Polisie skiet ses in KZN dood  

Die toneel in Camperdown waar vier verdagtes deur die polisie doodgeskiet is. (Foto: SAPD)

Ses verdagtes is in twee afsonderlike voorvalle deur die polisie in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Vier mans wat vermoedelik by ʼn vlaag transitorooftogte betrokke was, is Donderdag in die vroeë oggendure in Camperdown tydens ʼn skietgeveg met die polisie noodlottig gewond.

Volgens brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het ʼn multidissiplinêre span, bestaande uit polisiebeamptes van verskeie eenhede en lede van die Valke, op ʼn huis toegeslaan en het die verdagtes op die beamptes losgebrand.

Die polisie het teruggeskiet en die verdagtes noodlottig gewond. Daar is op drie vuurwapens beslag gelê.

In die ander voorval het lede van die nasionale ingrypingseenheid op ʼn hostel in Mariannhill toegeslaan toe daar ook op hulle losgebrand is. Twee verdagtes is noodlottig gewond tydens die skietgeveg. Daar is op twee vuurwapens beslag gelê.

“Die polisie in KwaZulu-Natal bly daartoe verbind om wette te handhaaf en af te dwing. Verdagtes wat die gesag van die staat uitdaag deur op polisiebeamptes te skiet, sal self onder skoot kom,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik ·

Selfs die anc beskou dit as goeie nuus. Dit tel vir stemme

Elméne ·

Stem volkome saam dat indien jy wil leef “by die swaard” dan moet jy “gaan by die swaard”. Die rowers en moordenaars het lank genoeg weggekom omrede hulle weggekom het a.g.v. die feit dat indien die “slagoffers en polisie” hulself nie kon verdedig sonder dat hulle die “villans” geword het nie!!

Di ·

Dit is AL hoe misdaad stopgesit kan word, skiet om te dood, Deur kriminele se allies te lek werk nie!! Selfde moet met opstokers en vandaliste gebeur.

Pierre ·

Deesdae word daar al meer en meer geskiet om dood te skiet

Bolandse Nooi ·

@AREND1 … jy dink so? Rowers/transito-rowers/misdadigers “live by the sword, die by the sword”. Hulle is nie bang vir die polisie en/of ander wetstoepassers nie. En ook nie vir enige vuurwapen en/of koeël nie!

Heidi ·

@Bolandse Nooi Jy lewer graag kommentaar op al hierdie berigte maar jy wil nie gaan stem nie – jy wil ‘n draadsitter bly – hoe dan nou?

Martie ·

Dis mos soos die polisie moet werk, dit is hulle werk. As daar in die res van ons land ook so te werk gegaan word sal die tronke nie so vol wees nie. Skiet, maar skiet om dood te skiet, more kwaaddoen hy weer as hy bly lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.