Polisie skiet verdagte dood

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Jane Furse, ʼn dorp tussen Polokwane en Groblersdal in Limpopo, het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn groep gewapende verdagtes wat gesoek word in verband met twee sake, een van poging tot sakeroof en die ander van poging tot moord.

Brig. Motlafelo Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende aanvallers het Maandag omstreeks 02:00 op ʼn drankwinkel toegeslaan, die veiligheidswagte vasgebind en toegang tot die winkel probeer verkry.

“In die proses het die verdagtes van buite die perseel begin skiet en die eienaar het begin terugskiet.”

Die polisie is in kennis gestel van die voorval en het blitsig gereageer. “ʼn Skietery het toe tussen die misdadigers en die polisie ontstaan en een van die verdagtes is doodgeskiet,” het Mojapelo gesê.

Die ander verdagtes het volgens hom van die toneel gevlug sonder om iets te steel. ʼn Vuurwapen is op die toneel gevind en daar word vermoed dat dit een van die wapens is wat deur die verdagtes gebruik is tydens die pleeg van die misdaad.

Volgens Mojapelo is ʼn ooggetuie ook geskiet en beseer tydens die voorval. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJC ·

Hierdie voorval wys net weer dit is noodsaaklik om jouself te bewapen. As die eienaar van die besigheid nie kon terugskiet nie sou die verdagtes hom doodgeskiet het teen die tyd dat die polisie op die toneel verskyn het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.