Polisie skiet twee kapers dood

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Die polisie het twee vermeende kapers in New Germany naby Pinetown in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn vrou is Donderdag deur gewapende mans gekaap en in Pinetown afgelaai. “Die polisie het omstreeks 20:00 die voertuig in New Germany opgemerk en die voertuig van die pad af probeer trek,” het Naicker gesê. “Die voertuig het weggejaag en die polisie het hulle agterna gesit. ʼn Wilde jaagtog het gevolg, en die insittendes het op die polisie geskiet. Die polisie het teruggevuur.”

Die bestuurder van die gekaapte voertuig het beheer oor die motor verloor, en teen ʼn muur gebots. “Twee van die verdagtes is tydens die oor en weer skietery noodlottig gewond. Drie verdagtes het ná die botsing uit die voertuig geklim en probeer vlug, maar is aangekeer.”

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens. Dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of die verdagtes ook met ander misdrywe verbind kan word.

Die drie wat in hegtenis geneem is, is tussen 18 en 20 jaar oud. Hulle sal binnekort in die Pinetown-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Maroela Media het vroeër die week berig ʼn 39-jarige man het by ʼn kafee ineengestort nadat hy tydens ʼn kaping in dieselfde gebied twee keer in die kop geskiet is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

EMK ·

Mooi gemik die keer! Anders gaan hul op belastingbelatersonkoste tronk toe of kom los op een of ander kleinigheid en sit maar net hul “loopbaan” voort. Mag die polisie altyd so goed mik en raakskiet.

Marietjie ·

Die verdagtes is binne die “nuwe SA” gebore en getoe – wat sal hulle verskoning wees. Ook apartheid en onderdrukking, dalk TIK? Dis jammer net twee is dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.