Polisie skiet twee dood tydens rooftog

Foto: SAPD

Twee rowers het hul rieme styfgeloop toe hulle en twee makkers ʼn vragmotor probeer beroof het naby Mthatha in die Oos-Kaap.

Lede van die taktiese reaksie-eenheid het Woensdag die R61 by Baziya tussen Mthatha en Engcobo gepatrolleer toe hulle op die rooftog afgekom het.

“Vier verdagtes het ʼn vragmotor van ʼn bakkery beroof. Die verdagtes het op die polisiebeamptes losgebrand en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Een van die verdagtes is noodlottig gewond,” het kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, gesê.

Die ander verdagtes het op die vlug geslaan en een van die beamptes het hulle agternagesit. “Die verdagtes het op die beampte losgebrand en hy het teruggeskiet en een van die verdagtes noodlottig gewond.”

Daar is ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die oorledenes se besit gevind. Die vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoer van enige ander misdaad gebruik is.

Die polisie ondersoek sake van gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en poging tot moord. Daar is ook met twee geregtelike doodsondersoeke begin.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) is van die voorval in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Jinne as mens die nuus lees voel n ou sommer goed. Pleks van die ouens vang en probeer toesluit en weer na n maand of so uitkom om net weer te roof en soms erger is die dood skiet werklik goed. DIe help almal in die land om van vrot appels weg te neem.

Magda

Mooi man – Dit is hoe dit gedoen moet word, Dankie aan die wakker SAPD in die Oos Kaap.

JohanR

Ek kan nie eers ‘n drankie geniet met die nuus nie!

Kokerboom

Welgedaan SAPD

Suzette

Mooi!!!