Twee mense wat verbind word met die moord op vyf mense op Richardsbaai voeër vandeesweek is in ʼn skietery met die polisie by ʼn landgoed op Ballito in KwaZulu-Natal dood.
Maroela Media het vroeër berig die slagoffers is dood nadat minstens vyf verdagtes uit ʼn blou Volkswagen Polo by ʼn winkelsentrum op Richardsbaai gespring en op die slagoffers losgebrand het. Hulle het daarna gevlug.
Vier van die slagoffers is op die toneel dood en ʼn vyfde is later by ʼn plaaslike kliniek dood verklaar.
PICS: The active crime scene in Richards Bay in northern KwaZulu-Natal where five people were shot dead two hours ago. The Mayor of the City of Umhlathuze, Xolani Ngwezi, said they will leave the investigation to the SAPS. @IOL pic.twitter.com/qsbvLfv7q5
— Sihle Mavuso (@ZANewsFlash) September 19, 2023
Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes van die KwaZulu-Natalse stabiliseringseenheid het Woensdag inligting opgevolg oor waar die aanvallers hulle moontlik bevind en is na die huis op die ongenoemde landgoed waar die verdagtes op hulle losgebrand het.
“Die polisie het teruggevuur en twee verdagtes is noodlottig gewond,” sê Netshiunda.
By die huis het die polisie beslag gelê op ses vuurwapens en meer as 1 000 patrone. Die polisieondersoek na die skietery en die soektog na verdere betrokkenes duur voort.
Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) doen ook ʼn ondersoek na die skietery tussen die polisie en die verdagtes.
Die lewe in SA het so drasties tragies verander sodat n mens meer en meer geneig is om met blydskap sekere doodstydings te erfaar en selfs hoop daar is meer sulke gevalle.
Net misdadigers het deesdae wapens, patrone en duur voertuie.
Patrone?
Patrone is nie net vir truie brei nie. ‘n Koeëlpunt met slagdoppie word ook ‘n patroon genoem. ‘n Kaboem(!) patroon.
Bly in ‘n landgoed ?
Inheemse terrorisme.
Tragedie op tragedie…