieffoto: SAPD

ʼn Man is vandeesweek in ʼn skietgeveg met die polisie in Noordwes doodgeskiet.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het Donderdagmiddag ʼn protesaksie in Mmabatho gemonitor toe hulle van ʼn gewapende rooftog in kennis gestel is.

“Die polisie het die verdagtes agterna gesit wat in ʼn minibustaxi en ʼn bakkie op die vlug geslaan het. Tydens die jaagtog het die polisie se Nyala teen die taxi gebots en omgeslaan.”

Volgens Mokgwabone het die mense in die taxi op die polisie begin skiet en die polisie het teruggeskiet en ʼn insittende noodlottig gewond. Die bakkie kon daarin slaag om weg te kom. Die res van die verdagtes is steeds soek.

ʼn Saak van moord is aanhangig gemaak en sal deur die polisiewaghond, die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), ondersoek word. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van gewapende roof.

Die voorval hou nie verband met die voortdurende protesaksies in Mahikeng nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael ·

Ai tog nou gaan die polisie seker aan gekla word van moord. ons regstelsel is omtrent n sirkus. Jy mag jou nie teen die misdadigers beskerm nie. Hulle het mos meer regte as n gehoorsame burger.

ben ·

Die polisie skiet ñ rower dood wat op hulle skiet??? Nou is daar ñ moord saak??? Ai!!!! Kom tog by.

Sulet ·

Ek wou eers vra hoekom ‘rower’ in aanhalingstekens is, maar toe lees ek die res van die storie, of ander kant van die storie op n ander nuusblad. Nou verstaan ek beter.

Sê maar net ·

Hoe weet jy wanneer is jou land op die afdraende pad……wanneer die wet slegte mense teen goeie mense beskerm…en nie anders om nie.

Hansie slim ·

Wat gaan aan in hierdie land…skies.. stupid vraag..wat gaan reg in hierdie land?
Moet die polisie die rowers duik of so iets terwyl hulle onder spervuur is? Daai rowers het gesoek daarvoor!!

Koos ·

Die polisie moet hulle werk doen ek sien die komentare verdedig die volk die polisie ek wil dit net onder julle aandag bring dit is dieselfde polisie wat weier om die boere wat so uitgemoor word elke dag te help ,ek kan nie glo julle verdedig die klomp nie.??

Ag Asseblief Tog ·

Wat verstommend is dat jy nie die goeie werk van die polisie hier kan raak sien nie. Verstaande ook, want mense soos jy sien net die negatiewe raak en sit en kla dan oor dit. Maar jyself sal nie agter jou rekenaar se sleutelbord of selfoon uit klim om n produktiewe en bydraende lid van die gemeenskap te word. As jy niks positief kan se nie bly om hemelsnaam net STIL.

AG ASSEBLIEF TOG ·

Gerrit, jy is net soos Koos. Julle is wat verkeerd is met vandag se samelewing. Julle sien nooit iets goed raak nie. Dis ontmoontlik vir julle om n positiewe woord te se. As julle nie kan kla en die polisie die heeltyd sleg maak nie is julle nie gelukkig met julle ou aaklige lewe nie.

Gerrit ·

Daar is baie positiewe dinge Presedent Trump van die VSA, akademia wat sterk groei maar die useless klomp in blou is niks om oor positief te voel nie.??

Manie Strydom ·

Ek stem saam koos ,saps is bad news regtig very bad news.
??

Johanna Botha ·

As die polisie net wil polisieer …maar nee die misdaad is so erg dat hulle al die tyd spandeer om agter die insedente van misdaad geweld etc te hardloop en nooit by die eintlike polisieëring werk uitkom nie !

Johannes van Staden ·

Die polisie het een iets posetief en dan weer 15 negatief so waaroor kan ons nogal opgewonde of posetief wees. Hulle is en bly maar pateties as jy my vra. Mense wat gevang word deur die een klomp wat hulle werk doen ontsnap weer deur die ander wat nie hulle werk doen so dit beteken maw net n ronde NUL !

Hansie slim ·

Daar is seker rede vir klagtes maar daar is uitsonderinge.
Ons het ‘n tak wat goed loop, MAAR, wie is in beheer by ons tak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.