Polisie skiet twee ‘rowers’ by vulstasie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Polisiebeamptes het twee vermeende gewapende rowers by ’n vulstasie in Mpumalanga doodgeskiet terwyl hul makkers met gesteelde kontant, selfone en drank op die vlug geslaan het.

’n Vragmotor is ook tydens die rooftog gekaap.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het hulle na ’n vulstasie in Rolle buite Thulamahashe gehaas nadat hulle inligting ontvang het oor ’n groep mans wat verdag voorkom.

Dit is nie duidelik hoeveel mans daar was nie.

Die polisiebeamptes het by hul aankoms ’n ent weg van die vulstasie stilgehou en nader gestap. Die groep mans het die naderende polisiebeamptes opgemerk en skote op hulle afgevuur. Die polisiebeamptes het teruggeskiet en twee verdagtes is in die proses doodgeskiet.

Dit het egter nie hul makkers gestuit nie wat ’n valkluis by die vulstasie oopgeblaas en beroof het en ook personeel van hul selfone beroof het.

Die verdagtes het ook op ’n drankwinkel toegeslaan en drank gesteel voordat hulle ’n vragmotor gekaap en van die toneel in drie verskillende voertuie gevlug het.

Die polisie kon intussen die gekaapte vragmotor en van die gesteelde drank terugkry hoewel die verdagtes wat weggekom het nog soek is.

’n Saak van poging tot moord, sakeroof sowel as die oortreding van die Wet op Plofstof word intussen ondersoek, sê Mohlala.

Enigiemand met inligting rakende die verdagtes op vrye voet word versoek om kapt. Jerry Ubisi by 072 624 5133 of die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Shakespeare

“Vermeende rowers” met wapens ??? Cele, vat jou hoed en loop. Verkieslik Siberië toe.

Anel

Nou hoekom word rowers in aanhalingstekens gedkryf? Hulle was rowers, klaar.

Rooikat

Jammer om te hoor!

Wielspore

In SA is daar 2686332 rowers, jammer 2686330 rowers.

Papsak

Ag niks ongewoond nie dit gaan nog erger raak in ons land dit is die pandemie wat so werk nie n virus nie